Goudstad wéér sonder water

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Derde waterpyp wat binne twee weke in Johannesburg gebars het, het inwoners van talle noordelike voorstede Woensdag weer eens sonder water gelaat.

Johannesburg Water het in ’n verklaring gesê ʼn 750 mm-pyp het Dinsdag op die hoek van Ntemi Piliso-straat (voorheen Weststraat) en 3de Laan in Houghton gebars.

“Dit het veroorsaak dat die watertoevoer Woensdag vanaf 08:00 tot 17:00 afgesny sal wees.”

Maroela Media het vroeër berig dat die watertoevoer in verskeie Johannesburgse woonbuurte Dinsdag onderbreek is nadat ʼn pyp Maandag by die Corriemore-reservoir gebars het. Johannesburg Water het vroeër gesê die watertoevoer sal teen Dinsdag ten volle herstel wees.

Woonbuurte wat deur dié gebarste pyp geraak word, is Hyde Park, Parktown, Parktown-Noord, Greenside, Parkhurst, Rosebank, Killarney en Houghton-landgoed.

Johannesburg Water het inwoners aangeraai om intussen water vir huishoudelike gebruik in houers te stoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.