Goue handdruk vir Eskom se voormalige hoof

Tshediso Matona. voormalige uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona. voormalige uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona en Eskom se paadjies het finaal geskei nadat die kragvoorsiener sy geskorste hoof ʼn goue handdruk gegee het.

Die kragvoorsiener wil egter nie bekend maak hoeveel aan Matona betaal is nie. “Eskom en mnr. Matona het wedersyds ooreengekom om op ’n vriendskaplike grondslag uiteen te gaan. Dit word benadruk dat Eskom geen bewerings van wangedrag of oortreding teen mnr. Matona maak nie.”

“Mnr. Matona glo die ooreenkoms dat ons paadjies skei in die beste belang van Eskom is, ten einde die maatskappy die geleentheid te gee om ons planne onder die huidige leierskap voort te sit,” het Eskom gesê.

Khula Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het op ’n vraag oor hoeveel Matona se skeidingspakket gaan wees, gesê: “In hierdie stadium gaan die besonderhede nie bekend gemaak word nie. Ons sal dit doen wanneer ons ’n verklaring oor ons finansiële jaareinde uitreik.”

Eskom word volgens die Wet op Openbare Finansiële Bestuur verplig om die salarispakkette wat aan uitvoerende hoofde en raadslede betaal word, bekend te maak.

Matona is in Maart geskors, minder as ses maande nadat hy as uitvoerende hoof aangestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jakes ·

Lagwekkend!! Duidelik was die kader nie opgewasse vir die taak! Waarom moet die belastingbetaler hom beloon vir swak prestasie?

david ras ·

Julle “planne onder die huidige leierskap…”! Het julle ooit enige planne ?
Dit lyk vir my meer na steier van krisis tot krisis !!

Faan ·

Ja, en dan wil die klomp nog die kragprys met 25% verhoog! Wat dink hulle is ons?

zahn ·

Kom ek maak ‘n voorspelling, hy gaan ten minste een miljoen kry vir elke maand wat hy in die kantoor gesit en niks doen het nie. Mooi ronde syfer, maklik vir die regstellende boekhouer om in te skryf.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hy het vir ses maande n draai by Eskom gemaak wat hom genoeg geld in die sak gaan bring dat hy kan aftree. Baie lekker soustrein en onbekame Eskom.

chantell ·

Dit gaan al te lekker in die land ons het elke dag 3 ure loadshedding maak nie saak watse fase dit is nie prys gaan op en ons beloon n ou wat nie sy werk kon doen nie dis tyd dat die belasting betaler ook n se kry ons gee en gee en al wat gebeur is niks ons sien niks waar die geld gaan behalwe in persoonlike rekeninge van mense wat niks doen ek wil asb vir staat werk jy kry baie geld vir niks doen jy kan mense indoen sonder om skuldig te voel daaroor daai geld wat eskom nou gekry het by regering is klaar gebruik vir personal use nie om die instandhouding te doen nie wees verseker more hoor ons hulle kort nog geld en dan chop die belasting betaler weer moenie warry oor ons gesinne of hoe ons aan die lewe moet bly nie ry daai soustrein

Jo ·

Daar is wel iets wat ons kan doen. Die publiek kan insette lewer oor die beoogde tarief verhoging. Ek is net nie seker tot wanneer nie, maar dit behoort nie ‘n probleem te wees om uit te vind nie. As ons almal kla en beswaar maak, kan dit dalk net ‘n verskil maak.

scalla ·

Goue handdruk se dinges, gee hom eerder n skop onder sy dinges, korrup

Eish! ·

Ek wil aansoek doen vir sy pos. Al wat ek na 6maande sal vra is ‘n gratis sonverhitter vir my geyser en ‘n sonkragstelsel vir my hele huis. En ek het net ‘n pondok met 3 klein kamers, stofie en een geyser. Geen swembaddens of luukses nie. Ooknie verkoeling, verwarmings stelsels nie. Ek is moeg om nuwe kragaangedrewe hulpmiddels te koop want agv permanente kragonderbrekings gee alles in. Groot asb ek soek die werk!

Rupert Ashford ·

Lekker. Nou loop hy met ‘n sak vol geld en ‘n skoon rekord sodat hy maklik “herontplooi” kan word.

pietie ·

Sê “hallo” aan ons volgende “minister” van Energie sake of die Burgermeester van Durban.

Theresa ·

Hierdie spul sal NOOIT verander nie. Vir hulle gaan dit net oor geld en hoe om te skep. Daar word nie aan more gedien nie en ook nie aan die persoon langsaan nie. Nie aan ons land en mense wat verarm en ten gronde gaan nie. Hulle almal lei aan die “Me, myself and I” -sindroom

Jan Botha ·

ANC = Another Non Conformance. ….. daarvan is daar talryke daaglikse voorbeelde. Dink maar net aan al die staatsinstellings en munisipaliteite. Ek kan nie verstaan dat onbevoedheid nie maar net erken kan word en se “JAMMER ONS PAK ONS TASSIES EN WAAI NIE !!!!

Adel Meyer ·

Wens my man kan ‘n werk kry waar hy kan droogmaak en dan genoeg betaal word om te loop en sommer ook te kan aftree. Maar waar hy werk word werkers ge”fire” vir elke bakatel. Want raai wat, die maatskappy is besig om sy boom te sien. Want daar is drie keer soveel base as werkers. En nepostisme geld net vir blankes. Of is dit rassisties. Want die rassisme kaart word mos soos ‘n Joker gebruik. In die land gaan dit so: plak die pleister langs die seerplek, want as dit op die seerplek geplak word is dit rassisme. Hoe padongeluk syfer: verminder die spoed. Nie, vat die @#$% vas wat nie behoorlik kan bestuur nie, onpadwaardige voertuie ry, hoofligte het wat nie werk nie (het al polisie en verkeerspolisie voertuie gesien waarvan al die ligte nie werk nie) en die wat so oor rooi verkeersligte ry, en “leap frog”. Maar dit is te veel moeite en werk! Ongeluk by verkeerslig, nie ernstig nie, heel waarskynlik omdat hy AF is. Nou is daar ‘n hele paar verkeerspolisie beapmtes op die toneel. Drie klim in hul voertuig en daar gaan hulle. Sal nie bietjie die vekeer reguleer om die ongeluk nie. Nee, blykbaar is dit nie in hul “job description” nie. Hulle wil net rondry en aan die einde van die maand hul salris KRY. Maar wat my die meeste verbaas is dat met al die geleerdheid (grade is deesdae soos aambeie) skoonmakers moet matriek he met wiskunde en wetenskap, dat alles in die land van die skolastiese stelsel, munisipaliteite, Eskom, hospitaaldienste , paaie, polisiedienste, maatskappye wat jare bestaan maak toe….. is in chaos en bankrot. Verbasend. NEE. The Lion King. Wanneer die verkeerdes aan bewind is gaan die land en sy inwoners dood!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.