GP-premier ontken óók familie-betrokkenheid by PPE-tenders

David Makhura, Gautengse premier. (Foto: @GautengProvince/Twitter)

Die Gautengse premier, David Makhura, het Maandag sogenaamde fopnuusberigte oor sy familie se beweerde betrokkenheid by die verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) met “minagting” verwerp.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het vroeër ook ontken dat nóg hy, nóg sy familie betrokke is by ʼn fabriek wat PPE’s vervaardig nadat bewerings daaroor op sosialemediaplatforms verskyn het.

Makhura het nou ook die gerugte oor sy familie se vermeende betrokkenheid by sulke kontrakte ontken.

As ʼn beginselsaak doen nie die premier se vrou of sy kinders sake met die regering nie. Dit is ʼn kwessie waarop ooreengekom is toe premier Makhura by die regering aangesluit het. Die bewerings is onvaar en gaan nie verdere ondersoek deurstaan nie, het Vuyo Mhaga, Makhura se woordvoerder, gesê.

Die bewerings teen Makhura is ook op sosialemediaplatforms gemaak. Dit verwys onder meer na ʼn onvanpaste verhouding tussen die premier en ʼn amptenaar wat sedertdien by die departement van gesondheid bedank het.

Volgens die premier is die doel van die fopnuus en smeerveldtog om die aandag af te lei van ware diewe en misdadigers wat planne beraam en uitvoer om by PPE-korrupsie te baat.”

“Ons gaan nie van stryk gebring word in die stryd teen korrupsie nie. Almal wat skuldig bevind word, sal boet. Al die boewe moet tronkstraf uitdien as ʼn ware weerspieëling van hoe ernstig ons oor die stryd teen korrupsie is,” het Makhura gesê.

“Oor die afgelope paar maande is verskeie vals bewerings teen my gemaak. Ek verwerp dié bewerings en doen ʼn beroep op diegene wat aanhou om fopnuus te versprei in ʼn poging om die goeie naam van onskuldige mense skade te berokken, die samelewing te mislei en paniek te veroorsaak, om dit te staak.”

Makhura gaan in sy persoonlike hoedanigheid ʼn strafregtelike klagte aanhangig maak en regstappe doen teen diegene wat die fopnuus skep en versprei. “Hulle gaan opgespoor word en ʼn voorbeeld sal van hulle gemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Die ANC skep was diep en lekker vanaf 26de Maart. Wonder hoeveel swart Suid Afrikaanse miljoeners het in 4 maande bygekom, en hoeveel het gegaan van miljoeners tot biljoeners?

Juffrou ·

Almal is nou tog só ONSKULDIG!! Gaan probeer daai truuk in die hof, dan sien ons.

Chris dupreez ·

As hy so kan lieg oor die Gauteng e tol, dan glo ek nou dat hy lieg oor die covid ppe.

Pieter ·

Mens kry die indruk dat die grendeltyd ook misbruik word om hierdie PPE en soortgelyke goedere te verskaf deur korrupte praktyke. Hoe langer die grendeltyd, hoe meer om te skep. Grendeltyd kon al langer terug verslap gewees het. Dalk kook hulle die Covid-19 getalle ook. Griep bestaan vanjaar blykbaar nie.

thai ·

Dit is al wat hulle kan doen.. dis nie asof hulle daar gaan staan en dit erken nie

Eltan ·

Lie lie…lie and deny….die beste stokpertjie van die ANC en sy gespuis…
Ek glo niks wat enige van hulle te se het nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.