GPF-lede kry borg ná doodsdreigemente

(Argieffoto: pixabay)

Vier lede van ʼn gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat van moord aangekla word, is op borgtog vrygelaat nadat hulle glo in die tronk met die dood gedreig is.

Xolile Bala (57), Sipho Mthali (44), Buntu Kamlana (31) en Thomas Bvutayimhuru (29) is vandeesweek in die Mdantsane-landdroshof in die Oos-Kaap op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

“Die hof het gehoor dat die verdagtes deur ander gevangenes aangerand is. Dit is glo omdat die GPF-lede verantwoordelik is vir dié gevangenes se inhegtenisneming,” het Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, gesê.

“Die regter is ook van mening dat dié lede nie ʼn wesenlike bedreiging vir die samelewing of ʼn vlugrisiko inhou nie.”

Die verdagtes het na bewering in Julie vanjaar twee vermeende rowers aangerand waarna een aan sy beserings beswyk het.

Daar word beweer dat Bala, Mthali, Kamlana en Bvutayimhuru na ʼn hardewarewinkel in Mdantsane ontbied is nadat daar by die winkel ingebreek is. Die ondersoek het hulle na twee mans, onder wie die veiligheidswag by die winkel, gelei.

“Die vier GPF-lede het glo die beweerde rowers aangerand en gemartel in ʼn poging om die goedere wat beroof is, terug te kry. Toe die rowers eindelik erken waar hulle die goedere verkoop het, het die veiligheidswag, Luseko Dyubhele (35), in mekaar gesak en aan sy beserings beswyk,” het Ngcakani gesê.

Die GPF-lede is kort daarna van moord, poging tot moord en ontvoering aangekla.

Die saak is tot 1 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Die borg bedrag was te hoog. Geen vir die GPF lede goue medaljes!

Sarel ·

Minister Cele…hoekom word jy van Moord asngekka wanneer jy doen wat jou Polisie nie kan doen nie.
Hierdie lsnd se Polisie was nog nooit do swak en korrup. Nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.