GPF-lid oorleef ‘wilde skietery’ op Meyerton

Celvin Bronkhorst is tien keer gewond tydens die skietery op Meyerton toe hy gewapende rowers verhoed het om by ’n supermark in te breek. Foto: Facebook

ʼn GPF-lid van Meyerton, suid van Johannesburg, veg om sy lewe in die waakeenheid van die Unie-hospitaal in Alberton nadat hy Dinsdagaand tien keer geskiet is.

Volgens Kobus Hoffmann, VF Plus-onderleier in Gauteng, het Calvin Bronkhorst, lid van die Riversdale-gemeenskapspolisiëringsforum, ses gewapende rowers by die Foodzone-supermark gekonfronteer, waarna ʼn wilde skietery ontstaan het.

Hoffmann sê die mans wou die supermark beroof. Tydens die hewige skietery is Bronkhorst tien keer gewond.

“Deur wat [as] nie minder as vreesloosheid en heldedade beskryf kan word nie en ongeag hul eie veiligheid, het verskeie ander lede van die GPF die swaar gewonde Bronkhorst te hulp gesnel,” sê hy.

“Die VF Plus beskou die optrede van die GPF-lede as prysenswaardig en as ʼn heldedaad.”

Bronkhorst se toestand is ernstig, maar stabiel.

Bronkhorst se ma, Jackie Brits, sê in ʼn Facebook-inskrywing sy dank die Vader dat haar seun leef. Sy doen ʼn beroep op mense om standpunt in te neem teen misdaad: “Ons mense moet begin opstaan. Hierdie goed moet stop. Volgende is dit jy of jou kind. Staan op en maak jul stem dik; genoeg is genoeg.”

Sy skryf haar seun het ʼn leeuehart, “maar ons ouer mense het slap geword. Ons aanvaar dit is [oukei]. Baie nagte gaan hy alleen uit as daar ʼn probleem is, want hy wil ʼn verskil maak.

“Maar waar is die ondersteuning? Mense raak te gemaklik. Ek hoop dat hierdie jong man ʼn voorbeeld vir baie sal wees. Want sy hart lê by sy mense en om te help waar hy kan.”

Hoffmann sê die VF Plus, waarvan Bronkhorst ʼn ondersteuner is, “is trots op inwoners en lede van die GPF in Riversdale [wat] almal onbaatsugtig hulp verleen het, asook op die polisie wat buitengewoon vinnig gereageer het en gou op die toneel was.”

Kapt. Kay Makhubela, Gauteng-polisiewoordvoerder, het onderneem om inligting oor die voorval bekend te maak sodra hy dit bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Ons voorstede is nou die slagveld en misdaad het letterlike nou ‘n oorlog geword. Hierdie was ‘n heldedaad, maar dit is ook letterlik ‘n oproep dat ons almal betrokke moet raak en saamstaan teen hierdie aanslag.

CJ ·

Die soort van misdaad sal NOOIT einde kry tensy die regering daadwerklik ingryp en dit n prioriteit maak om alle landsburgers te beskerm wat blootgestel word aan daaglikse geweldadige misdade. Hou op om die misdadiger en die wat hul opsweep in watte toe te draai. So sal dit aangaan… Wie is volgende op die lys

adriana ·

Sterkte aan Celvin en ook sy famielie en vriende. Liewe Jesus sal na hom omsien.

marous ·

Openbare teregstellings is al wat gaan sorg dat moordenaars en rowers nie eers na ‘n foto van ‘n wapen of ‘n mes wil kyk nie .

Nee nee ·

Hierdie is presies wat gebeur wanneer ons mense “begin opstaan”… Ek is bly die man leef maar mense, moet nie probeer om ‘n punt te bewys deur ‘n klomp rowers te konfronteer nie. Hierdie is nie die eerste geval nie. Beskerm jouself liewer!

Johannes ·

@Nee nee: Celvin was dapper genoeg om op te staan en iets te doen in hierdie “oorlog” waarin ons veg.

“The Only Thing Necessary for the Triumph of Evil is that Good Men Do Nothing”

Ons Boere het lank genoeg niks gedoen nie!

Celtis Africana ·

Voorwaar n onverskrokke heldedaad…
Sonder inagneming van eie veiligheid, sonder om te dink aan sy werk, medies, afhanklikes…
So n offer verdien vermelding!

Johann M van Heerden ·

Skrikwekkend maar ook maak dit my trots op ons mense se vreesloosheid en wil om op te tree. Sterkte jong man.

Johannes ·

‘n Heldedaad en dapperheid soos net ons Boere dit kan doen en wys! Man alleen vat jy ses lafaards aan. Dorpe en stede behoort na mense soos jy vernoem te word – nie na bomplanter terroriste nie!

Mag God jou spoedig genees.

Stuiwer ·

Dis nie ‘n goeie idee om man alleen 6 gewapende rowers aan te vat nie. Ek hoop hy herstel ten volle.

10 skote ·

dankbaar jy gaan oorleef, en ja ek dink nie mens gaan “hiers ses van hulle en een van my, laat ek net ‘n rukkie time out vat en kyk of hulle minder word” dis bloedrivier- nie tyd om te dink-sterkte met jou volle herstel!

Lizzy ·

Baie sterkte met jou herstelpad Calvin, mag ons hemelse Vader Sy hand oor jou en almal wat hierdie gevaarlike werk doen, hou.

trol ·

ek hoop hy gaan vir sy heldedaad toepaslike beloning van die hoog heilige rwgering en anc kry. die man is n volksheld en sy makkers ook!

Jerry ·

Sterkte en spoedige herstel aan Celvin. Aan die GPF manne en vroue, julle is die oe en ore, die vroee waarskuwing van die gemeenskap en die wetstoepassers. Julle moet in hemelsnaam slegs verdagtes en verdagte aktiwiteite rapporteer en nie verdagtes konfronteer nie! Wetstoepassingsmandaat, wetgewing, die brutaliteit van rowers se modus operandi, die regte van rowers, verskuilde agendas van wetstoepassers en staatsaanklaers verhoed dat GPF lede rowers mag en kan konfronteer. Voordat VF of Afri-Forum nie die uitstaande kwessies uitgesorteer het nie, moet GPF lede geen rowers konfronteer nie!

Kate ·

Die jongman is voor waar brave en n held. As een en elk van ons die kleinste he weld en korrupsie kan hokslaan deur vinnig en veiling op te tree kan ons dalk ons land red. Ek is Kleurling en trots Suid-Afrikaans. Kom ons staan saam as n volk.

Annie ·

Ek wil net sê Riverdale is n deel van Meyerton en n vreedsame plek waar ek gebore is en all 72 jaar woon. Die winkel bestaan jare en ons het saam opgegroei. Altyd met n geruste gevoel ingestap en goeie diens gekry. Ons is so gehegte gemeenskap wat vir mekaar omgee. Hier was nooit misdaad maar nou het jy n kluisenaar in jou huis geword. My hart is seer vandag en ek wil net sê Celvin sterkte en God het jou gespaar omdat jy sy skild dra. Ja al daai skote het jy deurgekom en ons bid net dat jy gou sal herstel. Jys n voorbeeld soos jou ouers wat vir ander mense omgee. Ek is trots op jou en ons Gpf lede ek slaap rustig.

Wasp ·

Saluut! Respek!
Sterkte, jongman en dankie vir jou diens aan die gemeenskap. Word gou gesond.

LH ·

Jackie Brits ek bid saam met jou vir jou seun se spoedige, suksesvolle herstel!

Netso ·

Dankie Superman! Hoop jou jou lewens versekering dek jou en jou werk sal sorg dat jou aftrêk orders betaal word tot jy weer op die been is! SAP Myerton was 5 min se ry van daai winkel af hulle behoort hulle te skaam dat Jan Publiek hulle werk moes doen. Hoop jy herstel ten volle ou maat!

Johan ·

Waar is die DA . Hul maar stil is dit by plaasmoorde en goed soos die kom. Nee dankie DA.

Johnnie ·

Celvin jy is ons almal se hero. Ons bid vir jou volkome herstel asook vir jou familie.STERKTE.

LHS ·

Niks teen hierdie jongman gerig nie maar ek dink net die GPF sal baie meer opleiding aan hulle lede moet gee hoe om op te tree in sulke gevalle.

RATEL ·

Celvin jou yster! Ons sal antwoord op jou roepstem. Here maak al daai gate toe en gee die soldaat nog baie sonskyn dae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.