
Die verdagters nadat hulle aangekeer is. Foto: @crimeairnetwork / Twitter
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn lid van die Geduld-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Springs, Gauteng, Sondagaand glo ʼn vermeende rower in die been geskiet het.
Twee verdagtes is ook tydens die voorval aangekeer en word van huisbraak aangekla.
Kapt. Johannes Ramphora het Dinsdag aan Maroela Media gesê die GPF het inligting oor ʼn huisbraak ontvang en dat die twee verdagtes ʼn kruiwa en ander toerusting gesteel het. “Die GPF-lede het die twee verdagtes in ʼn straat in die omgewing opgespoor. Die verdagtes wou glo met die gesteelde goedere weghardloop, waarna een van die lede hom glo in die been geskiet het,” het Ramphora gesê. Die beseerde en sy vermeende medepligtige is op die toneel in hegtenis geneem.
Ramphora het gesê dit is standaardprosedure dat voorvalle waarby vuurwapens gebruik is, ondersoek word. “Ons is nog besig om die voorval te ondersoek, en om almal se verklarings af te neem. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal dan bepaal of die saak teen die lid verder gevoer sal word. Dit is in die stadium nog nie duidelik hoe lank die proses gaan duur nie. Die lid is nie in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.
Die gewonde verdagte word in die hospitaal behandel en is onder polisiebewaking. Die ander verdagte is in aanhouding. Hulle moet binnekort in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
So eintlik waarop dit neerkom is die volgende: moet nie misdaad verhoed, rowers of inbrekers beseer nie. Vra hulle mooi om asseblief nie goed te steel wat nie aan hulle behoort nie, en dat hulle nie onskuldige mense moet vermoor en verkrag in die proses nie. Laai sommer self jou eiendom agter op jou bakkie en gee die sleutels ook sommer. Moet net nie die barbaarse krimineel seermaak nie. Regtig?? As my geliefdes se lewens bedreig word, of selfs my eiendom, SAL ek reageer. Welgedaan aan die GPF lid!! Net jammer die skoot was nie hoog genoeg nie. Maak my… Lees meer »
Dis tog so belaglik……..!! Liewe hemel tog. Almal werk in tru-rat.
F** die een wat daai wet wettig gemaak het………………………
Patrollie kordineerder GPF Sektor 2 Vastfontein Plotte. As enige iemand die wet soek oor wat ons regte is as GPF lede kan julle my kontak op [email protected]/[email protected] Die wapenwet se ook sodra jou of mede mens se lewe nie meer in direkte gevaar is nie mag jy nie jou wapen gebruik nie. Sodra ons hom/verdagte agter na sit word hy gesien as die bedreigte persoon. Ons sit met die selfde probleme in ons gebiede. Mense asb ken jou wette in alles wat jy doen. Jy gaan in die hof moet staan en in jou kinders en vrou se oe moet… Lees meer »