GPF-lid word dalk vervolg ná hy rower skiet

Die verdagters nadat hulle aangekeer is. Foto: @crimeairnetwork / Twitter

Die verdagters nadat hulle aangekeer is. Foto: @crimeairnetwork / Twitter

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn lid van die Geduld-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Springs, Gauteng, Sondagaand glo ʼn vermeende rower in die been geskiet het.

Twee verdagtes is ook tydens die voorval aangekeer en word van huisbraak aangekla.

Kapt. Johannes Ramphora het Dinsdag aan Maroela Media gesê die GPF het inligting oor ʼn huisbraak ontvang en dat die twee verdagtes ʼn kruiwa en ander toerusting gesteel het. “Die GPF-lede het die twee verdagtes in ʼn straat in die omgewing opgespoor. Die verdagtes wou glo met die gesteelde goedere weghardloop, waarna een van die lede hom glo in die been geskiet het,” het Ramphora gesê. Die beseerde en sy vermeende medepligtige is op die toneel in hegtenis geneem.

Ramphora het gesê dit is standaardprosedure dat voorvalle waarby vuurwapens gebruik is, ondersoek word. “Ons is nog besig om die voorval te ondersoek, en om almal se verklarings af te neem. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal dan bepaal of die saak teen die lid verder gevoer sal word. Dit is in die stadium nog nie duidelik hoe lank die proses gaan duur nie. Die lid is nie in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.

Die gewonde verdagte word in die hospitaal behandel en is onder polisiebewaking. Die ander verdagte is in aanhouding. Hulle moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

So eintlik waarop dit neerkom is die volgende: moet nie misdaad verhoed, rowers of inbrekers beseer nie. Vra hulle mooi om asseblief nie goed te steel wat nie aan hulle behoort nie, en dat hulle nie onskuldige mense moet vermoor en verkrag in die proses nie. Laai sommer self jou eiendom agter op jou bakkie en gee die sleutels ook sommer. Moet net nie die barbaarse krimineel seermaak nie.

Regtig?? As my geliefdes se lewens bedreig word, of selfs my eiendom, SAL ek reageer. Welgedaan aan die GPF lid!! Net jammer die skoot was nie hoog genoeg nie.

Maak my siek dat ons regstelsel en die polisie plaasmoorde afwater onder die term “rooftog”, maar mense wat hulself beskerm (omrede ons SAPD nou nie juis die skerpste OF ywerigste is nie) word ondersoek vir moontlike poging tot moord.

Soortgelyke forums is skynbaar die enigste hoop tot beveiliging van ons woonbuurte.

Paul ·

Dis ongelukkig noodsaaklike roetine. Dit werk dieselfde feitlik oral in die wêreld.
Daar moet ‘n ondersoek gedoen word. Indien elke so ‘n saak nie ondersoek word nie, skep dit ‘n geleentheid vir werklike booswigte om ‘n slegte daad as ‘n goeie een te probeer verdoesel.

By die meeste sulke sake, asook sake van selfverdediging, vorder dit nie eers tot in die hof nie, en as dit tot in die hof vorder, word die mense feitlik nooit skuldig bevind nie. Daar word natuurlik bitter min oor die uiteinde van die saak gerapporteer, so mense verkry die indruk dat die tronke vol is van mense wat eintlik goeie goed gedoen het.

Die polisie kan mos nie op ‘n basis werk dat as iemand sê: “Ek het die ou nie probeer vermoor nie!” sommet net dit so aanvaar nie. As dit die geval was, dan moet die polisie ook mos elke krimineel se woord aanvaar dat hy eintlik nie ‘n krimineel is nie. Die polisie moet konsekwent optree – soms skep dit “onnodige” moeite soos hier, maar die alternatief is slegter.

Theresa ·

Dis tog so belaglik……..!! Liewe hemel tog. Almal werk in tru-rat.

Paul ·

Dis nie belaglik nie. Dis roetine. Dit werk dieselfde feitlik oral in die wêreld.
Daar moet ‘n ondersoek gedoen word. Indien elke so ‘n saak nie ondersoek word nie, skep dit ‘n geleentheid vir werklike booswigte om ‘n slegte daad as ‘n goeie een te probeer verdoesel.

By die meeste sulke sake, asook sake van selfverdediging, vorder dit nie eers tot in die hof nie, en as dit tot in die hof vorder, word die mense feitlik nooit skuldig bevind nie. Daar word natuurlik bitter min oor die uiteinde van die saak gerapporteer, so mense verkry die indruk dat die tronke vol is van mense wat eintlik goeie goed gedoen het.

Belinda ·

F** die een wat daai wet wettig gemaak het………………………

Jaco Brits ·

Patrollie kordineerder GPF Sektor 2 Vastfontein Plotte. As enige iemand die wet soek oor wat ons regte is as GPF lede kan julle my kontak op [email protected]/[email protected].

Die wapenwet se ook sodra jou of mede mens se lewe nie meer in direkte gevaar is nie mag jy nie jou wapen gebruik nie.

Sodra ons hom/verdagte agter na sit word hy gesien as die bedreigte persoon.

Ons sit met die selfde probleme in ons gebiede. Mense asb ken jou wette in alles wat jy doen.

Jy gaan in die hof moet staan en in jou kinders en vrou se oe moet kyk as hulle jou toesluit oor jy uit onkunde of uit oorhaastigheid n fout maak in n goeie daad.

Ons almal raak keelvol vir SAPS wat te lank vat om op te daag of nie verklarings wil vat nie of selfs nie op daag nie. Ons sit met Hammanskraal se SAPS wat minimum samewerking gee.

Al wat ek vra asb manne dink voor ons iets doen ons wil nie hoor van ons mede GPF lede is geskiet of gearresteer nie.

Maar in selfde asem baie geluk met die suksesvolle arestasie wat jul wel laat geskiet het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.