GPF-voorsitter in hof vir aanranding

Argieffoto

Argieffoto

Leonard Brown (57), voorsitter van die Noordwes gemeenskappolisiëringsforum, het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en dat hy ʼn beskermingsbevel verontagsaam het.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê Brown is op waarskuwing vrygelaat op voorwaarde dat hy nie naby die klaer se huis of werkplek mag kom nie. Brown moet weer op 15 Mei in die hof verskyn.

Volgens Ngubane is Brown op 31 Maart in hegtenis geneem nadat hy glo na die klaer se huis gegaan en hulle in ʼn onderonsie betrokke geraak het. Brown het glo die klaer met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy het glo ook ‘n beskermingsbevel verontagsaam.

Ngubane het gesê volgens die beskermingsbevel mag Brown nie die klaer dreig of aanrand nie. Die ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.