Gqeberha: Daar’s nog tyd om nuwe naam te stuit

Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap. (Foto: Sharon Mugridge/Pixabay)

Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap het self sy teenkanting teen die voorgestelde naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha te kenne gegee.

Nqaba Bhanga sê hy het aan die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, geskryf om sy kommer met nie net die naamsveranderingsproses wat gevolg is te kenne te gee nie, maar ook oor die uitslag daarvan.

“Ek is van mening dat die nuwe name nie inklusief is nie en inderwaarheid geen isiXhosa-betekenis het nie,” sê Bhanga.

Die burgemeester sê hy betwis nie die behoefte aan plekname wat ʼn inklusiewe land weerspieël nie, maar glo nie die name het enige verband of verbintenis met die mense van die metro nie.

“Voorts is daar ʼn vraag oor betekenisvolle openbare deelname en die insette wat ontvang is. Ek is ingenome om te sien dat ander partye in Nelson Mandelabaai oor die kwessie met my saamstem.”

Nqaba Bhanga, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metroraad. (Foto: Facebook)

Bhanga sê ook hy sal verdere stappe oorweeg indien die onberade veranderings voortgaan.

Andile Nduna, woordvoerder van die departement van sport, ontspanning, kuns en kultuur in die Oos-Kaap, het intussen gesê daar is steeds tyd om kapsie te maak teen die nuwe naam.

Enige besware moet egter direk aan die minister gerig word, sê Nduna.

Volgens Nduna kan mense binne 30 dae ná die aankondiging oor die naamsverandering in die Staatskoerant nog beswaar daarteen aanteken.

Benewens die nuwe naam vir Port Elizabeth, heet King William’s Town voortaan Qonce, Maclear word Nqanqarhu en Berlin word Ntabozuko.

Die Port Elizabeth-lughawe se naam verander na die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe en die Oos-Londen-lughawe verander na die Koning Phalo-lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Persheks Adri ·

Regering mors lekker ons geld op snert! Die land is op sy knieë, maar geld is daar vir die klomp om rond te gooi pffft magtag man dink vir ‘n slag of is dit moeilik?

Matilda ·

En dit op so ‘n kritiese tyd waar werkloosheid baie mense in die gesig staar. Kan die geld nie beter aangewend word nie, want padkaarte, landkaarte, padkaartboeke, – alles moet verander word.

ES ·

Niemand kan die naam uitspreek nie… ek dink dis verregaande.

Lourens CFG ·

Jy kan, “Uit die blou van ons gqeberha, uit die diepte van ons see”. ;-()

Alet ·

nie eens die mense wat saam my werk kan die naam uitsprrek nie en baie van hulle is twee en meer Afrika tale magtig. So hoe moet ons dit regkry? PE sal PE bly .

annie ·

Die lughawens se name kan ook maar uitgelos word. Die minister het ‘n vreemde kop. Gaan hy nou dwarsoor die land sirkusse begin?

Keagga ·

Daar moet eeder gekyk word na werk en nie nog meer geld mors op naams veraderinge die land is reeds op sy kniee en dan word daar geld gemors om name te verander.
Ag nee man kom by

Mariana ·

Hoop die naamsverandering word gestuit. Als net geldmors en onnodig. Lughawens kan ook hul name behou. Niemand weet eers wie die twee is wat nou vernoem moet word nie. Die minister is vervelig en het ook nie idee van wat sy werk behels nie. Miskien moet hy bietjie gaan kyk na wat hy kan doen om die land se ekonomie te red……..bespaar, bespaar, bespaar

Misky ·

Wat n vermorsing van geld wat beter aangewend kan word. Niemand gaan anyway die name gebruik nie en almal sal steeds van PE praat.

Dries ·

Verander die name sodat dit pas by die verrotte stede en dorpe

Kokerboom ·

Het die heersende regime glad nie die vermoeë om nuwe dinge te skep en dan hul belaglike name toe te ken? Hoekom moet hul als wat werk en wat reeds halfpad deur hul toedoen verwoes is wil verander en afbreek???Erens moet ons nou ons voet dwarssit!!!

Wakkerslaper ·

Bhanga is van mening dat die name nie verband hou met die “mense van die metro” nie. Dorpe, stede en plekke word gewoonlik vernoem na mense (of volke) wat ‘n invloedryke en positiewe rol gespeel het in die stigting en opbou daarvan. Ek twyfel sterk of die isiXhosa mense ooit ‘n invloedryke en opbouende rol in die stigting van Port Elizabeth gehad het. Inteendeel…

JM ·

Die land is feitlik bankrot, maar Mthethwa verander name!! Weet van geld mors!

MrMagic ·

Hierdie boodskap word op sosiale media versprei;

“When you can’t build an airport – Rename it.
When you can’t build towns / Cities – Rename it.
When you can’t build infrastructure – Rename it.
By just renaming things instead of creating things you acknowledge your own incompetence.
No plaster will heal the wound in your head…”

Gert ·

Dit kos miljoene om name te verander. Dit moet nasionaal sowel internasionaal gedoen word. Intussen gaan mense dood van die honger maar ‘n paar politici probeer punte wen. Verder meer word mense vereer wat niks vir Nasiebou beteken het nie. Stuurman en Phalo het nooit eers gedroom van die konsep van n vliegtuig nie tog word lughawens na hulle vernoem. Om stede te hernoem is nie n kuns of prestasie nie, om een te bou of onderhou is wel.

Noels244 ·

Dit is uiters verregaande: hierdie land bloei en hulle wil name verander. Niks moet mens eintlik meer verbaas nie, maar ek was stomgeslaan.

JohanR ·

Wat my kry van die naam veranderings is dat die mense wat daar bly nooit geraadpleeg word nie. ‘n ANC ou iewers besluit VIR jou. Hoekom word ‘n referendum nie gehou en die wooners van PE vra of hulle ‘n nuwe naam wil he, of nie? Dink nou net in hoeveel plekke PE nou moet verander word na die naam wat ek nie eers kan uitspreek nie, en die koste daarvan. Na 40 kaar het die NP ge Voertsak. Nou al soe dik vir die ANC na net 26 jaar. Daar is maar net een oplossing…..stem die ANC uit by die stembus!

Piet ·

As die naamsverandering van ‘n stad jou so erg omkrap het jy regtig nie probleme in jou lewe nie. Ook, dit was vernoem na die koninging van Engeland. Wat maak dit saak of hulle dit wil verander?

AH ·

Piet, lyk my jy is stroomop omdat jy niks het om te sê nie! As jy enigsins bietjie “common sense” het sal jy verstaan hoekom die naamsveranderinge mense omkrap. Dit kos ongelooflik baie geld om naamsveranderinge te doen. Dis nie net vir afkondig in die Staatskoerant nie. Die tydsberekening vir die belaglike veranderinge kon nie slegter wees nie. Die minister het blykbaar niks anders om te doen nie en hy is nou al moeg van solitaire speel op die rekenaar toe dink hy dié strooi uit……

Karen ·

Niemand kan die name behoorlik uitspreek nie. Daar is nie geld vir behoorlike skole, hospitale of kragvoorsiening nie, maar dit word goedgedink om name te verander. Alles in ons mooi land word vernietig.

Johan ·

Wie gee om..dis in elkgeval n ashoop…soos die ander “Metros” in Piesang Republiek.

groenboer ·

Die ooglopende kompromis hier is om te maak soos hulle blykbaar in België doen: erken albei name amptelik.

In ieder geval, wat my hier pla is dat die herbenaming skynbaar nie ‘n inisiatief uit die gemeenskap is nie. As selfs die burgemeester nie daarvan hou nie sê dit my dit is al weer een van daardie gevalle waar die ANC absoluut alles van bo af probeer beheer. Die mense wat daar woon behoort oor sulke sake te besluit, nie ‘n minister nie, want hulle is immers die mense wat met die naam moet saamleef.

Intussen moet Afrikaners straks maar aanhou om al die ou name te gebruik, en daarop aandring dat hul Afrikaanse media dieselfde doen. So hou ons dan self stukkies van ons geskiedenis en kultuur lewendig, ongeag wat regerings doen of nie doen nie.

Ralph ·

In Namibia wou hulle paar jaar gelede Lüderitz se naam ook verander het na iets onuitspreekbaar in Nama taal.
Die res van die bevolking het dit lelik verkeerd uitgespreek en dit het op liederlike vloekwoorde uitgekom. Daar is toe maar besluit om dit net so te los.

AH ·

Jip, my tong neig ook al na die vloekwoorde toe as ek die nuwe name probeer uitspreek…..Seker maar my onderbewussyn wat maak dat my tong my in die moeilkheid wil bring….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.