Gr. 1-leerder ernstig beseer by skool

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Gr. 1-leerder het ernstige beserings opgedoen toe hy deur ʼn voertuig raakgery is by ʼn skool in Lydenburg, Mpumalanga.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, is die seun glo in ʼn parkeerarea op die skoolgrond raakgery.

Mathe het gesê paramedici het die beseerde leerder in die skool se siekeboeg gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Jy kan verseker wees die bestuurder het tevinnig op die skool terein gery.
Buiten vir onderwys personeel moet niemand met motorvoertuie daar ry nie.

Andre ·

My kinders is toevallig in die skool en het gesien wat gebeur het. n Man met n Fortuner het die kind omgestamp en bo oor sy bene gery, gestop en toe weggery. En ja dit het in die parkeer area van die skool gebeur. Die mense ry soos maniake lelke dag, die arme kinders moet daar onder lei. Kinders moet loop toegang geniet bo die voertuie om hulle veiligheid te verseker, maar dit gebeur nie. Dit elke dag n ge-indrukkery voor mekaar en jaagtog om te kyk wie eerste die pakeerings kan verlaat. Hoop die skool neem streng aksie!!

Werner ·

Maar natuurlik Andre !! Nevermind skool gronde, by winkelsentrums ry die siele met hul SUV’s ook op en af want genade aleen weet hulle sal iets oorkom as hulle 20m verder moet stap ingang toe ;)

ANITA ·

Dis vreeslik erg! Dan ry die man nog weg ook….lafaard!! Lyk my dit gaan by al die skole so, sit ook en wag vir my kinders in die middae by die skool. Die mense ry sommer tussen hulle deur en ry agteruit en die kinders moet rond spring om nie in die pad te wees. Wat die ergste van alles is …..dis die ouers van die skool was so ry. Wens net almal kan aan ander mense se kinders ook dink, al is joune al in die kar saam jou!!

Andre ·

Ek dink dit is absoluut onaanvaarbaar dat mense so optree en absoluut niks voel vir ander mense en hulle kinders nie, maar laat dit nou met hulle gebeur dan pomp hulle almal hulle kuite 20 bar! Bedagsaamheid, goeie maniere en vriendelikheid kos niks! Ek sal verwag dat die skool hulle deel doen om die kinders se veiligheid te verseker op die skool terein, al is dit in die parkeer area.

Trixe ·

ja hier sien ons daagliks hoe ongeskik en onverskillig ouers ry as hul die kinders aflaai. ouers moet besef dat hul nie n kind sal raaksien as hul in n bakkie of hoe 4 x 4 ry nie. hoop daardie persoon ry aan die pen.
bekommerde ouma

Deléne ·

DPJ: Die bestuurder het nie eers 5km/uur gery nie! Karre moet daar ry en kinders moenie daar “HARDLOOP” nie.
ANDRE: Dit was ‘n vrou nie ‘n man nie. Die “vrou” het nie oor die kind gery nie – hy het in haar vasgehardloop agter sy niggie aan wat sekondes voor hom oor die pad gehardloop het. Die “vrou”het ook nie van die toneel af weggery nie!
ANITA: Daar was geen lafaard betrokke nie. Familie van die kind is heeltyd by haar gewees.
ANDRE: Niemand het verkeerd opgetree of mense se kinders sleg behandel nie. Ons almal het kinders in die skool en wil geen kinder seermaak nie. En glo my jy sal ook nie so iets wil beleef nie.
TRIXE: Jy is reg, ‘n graad 1 kind is te klein om uit ‘n fortuner reg voor jou voertuig te sien. Kinders moet ook geleer word… ou daantjie kat manier om links regs en weer links te kyk voor hulle net oor ‘n pad hardloop waar ouers moet ry om parkering te kry!

Ek wil niemand persoonlik aanvat nie, maar nie een van julle weet wat daar gebeur het nie. Kry jou feite agter mekaar voor jy aanmaning maak. En terloops die kind het ‘n knop op sy voorkop. Hy is deurnag gehou in Lydenburg Hospitaal vir opservasie en sy voete bo-op is nerwe af, maar het geen ernstige beserings opgedoen nie (MAROELA MEDIA!) en het niks gebreek nie en daar is nie oor sy bene gery nie!!!

Andre ·

Delene, my feite is agtermekaar gebasseer op grond van wat my kind gesien gebeur het. Ek sal my kind se woord van bo enige iemand.

Andre ·

Maroela,
dankie dat julle my kommentaar verwyder het, dit wys net weer dat julle nie Vryheid van kommentaar ondersteun nie. Ek het niks van julle reels gebreek nie, maar omdat ek reguit praat, word my kommentaar verwyder. Delene kan se wat sy wil, maar dis goed so.
gelukkig weet ek waar ek staan en sal nie weer julle rubrieke lees nie. Geniet julle eensydige beriggewing.

Sune van Heerden ·

Dagsê Andre

Kommentaar word ongelukkig verwyder wanneer dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Volgens ons bepalings mag lesers en kommentators nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Baie sterkte aan die ouers en van die kind wat raak gery is asook aan die kind. Dat die verkeer is gemors is is nogals die waarheid. Mense gee mekaar geen kans nie. Die arme kinders moet zig zag tussen die voertuie deur. Ons sal ernstig as gemeenskap n opposing daarvoor moet vind.

Errol ·

Kan die skool nie reëlings tref om weer so iets te verhoed nie? Dit kon so maklik baie erger gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.