Gr. 1-leerder neem eie lewe by skool

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het ʼn beweerde gebrek aan veiligheidsmaatreëls en kinderverwaarlosing by skole in dié provinsie sterk veroordeel.

“Dit kom nadat ʼn sesjarige seun wat in gr. 1 is Vrydag in die badkamer van die skool aangetref is waar hy homself glo opgehang het,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die voorval het tussen 11:30 en 12:30 by die Dorothy Langa Primary School in Seshego buite Polokwane plaasgevind.

Die seun, Mohau Mamaregane, het glo gevra of hy mag badkamer toe gaan. “Toe hy nie terugkom klas toe nie is ʼn ander leerder gestuur om na hom te gaan soek en dié het toe die gru-ontdekking gedoen,” het Ngoepe gesê.

Volgens hom is die seun na ʼn plaaslike kliniek gehaas vir behandeling, maar is by sy aankoms dood verklaar.

Die omstandighede en motief is volgens Ngoepe nog nie bekend nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Ngoepe het veral onderwysers gemaan om kinders se veiligheid eerste te plaas en ten alle tye te weet waar leerders hulle bevind.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Lientjie ·

‘n Nadoodse ondersoek sal nie die motief kan sien nie.!

Christa ·

Dit sluit allerhande ondersoeke, ondervragings en naspeur van crime scene om Te sien of daar dalk ‘n helpende hand was?!. In VSA het graad 1’s in badkamers gespeel. 1 outjie met handdoek aan rak opgehang. Toe kon hul hom nie afkry nie. Ipv hulp gaan kry, hardloop hul toe weg. Onderwyser was Te laat. Toesig!

Hannelie ·

WAT ???? 6 jaar oud, en hy wil nie meer lewe nie? Nee iets klink nie reg nie.

Jocelynne ·

Ek stem, dit maak geen sin dat ‘n 6jarige sy eie lewe wil of kon neem nie. Wie wil op só ‘n ouderdom nie meer leef nie. Klink nie reg nie

zaki ·

Die seun was seker geboelie deur ouer of self kinders van die selfde ouderdom.Dalk sy ouers wat hom boelie of sleg hanteer.

Tanya ·

Wat moet verkeerd geloop het in so jong kind se lewe om dit te moet doen.was daar huishoudelike probleme by die huis?was hy dalk geboelie?sterkte aan die familie in die tyd.hoop jul vind berusting

Edward ·

Ja Hannelie, ek stem heel saam, daar is ‘n slang in die gras! Dit lyk na moord die.

Ann ·

Nee! Nee! Wat dryf ‘n 6-jarige KIND na selfmoord?? Boelies?
Ek kan dit nie kleinkry nie!! Daardie arme mamma en pappa …. ek het self ‘n kind in Gr 1 en ek kan myself nie indink waardeur daardie mense nou moet gaan nie. RIV liewe seuntjie.

Karma ·

Aikôna! Daai kind het nie selfdood gepleeg nie! 6-jariges pleeg nie selfdood nie. Dit is of weer daardie wurgspeletjie wat verkeerd geloop het of boelies wat hom bygekom het op dié manier en toe het die hele kaboedel verkeerd geloop of ‘n aaklige nadraai gehad.

Martha de Jongh ·

Ek glo glad nie !! hy het sy eie lewe geneem nie…Daar moet n moord ondersoek ingestel word en baie spoedig !!

Adel ·

Genade ñ 6jarige kind. Dit is verskriklik hartseer……. wat dryf so jong kind wat veronderstel is om geen lewens stres te hê nie, na so iets?? Seker weer boelies of dalk slegte dinge by die huis…… siestog om te dink hoe alleen moes hy nie gewees het dat daar wraggies niemand was waarmee hy kon praat oor dit wat hom so breek in die lewe………

vytjie ·

Grondslagfase!!!!! daar moet te alle tye toesig gehou word. dit is deel van my werk as Grondslagfase onderwyser

Leeu ·

Nie in badkamers nie, ek sal nie baie happy wees as n 43 jarige man of vrou saam my 6 jarige badkamers toe gaan en kyk nie.

Christa ·

Enkel badkamer met net toilet en hands wasbak agter in klas vir jonges VSA reëls by sommige skole. Toesig noodsaaklik. Mens hoef hul nie aan Te staar nie. Reg by die deur is goes!

??? ·

Hoe weet n Gr 1 kind om homself te hang? Ek dink nie dus moontlik nie…iewers is iets nie reg nie…

Theresa B ·

Genade dit is vreeslik. En die onderwyser het geweet waar die kind is – in die badkamer. Toe hy nie terugkom nie is ‘n ander leerder gestuur om te gaan kyk waar hy is. Onderwysers kan ook nie saam met elke kind badkamer toe gaan nie. Maar dit is baie erg – wat weet so klein kind van selfmoor en ophang………………… Daar moet iets anders wees.

REGVERDIG ·

WAT !!!!!!!
n 6 jarige klein “babatjie” wat homself ophang?
REGTIG??
Moet asb nie my intellegensie onderskat nie….. ek ruik n rot en hy stink pap vrot………………..

Nix ·

Jammer, ek glo dit nie. So ‘n jong weerlose kind sou dit nie so maklik alleen reggekry het nie. Hier is meer aan hierdie hartseer storie as wat bekend gemaak is. Heeltemal te min info… Ek hoop daar word behoorlik ondersoek ingestel na die omstandighede rondom sy dood. Meeste skole het ook al CCTV kameras, ek hoop die betrokke skool het dit ook in hul gange of naby hul badkamers.

Liza101 ·

Nix ek hoor wat jy se, maar meeste skole op die platteland het nie eers behoorlike meubels nie wat nog van CCTV toerusting. Ek wens ek kan vir die wereld wys in watter omstandighede gaan kinders in die platteland skool. Ek is so jammer vir hierdie kindjie, rus in vrede…

Gesiggie ·

Ja… hoe 6 jaar oud en al klaar self moord in gedagte?? nee dit maak nie sin..kinders in skole kry te veel druk van ander wat n mens BOELIES noem” ek kan nie glo dat n kind van 6 tot so iets in staat is.. ja maybe the Choking game, maar wie het hom gemaak dit doen. My innige meegevoel aan die ouers van die kind” En ek voel bitter jammer vir die leerder wat moes toekyk hoe sy klasmaat sy eie lewe geneem het. Maybe moet daar maar net verder ondersoek ingestel word aangaande die storie. RIP Mohau…..

Susan ·

Ek dink nie so klein seuntjie sal daaraan dink om sy eie lewe te neem nie. Seker daarvan dat iemand anders daarvoor verantwoordelik was.

Louise ·

Ek kan nie glo n 6 jarige kind kan so iets doen nie.
Maar dan weer aan die ander kant moet mens in ag neem waste tiepe bllotstelling n kind kry.
Ouer kind wat hom gese het wat om te doen, miskien op die TV gesien. So klein kind het n geweldige groot verbeeldings wereld. Maar dit bloot doen omrede hy nie meer wil lewe nie. So klein kind verstaan nog nie regtig die LASTE van die lewe nie.

Sanna ·

Glo dit nie v een oomblik nie. My oudste is 9, hy word groot met tv, en weet alles, maar ek kan jou 1 ding belowe hy weet nie eers wat selfmoord is nie… dis belaglik om te aanvaar dit was selfmoord

louise ·

Ek glo nie daai storie nie. Dink nie hullle kan op so ouderdom self dit regkry nie. Net hartseerlik om te dink hoe donker moes die lewe vir die kind gewees het.

Cera ·

Dis my persoonlike opinie, maar ek dink dit is beslis montlik dat sulke jong kinders in staat is om dit te doen, dis nie regverdig om alle 6/7jariges te vergelyk met jou eie kinders nie. Daar is baie kinders van daai ouderdom wat baie selfstandig moet wees agv huislike omstandighede op daai ouderdom. Met informasie en nuus is ek eintlik stom dat party mense nie kan indink hoe hy eers weet hoe om dit te doen nie, hulle is baie meer bewus van wat aangaan as wat mense besef. Daar is Kindertjies wat al selfbeeld probleme het en eetversteurings het, kinders wat ander molesteer en verkrag want in hulle gemeenskap is daar nie respek vir ‘n vrou se liggaam nie. Mense word in ander werelde groot as julle. Mense wie se emosionele toestand nie eers aan gedink word nie want hulle fisiese toestand is nog nie op standaard nie. Dis nie die skool se skuld nie, as dit by die huis gebeur het sou julle dan seker die ouers blameer? Dis baie baie hartseer maar eerder as om te wil se jy kan dit nie glo nie, sien eerder die moontlikheid daarin en laat ons bewus is daarvan en uitkyk vir dit.

Susan ·

Ek stem saam, ongelukkig het alle 6 jarige kindertjies nie dieselfde liefdevolle omgewing tuis nie. Daar is soveel kinders wat al vanaf 4 soveel aggressie problem (as gevolg van huislike omstandighede ens ens) het en die heel hartseerste is, die meerderheid kry nie hulp daarvoor nie. Dan kom daardie lyfies by die skool waar hulle deur maatjies uit meer gegoede families gespot en geterg word. Kinders is kinders en dit gebeur, ons moet eerder probeer verstaan dat hierdie lyfie op 6 al so verskriklik moedeloos was, dat die dood vir hom ‘n uitkoms was. Dit is ongelooflik hartseer, maar ons kan soos baie hier voorstel, uitkyk vir tekens en nie altyd ‘n kind as stout afmaak nie. Onderwysers maak dit ook nie maklik vir hierdie kindertjies nie, want hulle bly sê hulle is stout en daardie label hang om sy nek en hy voel waardeloos en dan besluit hy ek kan net nie meer nie, want grootmense wat veronderstel is om my te beskerm, faal my!!!

Boeboe ·

Sjoe dis erg. Ek kan nie dink n kind so klein kon selfmoord ens begryp wat nog uitwerk hoe om homself te hang. Ek voel bitter jammer vir sy ouers. Ek hoop die leerder wat die kind gevind het kry behoorlike hulp so klein verstaan hy dalk nie als nou maar later gaan dit dalk hom baie pla.

Gerda ·

Ek is nie n private speurder nie, maar dai outjie het hom nie self gehang nie, n meer volwasse persoon het dit gedoen. My kind is 7, hy weet nie eers wat selfmoord of hang is nie

Lana ·

Mens wil dit nie glo nie, maar ja dis moontlik. Studies toon dat kinders so jonk as 5 al depressie kan ervaar en 80% van kinders tussen 5 en 11 wat selfmoord pleeg is seuns.

Corne ·

Vir al wat ons weet word die kind dalk mishandel of selfs gemollesteer en verkrag by sy huis deur n ouer of n voog dalk n broer suster of iemand, niemand van ons weet wat gaan gy n kind se huis aan en wat hul omstandighede is nie.

Besemryer ·

Vriendin van my se seuntjie het homself in graad 1 en toe weer in std 1 probeer hang. Hy is nou 17 en kry v jare alreeds behandeling vir o.m psigose, depressie en nog ‘n paar ander toestande.

Megan ·

Dit is nie moontlik dat a 6 jarege dit kon doen nie iemand het dit aan hom gedoen. Hulle moet flippen wakkerword.

Sean ·

Nie ‘n manier wat ‘n 6 jarige homself ophang nie en niemand sal my daarvan oortuig nie. Of ‘n geboelie het lelik skeef geloop of daar is ‘n jong sigopaat in daai skool, en ja sigopaate kan jonk begin maar begin gewoonlik met diere of so iets, nie sommer dierek met mense nie. Something seriously fishy here.

Esther ·

‘n Paar jaar terug het kinders speletjies gespeel war hulle ander ophang aan hulle truie, steek dit weer kop uit. Die onderwysers kan nie hier voor geblameer word nie, hulle mag nie ‘n kind die reg ontneem on badkamer toe te gaan nie, en mag ook nie die kinders in die klas alleen laat nie.

cilna ·

Ek weet darm maar nie 6 jaar oud is vir my nog te baba hy begin nou eers leer skryf nie om wurg toue te maak om hom self te hang nie my seun van 7 vat nog niks in die lewe erinstig op nie so ek kan nie i sien hoe n kind van 6 hom self sal wil hang nie. Iemand het hom gehang daar maar nie hy self nie

Annie ·

Ek het al gehoor hoe n kind van 6 vir my se hul wil nie meer lewe nie. Ek dink selfs n kind op daai ouderdom is in staat om so iets te doen indien hul aan te veel blootgestel word. Maar die kanse dat boelies die oorsaak van sy dood is is ook moontlik. Dink hul moet n goeie ondersoek hier instel. Baie tragies dat n kind so jonk hierdeur moet gaan.

Susan ·

Die wat moet wakker skrik is die mense wat in ontkenning leef dat ‘n lyfie van 6 en jonger nie selfmoord gedagtes het nie. Lees my vorige antwoord asb. Net omdat jy nie daarvan hoor nie, is nie omdat dit nie gebeur nie. Ek sê weer, alle kinders kom nie uit ‘n huis waar ‘n lyfie beskerm en gekoester word nie. Onthou, hy mag dalk 6 gewees het, maar met 30 jaar ondervinding van swaarkry ens ens. Dit is ‘n baie groot skok as mens besef daar is lyfies daar buite wat dink om dood te wees, is ‘n uitkoms, maar dit is realiteit. Die stelsel faal hulle en die onderwysers kyk anderpad, grootmense wat veronderstel is om hulle lief te hê faal hulle. ALMAL! Dit is hartseer en ongelukkig het al die skole nie sielkundiges op die personeel nie. Dit moet prioriteit wees in elke liewe skool.

Anneline L ·

Dis vreeslik hartseer… sterkte aan die ouers en familie wat ook al die omstandighede mag wees…

Ursela ·

Ek hoop die departement sien nou dat boelies n ernstige saak is in die skole en met boelies bedoel ek nie net kinders in die skool nie maar die onderwysers ook. Hul is partyjeer erger as die kinders

Nannie ·

@Ursela ek stem saam jou. Party onderwysers is erger as boelies. Boelies is n problem in die skole.

Sêmaarnet ·

Ek glo dit glad nie – daar moet eenvoudig net ‘n moord saak oop gemaak word …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.