Gr. 10-leerder agter tralies vir besit van vuurwapen

(Argieffoto)

ʼn Gr. 10-leerder is in hegtenis geneem nadat hy betrap is met ʼn vuurwapen – waarvan die reeksnommer verwyder is – asook ammunisie.

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die jong man is Vrydag op die hoek van Wanderers- en De Villiersstraat in Hillbrow aangekeer. Weens sy ouderdom word hy by ʼn plek van veiligheid aangehou.

“Die polisie was besig met stop-en-deursoekingsoperasies toe hulle inligting oor drie verdagte mans ontvang het. Hulle het die mans deursoek en ʼn ongelisensieerde vuurwapen sonder ʼn reeksnommer en ammunisie by een van hulle gekry.”

Mbele het gesê die seun het gesê sy oom het die vuurwapen vir hom gegee. Die wapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoering van enige ernstige en geweldsmisdaad gebruik is.

Die seun verskyn Maandag in die Johannesburgse landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Gr. 10 Leerder – hy is seker ook 30 jaar oud, maar n leerder dus is dit weens sy ouderdom. :)

Niklaas ·

Ek wonder nou hoe oud is hierdie galant ? Dan wil ek nie weet hoe hy gaan wees in Graad 12 nie.

Cecilia ·

Al gee wie vir j n wapen. Jy vat nie d ding as jy nie gelisensieer is nie. Punt vd saak.
Seker daarvan d “oom” is n gesoekte misdadiger .

Jakes ·

Ja oom se my pa oom, ja dankie oom. Miskien sal die polisie en hoed jou glo maar nie enige persoon wat wel skool toe is, sal hierdie snert glo nie.

Pieter J ·

Dit klink of hierdie leerder ń bendelid is. Vandaar die wapen sonder ń reeksnommer.

Regverdigheid ·

mmmm WAAR KRY HY DAAI VUURWAPEN ?????? laat hom sit as hy in beheer van vuurwapen is hy oud genoeg om die gevolge te dra .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.