Gr. 10-leerder geskors ná beweerde verkragting

skool

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het Maandag gesê ʼn gr. 10-leerling is geskors ná ʼn beweerde verkragting by ʼn skool in Benoni.

“Berading is aan die leerders wat daardeur geraak is, gegee en dit sal dienooreenkomstig voortgaan. Die slagoffer sal in ʼn ander skool geplaas word en ondersteun word met studiemateriaal,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Volgens die departement sal bewerings dat die oortreder glo twee ander leerders by dieselfde skool verkrag het, ook ondersoek word.

Die departement het vroeër gesê die beweerde slagoffer is ʼn gr. 8-leerder by die skool. Volgens die departement het die skool ʼn afskeidsfunksie by ʼn park in Benoni gehou. Die gr. 8-leerder was glo onder die invloed van alkohol en die gr. 10-seun, wat langs die park woon, het na bewering vir haar ʼn badkamer aangebied waarna hy haar glo verkrag het.

“ʼn Saak is by die polisiestasie aanhangig gemaak en die seun is in hegtenis geneem. Hy is in sy ouers se sorg vrygelaat,” het die departement gesê.

Dié beweerde verkragting kom kort nadat bewerings aan die lig gekom het dat ʼn veiligheidswag by ʼn laerskool in Soweto minstens 87 leerders van dié skool seksueel aangerand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marianne Wiltshire ·

Hierdie is confusing: “Die gr.8-leerder was glo onder die invloed van alkohol en die gr.10-seun, wat langs die park woon, het na bewering vir haar ‘n badkamer aangebied waarna hy haar glo verkrag het.” Dit klink of die gr.10-seun die meisie verkrag het?

Lynette ·

Marianne Wiltshire, wat is confusing? Dit is presies wat daar gese word.

Anoniem ·

Ek sal nie baie gelukkig wees as ek ‘n dogter in die skool het waarheen die beweerde verkragter geskuif is nie.

wonder ·

Die graad 10 leerder is seker omtrent 25 jaar oud. En die graad 8 leerder – wat onder die onvloed van drank was dalk 19?

Leahim ·

Seker veel ouer in ag geneem die anc jeugliga het aktiewe lede in hul veertigs.

G ·

Ek wonder soms hoeveel wat ‘verkragting’ skree, is regtig verkrag, en hoeveel doen vrywilliglik mee totdat ander persoon nie meer saamspeel, dan word dit verkragting. En ek sê nie dis hier die geval nie. Maar graad 8, (normaalweg 14 in daai jaar) onder die invloed van alkohol- baie drink so dat hul nie eers onthou wat hul aanvang nie.

Danie ·

Hier is ‘n hele paar goed verkeerd hier:
Verkragting,
en Graad 8 leerling onder die invloed,
en Graad 8 leerling onder die invloed in die openbaar,
en Drank word verskaf aan minderjarige kinders,
en Afwesingheid van enige volwasse toesing by beide die graad 8 leerling en graad 10 leerling.

Beide is heelwaarskynlik minderjarig. Graad 10 leerling is in ouderlike sorg vrygelaat (net minderjariges het daardie voorreg.)

Kiepie ·

Ek hoop die Departement doen ‘n ondersoek oor waarom daar drank was by ‘n afsluitingsfunksie wat deur die skool vir die leerders aangebied is ook.

Hanna ·

Van wanneer af het “verkragting” n sport op skool geword? As dit nie die leerlinge self is nie, die onderwyseres of die sekuriteitspersoneel. Dis nou elke dag se siek nuus. Nee, sies vir julle! Kom mnr Lesufi, ek is seker dis van jou verkose mense daai. Gaan maak maar n draai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.