Gr. 11-leerder van Cullinan vermoor

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Gr. 11-leerder van die Chipa-Tabane Secondary School in Refilwe, Cullinan, is Sondag vermoor en ʼn familielid is reeds in verband met haar dood in hegtenis geneem.

Die meisie is vermoedelik verkrag voordat sy doodgemaak is en haar liggaam is by die familielid se huis gevind.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het die voorval veroordeel en sê hy is “verpletter”.

“Volgens die inligting tot ons beskikking, het die leerder Vrydag en Saterdag ekstra klasse bygewoon. Sy het haar huis glo Sondag weer verlaat, maar teen 18:00 steeds nie teruggekeer nie. Haar ma het haar dieselfde aand as vermis by die polisie aangemeld.”

Chiloane sê die gesin is Maandag na ’n familielid se huis nadat inligting ontvang is dat die meisie saam met dié betrokke familielid gesien is.

“Hulle het die leerder se lewelose liggaam in ʼn kamer in die familielid se huis gevind en die polisie is na die toneel ontbied.

“Ons inligting dui daarop dat die leerder vermoedelik verkrag is voordat sy verwurg is.”

Die verdagte het homself Maandagaand aan die polisie oorgegee en sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn.

“Ons is verpletter deur die dood van ons geliefde leerder, veral onder sulke wrede omstandighede. Ons betuig ons diepe medelye en innige meegevoel met haar geliefdes en die hele skoolgemeenskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marietjie ·

Elke slagoffer is eintlik een te veel!! Dat die verdagte boonop familie is maak hierdie tragedie regtig nog erger. Sterkte aan haar huisgesin.

Mariana ·

Sluit hom toe en gooi weg dis sleutel. Geen genade vir hom nie, maar more,oormore is hy terug op straat en doen dieselfde aan iemand anders. Marietjie ek stem een slagoffer is een te veel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.