Gr 11-leerder van Kempton Park sterf ná bakleiery

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Graad 11-leerder van die Sir Pierre Van Ryneveld High School in Kempton Park is oorlede ná ʼn bakleiery.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê leerders van die skool en Sunrise Combined College was op 7 September 2022 in ʼn bakleiery betrokke. Die oorledene het ernstige beserings opgedoen.

“Nooddienste en die ouers van die beseerde leerder is dadelik ontbied en hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na Thembisa-hospitaal geneem is. Hy het die volgende dag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Mabona sê die departement se psigo-maatskaplike ondersteuningspan is na die skool ontplooi om die nodige ondersteuning te bied.

“Ons betuig ons innige meegevoel met die leerder se familie en die skoolgemeenskap.”

Die skool het ʼn ondersoek van stapel gestuur en die nodige dissiplinêre stappe sal gedoen word.

“Ons maan alle leerders om hulle nie aan wangedrag skuldig te maak nie en versoek ouers om die departement by te staan om leerderdissipline toe te pas – binne en buite die skoolomgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Di ·

“Ons maan alle leerders om hulle nie aan wangedrag skuldig te maak nie” is al afgesaag. Om te MAAN help net mooi niks, sekeres in die land sal NOOIT verander nie. So gemaak en so laat staan. Opvoeding begin by die huis en dis DAAR waar die probleem onstaan. Afwesigheid van ouers asook gehoorsame ouers instede van gehoorsame kinders, dra baie by tot hierdie probleem.

Magda ·

Dissipline moet TERUG gebring word in di skole, kry n goeie Pak Soos in di ou dae, ni dooddlaan of oor Di rug of op Di kop of met n borsel gooi ni, goeie Pak op Di boude, dis wat terug gebring moet word

Nico ·

Daar is geen dissipline en behoorlike toesig nie, dit is hoekom dit so gaan, wie gaan nou die blaam moet dra.

Kobus ·

Lesufi is nie daar nie? Is dit omdat daar nie TV dekking was nie ?

Agge nee ·

Nee, want dit was nie ‘n wit kind wat ‘n swart kind doodgeslaan het nie.

Piet ·

Mabona slyp solank sy tande vir lesufu se pos, wat weer lippe aflek vir die premiers pos.

Swerwer ·

Opvoeding begin by die ouershuis van ‘n kind gebore is tot en met 6 jarige ouderdom is die vormings jare van ‘n kind. Gaan maar terug in die boelies/beskuldiges se opvoeding van sy eerste 6 jaar in sy lewe en die antwoorde sal daar gekry word.

Agge nee ·

Ouers het geen beheer oor die kinders nie, die skool het geen beheer oor die kinders nie. Hoofde het geen beheer oor hulle personeel nie. Die werkgewer het geen beheer oor sy werknemers nie. Die regering het geen beheer oor die vakbonde nie. Hoekom nie? Menseregte!!! Iemand soos Andre Gaum wat voor ‘n groep van 800+ hoofde vir ons vertel dat jy nie die reg het om vir ‘n skoolkind te sê om sy hare volgens skoolreels te dra nie, of dat ‘n seun maar ‘n baard en ‘n snor kan hê, want dit is sy mensereg. Hulle reken dat voorgeskrewe skooldrag ook teen menseregte indruis. Dogters mag grimering, gekleurde hare en vals naels dra as dit hulle beter sal laat voel. Jy mag nie vir ‘n dogter sê dat haar rok te kort is nie, want dit druis in teen haar menseregte. Al hierdie klomp strooi word verkoop deur die menseregte voorsitter. Die rede vir al hierdie gemors wat in ons land aangaan, GEEN DISSIPLINE nie, nêrens, geen wet of gebod in ons liewe nuwe Suid Afrika.

pompies ·

Lyk my dit word nou die nuutste sport by die skole, wat se Mnr Lesufi en sy rooi kappie bende nou hiervan.

Ruby ·

Meeste kinders het ‘n gebrek aan dissipline.

Ek praat nie van kindermishandeling nie maar disrespek en blatante moeilikheidmakers se gatvelle moet afgetrek word. Hulle verstaan vinnig daarna.

Spring op onnies se rue, seksuele uittarting is in die orde van die dag. Kom by ‘n werksplek dan wil hulle dit ook doen, kry nie hulle sin en hardloop ccma toe. Sien dit weekliks.

Wonder ·

O e e e hoe moet ek nou maak disipline gee of nie julle het mos die kinders AL die verkeerde regte gegee nou hoe nou, nou wil jull wakker word vir hoe lank…

Dandeleen ·

Dissipline en Godsdiens moet terug gebring word in die skole. Waar is die naaste liefde? waar is die respek? Kinders vandag het nie eers respek vir hulle eie ouers nie, wat nog te sê van onderwysers of mede leerders?

Dit is alles net een groot gemors!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.