Gr. 2-seuns geskors ná beweerde verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Ses gr. 2-seuns van ʼn laerskool in Vosloorus, suid van Boksburg, is geskors nadat hulle glo twee sewejarige meisies by die skool verkrag het.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die beweerde verkragting het Woensdag onder die departement se aandag gekom tydens ʼn besoek van die LUR aan die Rebonthseng Primary School.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, en David Makhura, premier van Gauteng, het ʼn roetine-besoek by die skool afgelê toe hulle oor die voorval ingelig is wat glo Maandag gebeur het. “Die seuns is tydelik geskors sodat die skool dringend kan besluit op dissiplinêre stappe,” het Sekhonyane gesê.

Sy het gesê die seuns is almal tussen sewe en tien jaar oud en saam met die meisies in graad 2. “Daardie kinders verstaan nie eers wat aangaan nie. Hulle dink hulle het net gespeel,” het sy gesê. “Een seuntjie het selfs vir een van die dogtertjies R2 gegee en toe hy gevra word waarvoor die geld is, het hy gelag en gesê dit is vir lobola.”

Sekhonyane het gesê albei die meisies is na ander skole oorgeplaas op versoek van die ouers en hulle ontvang reeds berading.

Die departement het ook die departement van arbeidsverhoudinge gevra om ondersoek in te stel na die onderwysers se gedrag en die rede waarom daar geen toesig was toe die voorval plaasgevind het nie. Die betrokke onderwysers kan ook moontlik dissiplinêre optrede verwag.

Intussen ontvang al die leerlinge by die skool ook berading, het Sekhonyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Yolanda ·

Ja wat my seun word deur n baksteen gegooi dan word daar vir hom gese as hy iets vir die kind se gaan my kind geskors word want dis die nuwe suid afrika kan niks aan die betrokke kind doen nie. En so word my seun die volgende dag gedreig hy gaan met n skeer gesteek word. So word daar nog niks gedoen nie. Pakslae moet terug gesit word in skole want wat help dit ek en baie ouers leer ons kinders reg maar sulke goed gebeur in ons skole want dis mos die nuwe suid afrika.

Bokkie ·

10 jaar oud en n graad 2…..spreekboekdele. Dom….maar nie te dom om te weet hoe DAAI ding werk nie. Waarheen is hierdie land oppad!!!???

Johan ·

Nee nie waar is die land oppad nie, maar eerder waar is ons al klaar. Die meerderheid van die bevolking is barbaare. Die seuns het dit seker by hul ouers geleer op n dag uit by jou pa se werk skool projek of iets…

Madelein ·

Wat my nog pla is die feit dat tot 10 jariges Gr 2 is, hulle moes al Gr 4 gewees het. Watse kans het ‘n 7 jarige dogtertjie teen ‘n 10 jarige seun. Dis sulke tipe goed wat maak dat ons plattelandse mense stede toe vlug na groter skole waar die meerderheid jou verkose ras is.

Micka ·

Dit is vreeslik dat kinders op daardie ouderdom soveel weet!!!!! En ek stem 10 in Gr 2?????? Dit is blerie belaglik! Wat word van ons land! Ek hou nie van die NUWE SWAK SA nie! Ja bring pakslae terug in skole! Maar die onderwyser kan nie alleen disipliene voorsien nie ! Daai ouers moet verantwoordelikheid vat! Waar sien die kinders die dinge?????

Martin ·

Hulle ouers het self nie eers dissipline nie. Dit is waar hulle dit sien.

LELANIE ·

Dis nog meer scary om te sien/hoor wat hierdie klein kinders in skole geleeer word. Goed wat in hulle sillabus is! My jobgste boetie is al 22 en toe hy std4 was het eenkeer sy boeke deurgeblaai net om af te kom op ‘n hoofstuk genaamd: “Jy mag nee sê vir seks” met prentjies van allerhande voorbehoedmiddels.

Vroeg ryp, vroeg vrot.

Ons moet meer let op wat ons kinders geleer word!

Vicky ·

Mense het gedink ek is kens toe ek my dogter saam met my neem om selfverdedigings klasse by te woon. Dink wat jy wil, maar ten minste het sy dan n kans om haarself te verdedig. Maklike tegnieke is aan ons geleer wat werk. Maar dat sulke goed in ons skole gebeur is net nie reg nie

Theodeen ·

Goeie genugtig!!! Maar nou opvoeding by n kind se ouer huis is mos deesdae nie meer die in ding, hoe meer ons kan aanjaag en kinders los om te maak en breek soos hulle wil hoe beter. Dit is verskriklik, ek skaam my kop in skaamte as dit my kinders was. Watse menslikheid moet jy he om dit met enige iemand te doen maak nie saak ras of geslag nie. Ek wil net vir hierdie 2 seuns se ouers se die opvoeding wat jy jou kind gee is pateties. Waar is julle morele waardes? Dis ouers soos julle wat maak dat ek nie my kinders aan hierdie wereld eendag wil bloot stel nie. Sies man!!! Sterkte aan daai 2 dogtertjies

Lynette ·

Dit was ses seuns en nie twee nie. Twee meisies deur ses seuns verkrag! Magtig waar is die ou Suid Afrika toe ons kinders veilig was?

BoereBikerBaby ·

al kry die kinders berading… dis te laat.

die lewe is so siek.

humor ·

Dit vestom my dat jul geskok is dat daar nie morele waardes is nie. Dit spreek van gebrekkige kennis.

Mev.B. ·

Hoe mense nog hul kinders in skole kan sit verstaan ek nie… Sit en huil oor niemand hul kinders wil help by die skool nie, maar hul is vinnig om agter bakhandtjies te lag vir die van ons wat ons kinders tuis onderrig. Jy hoef nie ‘n miljoener te wees om te doen nie. In elk geval, meeste wit mense het nie werk nie, so in plaas van by die huis sit en hoop vir werk, sit jou kinders eerste. Haal hul uit daardie duur skool wat net ‘n ongeluk is wat wag om te gebeur en leer jou kind ordentlik. Ek sal nooit kan slaap as my kinders moes skoolgaan in hierdie land nie…

Johan 2 ·

Interresant Mev.B, ek oorweeg dit sterk maar weet nie waar om te soek nie…is bang vir verkeerde leerplan, te veel isolasie, swak kommunikasie vaardigheid, ens. mens het net een kaans met jou kinders se opvoeding…maar ek glo dis die toekoms, dalk kleiner “sentrums” van n paar kinders? ???

Jan Coetzee ·

CVO Skole is die oplossing, kom weg van die staatsskole af

Lelani ·

Tuis onderrig is baie goed. Ek het my ouers gesmeek on my uit die skool the vat want tot die onderwysers boelie jou. Van die tuis onderrig plekke hey Klein sentrums waarna jy man gaan I’m jou kind te help. Mar Klein privaat skole is baie goed. Was laerskool in een en was mal daaroor. Mar is mar duur.

Jacques ·

Mev. B
Ek moet se ek was in n goeie skool gewees, ja daar was boellies ens maar ek kan eerlik waar se ek het niks teen tuisonderig nie maar onthou net dat tuisonderig nie U kind altud so goed voorberei vir die lewe daar buite nie. Moet ek ook se meeste van die skole se probleeme begin by n gebrek aan Godsdiens en dan ook n geberek aan behoorlike onderwyser, maar die duur skole is oor die algemeen redelike goeie skole, want soos bv. die skool waarin ek was het die onderswysers omgegee vir die leerlinge bv. die onderwysers het belang gestel in jou lewe as leerling as daar iets was wat jou pla het hulle uit hul pad gegaan om jou te help so ver hulle kon. Ek se nie alle skole is goed nie en ook nie dat alle skole sleg is nie, maar wat ek wel se is mens moet altyd jou kind se gelug in gedagte hou as hy of sy se hulle is nie gelukkig by die skool waar hulle tans is nie moet nie dit net afskryf as gyte nie, maar stel ondersoek in en probeer uitvind hoekom die kind nie gelukig is nie en of daar nie iets is wat mens daaraam kan doen nie.

Mamsie ·

Mev.B ek is net daar met jou.Gaan nou self homeschool want die kinders jaag aan by die skole.Johan 2: daar is tonne Christelik fundeerde kurrikulums en jy hoef nie n breinkonyn te wees daarvoor nie.n Goeie opvoeding begin by die huis. Tuisonderrig is wonderlik omdat my kinders leer van God eerste dan die res.

Jacques ·

Ek voel dat die ouers van die ses seuns ook bevraagteken moet word, want ek laat my nie vertel n 7 of 10 jarige seun doen sulike goed as hy dit nie erins sien op tv of op een of ander “social media” toestel nie. Dis waar die ouers volgens my hulle plug moet na kom om hulle kinders te leer wat is reg en wats verkeerd en seker temaak dat die kinders nie op web tuistes is wat skadelik is vir hulle nie. Ek wil tog sê dat ek glo as Godsdiens terug gebring word in die skole en die ouers ook n doop belofte na kom wat se dat hulle hul kind sal onderig en laat onderig bedoelende sondagskool ens sal dit baie beter gaan in ons skole en as die kinders op daardie vondasie die lewe ingaan sal dit ook beter gaan met ons land.

Tuisonderwys Ma ·

Jacques, ek respekteer jou opinie dat tuisonderrig nie altyd kinders voorberei vir die lewe daar buite nie, maar skool berei jou ook nie voor nie. Om saam met ‘n groep van 30 kinders van dieselfde ouderdom in ‘n klaskamer te sit, is nie sosialisering nie. Waar kinders wat tuisonderwys ontvang in kontak kom met mense van alle ouderdomme van 1 jaar tot 90 jaar oud. Die vriendelike boer van die aarbeiplaas tydens ‘n ondersoek gebasseerde uitstappie om uit te vind waar kom aarbeie vandaan. Die vriendelike tannie by die bakkery. Die persoon agter die kasregister by ‘n winkel. Die seuns en dogters by die tennisafrigting, balletklas, gimnastiekklas, ens. Selfs die bejaarde oom en tannie by die ouetehuis wanneer hulle saam met Mamma op ‘n uitreik-uitstappie gaan. En konflikhantering leer hulle ook deur dag tot dag aktiwiteite. Ek was ook in ‘n staatskool en dit het my beslis nie geleer om sosiaal te wees nie. Dit het ek na skool geleer. Al wat ek in die skool geleer het, is om te lees, skryf en wiskunde te doen. O ja, en dan om inligting soos ‘n papegaai te leer vir toetse en eksamens om dit te vergeet sodra ek uit die eksamenlokaal stap. En dan was ek ook blootgestel aan dwelms, sigarette, drank en alles wat daarmee saamgaan. Groepsdruk. Jy kan nie jou kinders altyd teen als beskerm nie, maar jy kan sorg dat jou kinders se fondamente stewig is wanneer hulle wel in die wêreld daar buite hul eie nessie moet skrop. Elke ouer doen maar wat hul dink die beste is vir hul kinders.

lisa ·

Goeie genugtig!! hierdie kinders behoort met karretjies te speel of cowboys en crooks. Behoort nog nie eens te weet waar kinders vandaan kom nie. Tragies!!!!!! En wat soek ‘n kind van 10 in GR 2??

Ekke ·

Kom nou mense, ons weet mos nou almal by watter skole hierdie dinge gebeur… die disfunksionele skole van ons land. Daai onderwysers het nie ‘n saak met die kinders in daai skole nie, dis hoekom dit so daar gaan, en hoekom hulle uitslae elke jaar so beroerd is. Hulle self stuur hulle kinders na die beter skole. Al waaroor hulle gepla is, is hul salaris elke maand, verder voel hulle ‘n veer vir die res. Moenie sommer alle staatskole onder een kam skeer nie. Ek bly op ‘n plattedlandse dorp met ‘n fantastiese staatskool, waar onderwysers nog trots is op hulle werk en liefde en aandag gee aan die kinders. Hier is ook ‘n paar mense wat hulle kinders tuisonderrig, maar dan wil hulle hê hul kinders moet deel hê aan ons skool se sport, kultuur ens…. Gelukkig het die ouers daarteen geskop… as ons skool nie goed genoeg is vir julle nie, dan is ons buitemuurs ook nie goed genoeg vir julle bloedjies nie. My twee kinders is self deur hierdie skool, en albei sit met grade, wat Honneursgrade insluit, so asseblief hou op om klippe te gooi…. O ja, en dan is daar daai wat hulle kinders na die groot skole in die stede stuur (daai skole met die bekende name), maar vakansies kom die kindertjies hier by ons wiskunde onderwysers ekstra klasse loop, want hulle kom nie reg daar anderkant nie… maar na daai grênd skool toe moet hy gaan, of mamma en pappa dit kan bekostig of nie!

Theresa ·

Ai. Dis siek. Geen verskoning werd nie. Kyk sekerlik baie TV – dis volop daar en hoef kleingoed glad nie meer te wonder oor iets nie. Of dalk hul selfone? Nee wat. Hul weet wat hul doen. Straf? Natuurlik. Gooi dié tipe kinders maar saam in een skool per dorp. Hou hul tussen ander normale kinders weg. Die onnie wat hul dalk gesien het (weet nie) moet maar daar gaan hoof word. Verbanning.

badboy ·

ja die kinders van vandag is baie slim . toe ek op skool was het jy nie van die goed geken nie en ook nie van dit geleer nie .My pa het net vir my gese daai ding is nie net om water af te slaan nie . en ja pakslae moet terug kom is al waar kinders se ore sit is op hulle sitvlakke glo my ek het baie pak gekry en ek ding ek moes meer gekry het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.