Gr. 7-leerder met panga, messe betrap

Foto: Verskaf.

ʼn Gr. 7-leerder van die Oos-Kaap het ʼn ernstige waarskuwing van die polisie ontvang nadat messe, ʼn panga en ʼn speelgoedvuurwapen in sy besit gevind is.

Ao. Moitheri Bojabotseha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandag in Barkly-Oos plaasgevind.

Beamptes het glo ʼn wenk by ʼn lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ontvang oor ʼn gr. 7-leerder wat moontlik ʼn vuurwapen in sy besit het.

“Die polisie het na die seun se ouerhuis gegaan en sy kamer is deursoek. Daar is niks gevind nie. Die seun het gesê die polisie moet by sy vriend, ook ʼn gr.7-leerder,  se huis gaan kyk. Die twee messe, een panga en ʼn speelgoedvuurwapen is toe by die vriend se huis aangetref,” het Bojabotseha gesê.

Daar is beslag gelê op die wapens.

Botjabotseha het gesê niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar dat die twee leerders ernstig gewaarsku is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hulle sê nie hoe oud die gr. 7 leerder is nie. Dalk seker al 20 en weet presies wat hy doen.

Piet Pompies ·

Op die foto lyk dit vir my eerder na ‘n kombuis mes, oorblywende gedeelte tuin skêr en ‘n speelgoed geweer.

Karolis ·

Okapi mes, een gedeelte van ‘n tuin/gras skêr, pistool.

Penellope Jones ·

Net ‘n waarskuwing?
Moet daar nie met die ouers/voogde ook gepraat word nie . . . . .

Jassie ·

Maar Lesufi stoom voort om hierdie wetsgehoorsame leerling wat NET WIL LEER en ook ‘n goeie EDUCATION wil he in die Afrikaanse skole te probeer indruk. Amazing hoe alles so skielik uitmekaar val.

Johnny Smith ·

Lees ek verkeerd of wat ? Die artikels is binne ‘n privaat woning gevind. Het ek iets gemis, van wannneer is dit onwettig om die artikels te besit ?

Andre ·

Is dit nou nuuswaardig, dit lyk soos speelgoed en stukkende tuingereedskap. Wie het nie n mes nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.