Gr. 7 op skoolterrein met mes doodgesteek

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

Die polisie in die Oos-Kaap het die voorval waarin ʼn 15-jarige leerder glo ʼn 16-jarige klasmaat met ʼn mes doodgesteek het, ten sterkste veroordeel.

Na bewering het die twee seuns, albei gr. 7-leerders aan die Mpekweni Primary School op die dorp Peddie, halfpad tussen Grahamstad en King William’s Town, Vrydag omstreeks 09:00 op die skoolterrein gespeel.

Kol. Sibongile Soci, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die verdagte het ʼn mes by hom gehad. “Terwyl hulle gespeel het, het die verdagte die oorledene na bewering in die bolyf gesteek.”

Hy is dadelik vir mediese behandeling na ʼn nabygeleë kliniek gebring, waar hy by sy aankoms dood verklaar is.

Soci sê die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die moord op die leerder sal deel van hul ondersoek uitmaak. “Die 15-jarige is in hegtenis geneem.”

Genl.maj. André Swart, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die “sinnelose” moord op die seun veroordeel. “Polisielede sal hul gereelde besoeke aan en lukrake soektogte by skole ingevolge ʼn ooreenkoms met die Oos-Kaapse onderwysdepartement opskerp.”

Mlungisi Mvoko, Oos-Kaapse LUR vir onderwys, het sy meegevoel aan die oorledene se naasbestaandes betuig. “Ek hoop die Here sal hulle in dié moeilike tyd vertroos,” het hy gesê.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Mali Mtima, sê hulle het berading vir die skool se personeel en al die leerders gereël, berig African News Agency.

Volgens hom was dit die skool se atletiekdag. Na bewering het die 15-jarige die mes geneem en vir die 16-jarige gewys hoe om dit te gebruik. “Hulle het gespeel toe hy hom per ongeluk steek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Francois ·

Ja hoor, hoe steek jy iemand per ongeluk dood met n mes….?

June van Zyl ·

Hoop hulle kry “per ongeluk” die regte storie oor hoe iemand sommerso voor ‘n mes inspring.

liefie ·

Nou laat die die edele LUR nou daar opruk en ondersoek doen. Wraggies dis erg.

toy ·

Hete gr 7! Wow en die speelgoed is ‘n mes. Ek het nie meer woorde nie.

willem Botha ·

My kinders vat boeke en skryf benodigdhede skool toe , nie messe nie ek wonder wat hulle met messe doen??

Pieter van Rensburg ·

Ek het darem ten minste n spintop met n dik tou ook gehad. Die een met dir duimspyker in die middel

Pieter van Rensburg ·

In graad 7 het ons met kleilatte langs die rivier gespeel en mekaar ingestamp. Vandag se kinders sien te veel geweld op tv en selfs sosiale media.

Stuiwer ·

Pieter van Rensburg, dit het baie met opvoeding te doen. Ongelukkig kry sommige kinders nie juis ‘n ideale voorbeeld by die huis nie. Daar is nie goeie rolmodelle nie.

Ekke ·

O Ye come again… “per ongeluk doodgesteek” wat soek hy in elk geval met ‘n mes by die skool… of dit nou atletiek was of nie . Altyd vinnige verskonings… hoekom moet iets drasties altyd eers gebeur voordat sogenaamde veiligheidsmaatreels opgeskerp word??

alida ·

Die LUR het nou iets om hom mee besig te hou en sy aandag van rassisme af te trek.
Daai “kinders” is dan al uitgegroeide mans !!!! Hou gevaar in vir die kleintjies.

verbysterd ·

dit is nie dieselfde LUR wat by Sweizer vetrokke is nie….

Piet Pompies ·

Heelwat Gr7 leerders was begin van die jaar met die eerste dag van skool afwesig, hulle het hul kinders by die kleuterskool gaan inskryf.

Jan pierewiet ·

Sjoe dis jammer. Simpatie.

Aan die onrus maak eenheid….. hier is ‘n kind oorlede. Waar is julle vandag.?

Anoniem ·

Dit gebeur ongelukkig so maklik om iemand per ongeluk dood te skiet (bv as 2 kinders sit en vroetel aan ‘n gelaaide vuurwapen), maar hoe op aarde steek jy iemand “per ongeluk” dood? Hierdie was nie ‘n klein snytjie nie – die kind is dadelik na ‘n kliniek geneem, maar by aankoms dood verklaar. Hy is dalk in die hart gesteek, of het baie vinnig uitgebloei. Ek glo moeilik dit was ‘n ongeluk.

wilma ·

Gesels nou die dag met ‘n huishulp wie se matriekseun dié jaar 22 word.

marlyn ·

15 en 16 in GR 7 moes hulle nie GR9 en 10 gewees het nie hulle is n gevaar vir die laerskool kinders

Sanna ·

Dit was duidelik ‘n nie-rassige doodsteek gewees, die dat geen LUR hul daarmee sal bemoei nie.

verbysterd ·

dit is nie dieselfde LUR wat by Sweizer betrokke is nie….

Alida ·

Ek weet. Hulle almal is rasbehep. Wat soek hy met n mes in sy sak in die eerste plek. Hy moes al in graad 10 gewees het.

Cobus ·

Ontspan mense. So te sê almal is 15 of 16 in graad 7.
So hulle is nie ‘n gevaar vir die ander nie.

Eddy ·

Skole is deesdae glad nie meer veilige hawens nie.Jeugdiges is ongemanierd,gebruik dwelms en is net plein ongemanierd..Ek key onderwysers jammer want hulle het hul hande vol met die stoute kinders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.