Gr. 7-seuns verkrag glo gr. 2-meisie

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag gesê hy is baie bekommerd en ontsteld oor die voorval waarin vier gr. 7-seuns glo ʼn gr. 2-meisie in die seunskleedkamer van ʼn Randburgse laerskool verkrag het.

Oupa Bodibe, waarnemende woordvoerder van die departement, het gesê die beweerde verkragting het in Maart vanjaar by die I R Griffiths Primary School plaasgevind toe die skool tydens die vakansie ʼn sportkamp aangebied het.

“Vier gr. 7-seuns het na bewering ʼn gr. 2-leerder in die seuns se kleedkamer verkrag. Die betrokke leerling het nie dadelik die voorval aangemeld nie. Sy het egter by haar ouers gekla dat sy pyn verduur in haar privaatdele en is gevolglik na ʼn dokter geneem vir ʼn ondersoek. Dit is toe dat daar vasgestel is dat sy gepenetreer is,” het Bodibe gesê.

Die meisie se ouers het die voorval by die polisie aangemeld en twee van die seuns het op 8 Mei reeds in die plaaslike landdroshof verskyn. Hulle is in hul ouers se sorg vrygelaat.

Die meisie se ouers het die skool ook van die verwikkelinge ingelig. Die skool het die beheerliggaam ingelig en tugstappe is op 11 Mei teen die vier seuns geneem. Twee van die vier seuns is daarna vrygespreek en daar is aanbeveel dat die ander twee geskors moet word.

“Die skool het Vrydag sy voorstelle aan die hoof van die departement gestuur vir oorweging.”

Die twee seuns het Dinsdag weer vir die tweede keer in die landdroshof verskyn. Alle leerlinge wat deur die betrokke voorval geraak is, is na die Teddy Bear-kliniek verwys vir sielkundige ondersteuning en berading.

Die saak en ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Helen ·

Want ouderdom tel mos nie meer nie?? jy kan nou 18 wees in graad 7 of 21 in matriek.
Hulle se 4 seuns in gr 7. Nou die vraag hu oud is die seuns wat dit gedoen het?
Wragtig jou kind is nie meer veilig in n skool nie!!!

Stellie ·

Gr 2 dogtertjie. Arme poppie. Hoe kan een kind se lewe so verwoes word deur kinders wat eintlik nog met karretjies in die sand moet speel? Die vraag ontstaan, wat gaan in daai ouerhuise aan?

Lanie ·

Ek is nie so seker dat dit noodwendig ‘n geval is van wat in die ouerhuise aangaan nie…
Het jy al gesien wat die kinders deesdae op laerskool leer? Daar word lesse oor voorbehoeding en seks aangebied.

Ek het jare gelede deur my broer se gr6 boek geblaai en ek onthou die opskrif vd een les so goed… “Jy mag nee sê vir seks”.

Kinders is nuuskierig – hulle leer van hierdie goed op ‘n jong ouderdom en wil eksperimenteer.

In die ou dae het kinders nie al hierdie goed op so jong ouderdom geleer nie en was hulle baie meer onskuldig en dom op die gebied

Lynette Rall ·

Stellie – ‘n Gr7 kan in ons land n 17-jarige wees – hoekom neem jy aan dat hy nog met karretjies in dir sand moet speel?

Reitjie ·

Graad 7 en Graad 2 kinders hoort nie op dieselfde terrein nie. In die ‘ou dae’ wat so aaklig vir mense was, was die jonger standerds/grade op hulle eie op ‘n toer gestuur en die oure kinders op hulle eie. Twee is klaar weer vrygespreek en hulle OORWEEG skorsing van die ander twee. Kom ons wed as die ouers ‘n groot bek opsit, gaan hulle net berading kry en weer terugkeer skooltoe ongeag die feit dat hulle ‘n dogtertjie se lewe VERWOES het. Dis siek man. Keer terug na die OU waardes en OU dissipline, maar nee, alles wat gewerk het moet mos vernietig word en DIT IS DIE GEVOLGE van geen dissipline in ‘n skool nie .

CAREN POTGIETER ·

Omdat God uit die huise en skole is en SEKS in die kinders se keelgatte af gedwing word in die skole en media!

Ai ·

4 verkrag haar en twee stap vry weg van dit. Sal die koerante oor tien jaar dop hou, hulle sal weer opslae maak.

Arme dogtertjie. Weet nie hoe getraumatiseerd die arme kind is na so iets nie. Sterkte aan die gesin.

Hdhdh ·

“as GODDELOSE MENSE REGEER, regeer die SONDE ook, maar die mense wat die wil van die Here doen sal sien hoe die goddeloses ondergaan”
Spr29:16

Anton ·

Die uitsendings op TV met meerendeels verkeerde ouderdomsperke dra ook by tot nie-toepaslike beeldmateriaal wat vir die verkeerde gehore vertoon word

Frans C ·

Sagte heelmeesters maak stinkende wonde. Was lyfstraf nog in, sou verkragters twee keer
gedink het voordat hul so’n afskuwelike daad gepleeg het.Twee jaar oud en jou lewe word verwoes en twee loop skotvry!

Arme kind, geen wonder gemeenskappe dreig alhoemeer om reg in eie hande te neem.

Callie ·

Hoekom word kleur nie genoem in alle gevalle van misdaad nie. Gaan dit daaroor dat die waarheid nie meer in SA gepraat mag word nie. Wittes wat iets noem wat nie POLITIEK korrek is nie word beboet en verskyn in hof. Verkragting, daar gebeur niks. 2 reeds vrygespreek

Amanda ·

Ek het n dogtertjie in Gr R en ek sal sweerlik dai seuns vermoor!!! Hoekom hou die skole ni di kleintjies apart vd groter kinders ni? Net in Gr R is hulle apart. Gr 2 is nog bitter klein!! My hart so seer vir dai kind.

Stem saam ·

Ek stem saam Amanda, die vale hel sal los wees as so-iets met my kind/kleinkind gebeur.

John ·

Nuwe Suid Afrika. In elk geval, hoekom is die lear grade soos graad 1 en 2 nie geskei vanaf ander nie? Siek!

Sssss ·

Dis omdat daai story van kinders word gesien en nie gehoor nie . Nie meer tel nie vandag se kinders ken een doen meer al die groot mense , dis die ouers se skuld hulle het die kinders so groot gemaak

Pitbull ·

Een hoofrede vir al die perversie en verkragtings is dat mense en kinders vrye toegang tot pornografie op selfone het en kyk na die gemors wat opTV gewys word. Ons leef in ‘n tyd waar mense geen vrees meer vir God en Sy gebod het jie. Dis ‘n kwessie van “anything goes”. Die einde is naby!

Alta saunders ·

Ek stem saam. Omdat God Yahweh nie meer welkom is in die skole nie en daarmee saam dissipline en ons land deur Lucifer en sy trawante revere word gaan dinge net erger word.

Rina Kotze ·

Pittbull, ek kan net AMEN sê op jou kommentaar.

My ander bekommernis, ouers wat nie omgee nie, laat hul kinders enige ding kyk en sulke ouers weet gewoonlik nie wat op die kind se selfoon en in sy lewe aangaan nie. Ook nie wie sy vriende of hulle agtergrond is nie.

Daai seuns kort almal ‘n goeie pak slae en ek hoop hul kry die regte straf. En skorsing, beslis JA!

Mag die Here die arme dogtertjie help om deur hierdie trauma te kom.

Pim09 ·

Julle is belaglik as julle dink Gr2’s en Gr7’s moet apart gehou word. Dit het nog nooit so gewerk nie, hoekom nou? Dit was tydens ‘n sportkamp, klein en groot op Laerskool het dieselfde afrigters. Skole het nie geld vir meer afrigters nie. Nie eers Afrikaanse skole nie. Hierdie is ook nie die eerste keen dat dit gebeur nie. Mense is baie naief as hulle dink sulke dinge gebeur nie reg oor die wêreld nie.

AG siestog PIM09 ·

Nou is ons belaglik? NEE in ons skole, en ook in my SEUN se skool is die laer grade en hoer grade NOOIT OOIT op dieselfde toer gestuur nie, hulle is ALTYD geskei, en het aparte TOESIG gehad. Seker nie in JOU valley nie, maar lyk my nie ons is van dieselfde dam se eende nie. So noem my maar BELAGLIK ou PIM09, ten minste is ons kinders nie toe VERKRAG nie. NAIEF? Sjoe , dit is darem BAIE ongevoelig teenoor ‘n klein mensie wat wreed VERKRAG IS, ons moet dus dit aanvaar as die NORM hier? Mag ek nooit in jou siek wereld leef nie!

mads01 ·

Pim09 ek stem nie saam jou nie. Want eerlik jare terug het die laerskool die ouderdom groepe op gedeel dat die Gr 1’s tot Gr4′ apart speel en dan Gr5’s tot Gr7’s apart. Juis oor ouer kinders die klein kinders bully. So op n kamp behoort hulle ook apart. Eintlik moet daar teen volle toesig wees op n kamp. Seuns en dogters moet verskilende toesig he. Nie een onderwyser oor almal nie. Dis vekeerd!! En die Gr7 seuns moet gestraf word op die harde manier. Want dit is siek om te weet wat doen of dink daai seuns. En die meisie is gr2. Ouderdom van 8. Ek is self n mamma en my kind is 4. Het ook so trapie af gestap in n kleuter skool. Jammer maar dis onaan vaarbaar om dit toelaat dis eerstens die onderwysers by skool wat moet vol toesig hou. En dan ouderdom groepe wat apart moet wees. Daai seuns word vroeg geleer van vekeerde dinge dit kom van ouer huis of ander maatjies. Groepsdruk. Sterkte vir die ouers van die dogter wat hier deur moes gaan.

Young1 ·

Dis walglik. Die seuns moet dan soos volwassenes hulle straf vat …reguit tronk toe…nou sal net twee miskien iets oorkom…. rerig pateties van ons regstelsel…
die arme meisie…hoe help mens so n jong mensie so n gruwel daad verwerk. Ek werk self by n skool …laer en hoërskool kinders het pouses apart aparte badkamers….en by die kleintjies het verskillende ouderdomme verskillende pouses om sulke probleme te verhoed van seerkry…. Dis skool het natuurlik geen stelsel of reëls in plek nie. Kinders maak en doen nes hulle wil. Sterkte aan die ouers van die klein dogtertjie…ek hoop geregtigheid geskied vir julle meisiekind

Young1 ·

Jy werk heel duidelik nie met kinders nie….. As jy mooi dink om Gr2 en 7 ‘s wegtehou van mekaar moet gebeur… graad 7 ‘s is groter en baie meer aggresief as kleintjies…. Hulle is meer volwasse emosioneel op n vlak wat hulle goed begin uittoets. Ek werk by n skool en weet al te goed wat hulle kan aanvang. Graad 2’ s is nog onskuldig speel pop en hardloop rond waar graad 7’s al dink aan sex en meisies en en en …… dis nie meer 19 voetsek nie…. dis n wreede afgryslike wêreld daar buite …en ja dit gebeur orals…. maar dit maak dit nogsteeds nie reg nie….

lvd ·

Regstelling: dit was tydens n sportkamp in vakansie tyd. So niemand kon geskei word soos in ons jare nie. Dis bitter tragies vir die piep-jong dogtertjie. Wat maak dit saak of dit oor die wêreld gebeur Pim? Hopelik nie n naiewe opmerking nie? Dis swak redenasie

Marlize ·

Haal die seksvoorligting wat nou op laerskool al verpligtend is verdomp weg! Pleks v tienerswangerskappe verminder is daar nou n toename want kinders wat emosioneel nog glad nie gereed is nie word hopeloos te veel oor seks vertel.. hulle is nie naastenby emosioneel volwasse genoeg vd info wat op hul afgeforseer word nie en dit maak hul jare voor hul tyd al nuuskierig.

Rr ·

My graad R dogtertjie doen home schooling by n private tutor. Ek het gedrink daaraan om haar in n Laerskool in te skryf volgende jaar. Nee wat. Sy bly waar sy is.

VJG ·

En WAAR was die sogenaamde “toesighouers”? Ek hoop hulle word ook aangespreek en/ of af ge dank!!!
Hierdie kleine mensie se lewe is verwoes!

Chris Nel ·

. . . . jammer vir die ENGELS,
maar die vertaling is meer korrek

lees 2 Kor 16:14-18

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.