Gr. 8’s glo met strykyster gebrand

Argieffoto

Argieffoto

‘n Senior prefek by die Hoërskool Voortrekker in Pietermaritzburg is geskors na skokkende bewerings van aanranding en selfs marteling by die skool se koshuis, berig Beeld.

Die ouers van ‘n 14-jarige seun het hom uit die skool gehaal nadat hulle agtergekom het hy is op ‘n “sadistiese wyse” aangerand. Die tienerseun het derdegraadse brandwonde op sy boud gehad wat vir twee weke nie behandel is nie, berig die koerant.

Beeld berig dat die skool se gr. 8’s deur gr. 12-leerders aangerand is, kaal in die gange moes hardloop, hul klere moes uittrek om gefilm te word en ‘n mengsel van warm water en asyn drink voor hulle oefeninge moes doen.

Die gr. 8’s moes glo ook geld bedel en dit aan die seniors gee . Hulle is glo ook met ‘n warm strykyster op hulle boude gebrand.

Jan Nel, hoof van die skool, sê die voorval is ‘n vlek op die skool se reputasie. ‘n Senior prefek in intussen in verband met die voorval geskors.

Nel het aan die Beeld gesê dat ‘n interne ondersoek van stapel gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justi ·

Dit is baie sadisties! Goeie genade waar kom die kinders aan sulke neigings?

My persoonlike mening is dat sulke sadistiese kiners eendag net sulke sadistiese neigings op hul kinders sal toepas. Neem daardie “siek” kinders na n sielkundige…hul hoort nie saam ander leerlinge nie.
Neen wat ek is geskok! Waarheen is die jeug oppad?

Sterkte aan die leerlinge wat so wreed en onnodig afgeknou en geboelie is.

VerVanRyn ·

Voor mense begin modder gooi en sê die onderwysers op die gange is ook verantwoordelik wil ek noem dat ek self in hierdie koshuis was. My Christelike beginsels het my nie toegelaat om deel te neem aan hierdie praktyke nie en ekt dit teengestaan met die gevolg van jare se ekstra leiding. Die onderwysers is magteloos, want die senior studente doen dit in die vroeë oggend ure terwyl almal lekker slaap en daar geen toesig is nie. ‘n Groot probleem lê wel by hierdie hoof van die skool, hy het vir jare weg gekyk terwyl sulke goed gebeur. Gaan mens na hom sê hy vir jou jy moet groot word en dit as “pret” aanvaar. Moenie dink hierdie seun wat geskors is is alleen verantwoordelik nie, sy senior maats het waarskynlik gestaan en toeskou met die voorval.

Jen ·

Daar is n ou gesegde……..”n vis stink vanaf die kop”. Die probleem in Voortrekker is dat die hoof en sy personeel geen beheer het oor die skool nie. Dit is tyd dat Jan Nel se termyn nou verstrek sodat daar plek gemaak kan word vir nuwe bestuur. Hopelik sal hulle meer ruggraad he om sukkel “boellies” en hul ouers vas tevat! Daar was onlangs n ander voorval waar n kind geslaan was in die seun se kleedkamers en dit was ook goed gekeur deur n prefek. Wie kies hierdie monsters tot prefekte? Daar is n eenvoudige oplossing, skors die hele lot en neem stafregtelike aksie!

Joe Van Rooyen ·

Dagvaar die skool, dan sal jy sien hoe vinnig hulle dit sal voorkom, wie het die mag? Die kinders? Dan is die personeel beslis nie opgewasse vir hulle poste nie!! Ek laat my nie voorse dat “dit buite die onderwysers se beheer en hande is” nie!! Daar is 1001 maniere en metodes om so iets dadelik te laat stop en so ook dat die personeel dadelik in kennis gestel word indien so iets weer begin. Die vraag bly egter, hoeveel moeite word gedoen?? Te besig om die wildsfees en skool gelde te tel…….

Chantelle Rohl ·

Die Koshuis vader is ook skuldig hieraan, hy en die res van die spul betrokke by die voorvalle moet geskors word en aangkla word met aanranding- die ouer moet n prokureur gaan sien en die koshuis dagvaar.

SKANDE! ·

ABSOLUE skande! Hierdie tipe mens eindig op die ou end soos die vieslike kindermishandelaar van Springs se gruwelhuis. VerVanRyn – jy moes MEER gedoen het – JAMMER! Net om te sê jy het agv jou beginsels nie deelgeneem is NIE goed genoeg – jy moes agv jou beginsels meer gedoen het. Mens kan nie altyd skuil agter dit of dat al moet jy koerante toe gaan. Dis nes die klomp wat geweet het wat in Springs se gruwelhuis gebeur het en te bang was om dit aan te meld – NET so skuldig indien jy nie IETS doen nie. Ontgroening het die euwel van die eeu geword. Ek hoop hierdie word tot op die been oopgevlek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.