Gr. 9-skoolverlaters kry dalk binnekort sertifikaat

Die nasionale onderwysdepartement sê ʼn proeflopie vir die sogenaamde Algemene Onderwyssertifikaat wat vir skoolverlaters in gr. 9 beplan word, gaan na verwagting teen die einde van Julie aanstaande jaar afgehandel wees.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Donderdag by die jaarkongres van die South African Democratic Teachers Union (Sadtu) gesê ʼn konsepraamwerk vir dié sertifikaat is reeds ontwikkel.

“Assessering en die voorgestelde eksameninhoud vir die Algemene Onderwyssertifikaat word ondersoek en is reeds tydens ʼn vergadering aan die hoër onderwyskomitee voorgelê. Die tegniese beroepsvakke is saamgestel en aan Umalusi [die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding] vir goedkeuring voorgelê,” het Motshekga gesê.

Die minister het gesê die departement werk aan die instelling van verskeie kwalifikasies – waaronder die Algemene Onderwyssertifikaat – vóór die gr. 12-kwalifikasie.

Angie Motshekga. (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

Die voorgestelde kwalifikasie vorm deel van die departement se pogings om gehalte en doeltreffendheid te verbeter deur die inwerkingstelling van gestandaardiseerde assessering om die getal druipelinge, herhalers en skoolverlaters te verminder.

“Ons beoog om ʼn stelselwye assessering in strategiese grade te doen deur voorbereiding en tegniese standaarde daarvoor af te handel, sodat hoëvlak- nasionale en provinsiale monitering gedoen kan word,” het Motshekga gesê.

Die eerste stel evaluasies word in gr. 3, gr. 6 en gr. 9 gedoen en gaan teen Junie aanstaande jaar afgehandel wees. Die toetslopie vir die Algemene Onderwyssertifikaat word dan ʼn maand daarna afgehandel.

Die minister het gesê die departement is ook besig met die dringende inwerkingstelling van die verpligte twee jaar lange vroeë kinderontwikkeling wat voor gr. 1 gedoen moet word, asook ʼn verskuiwing van die verantwoordelikheid daarvoor van die departement van maatskaplike ontwikkeling na die onderwysdepartement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Wenz ·

Nou het ek als gehoor. Die kinders van vandag is alreeds so uit hand uit….. Nou nog dit ook

Wondermaarnet ·

En waar gaan hulle werk kry? Die ANC gaan almal seker forseer dat ten minste 50% van maatskappye se werkers moet mense met ‘n Gr. 9 sertifikaat wees. Ek sal nie so ‘n persoon aanstel nie. Nie eers as ‘n skoonmaker nie. Te lui om te leer beteken te lui om te werk.

Ben ·

Ai hulle kan nie eers werk kry met vandag se grade nie,wat gaan dit help?

alet ·

Siestog. Hulle het dit al in 2006 probeer en toe weer van die plan afgesien na druk deur vakbonde en ander kundiges wat aangevoer het die sertifikaat gaan niks vir skoolverlaters beteken nie en eintlik net tot NOG groter werkloosheid bydra. #planloos #geentoekomsvisie

Gatiep ·

In my besigheid kwalifiseer vir arbeiderpos. Staatsdiens Direkteurspos.

Willem ·

Maw indie ou taal std 7? Hoe gaan dit die “digital revolution” help wat ons president so mee spog?

Annet ·

Ek verstaan nie hoe hulle wil he ons moet ons kinders groot maak nie. Eers wil hulle n wet uit bring dat ons nie meer mag pak slae uit deel nie en nou dit. Dis hoekom die kinders hand uit ruk van vandag. My kinders gaan duidlik nooit matriek sien nie. Tensy ons as ouers hulle na universiteit of collage stuur om hulle matriek te kry.

Ekke ·

Dis REG – dwing nou maar almal tot die laagste standaard – stoepsit en neuskrap! Daar is reeds geen dissipline meer nie.

Petro ·

Die vrou is van haar kop af… 15 jariges op straat wat werk soek…. Dis so belaglik ek het nie meer woorde nie…

Judge Dredd ·

Nee – die leerlinge wat hierdie graad 9 uitree sertifikaat sal aanvaar sal nader aan 20 wees.

Nonnie ·

Die maatskappy vir wie ek werk stel baie gereeld vaste termyn werknemers aan, wat net vir ‘n sekere periode werk. Hierdie mense doen algemene skoonmaak werk, maar jy moet steeds matriek hê. Hierdie graad 9 leerders gaan dus nie eers in aanmerking kom vir hierdie poste nie, werkloosheid syfer raak hierdeur net hoër en hoër!

Mel ·

Dis n tweesnydende swaard hierdie. Aan die eenkant goeie nuus om droogmakers in die werklike wereld in te kry en die skole swaar van hul ongemotiveerde en ontwrigtende doen en late. Aan die ander kant gaan daar ontploffing van ongehude baba wees en tienerpappies wat weghol soos gewoonlik van hul verantwoordelikheidjies. Of hulle kan gouer entrepreneurs word en van die onnodige akademie ontsnap. Teen graad 9 kan enige persoon weet of hulle dr of werktuigkundige will wees. Skole mors die handvaardige en tegniese leerlinge se tyd. Maar dalk sal die bierbrouers en dwelmssmouse soveel nuwe kliente ooparms verwelkom.

Rusty ·

Moenie veralgemeen nie. Nie alle kinders ruk hand uit nie. Opvoeding begin in elk geval in die ouerhuis en nie by die skool nie.

Annet ·

Stem 100% saam jou. Dis ons as ouers se plig om seker te maak ons kinders ruk nie hand uit nie.

Cora Simpson ·

Daar is baie “ouer” leerlinge nog in die laerskool. So jy sal ‘n standerd 5 sertifikaat een van die dae ook kry

BB ·

Sertifikaat of geen sertifikaat BAIE kinders verlaat in elkgeval skool voor hul matriek het dis nie asof hul skielik gaan beter werk kry oor hul n Gr9 sertifikaat het nie die besighede kan steeds besluit of hul mense met Matriek of sonder Matriek wil aanstel…. of verstaan ek iets verkeurd dat almal so op hop gaan oor n simpel sertifikaat?

Michael P ·

Ek wonder wat se Standard het die ewe Angie geslaag? weet iemand dalk.

netta ·

Binnekort as jy jou kind gaan registreer met geboorte ,dan kwalifiseer hy sommer klaar vir n matrieksertifikaat…as dinge so aanhou…

Elna ·

Mense met matriek en grade agter hulle name kry nie eers werknie hoe gaan n graad 9 werk kry? Werkloosheid syfer styg al hoe hoër, nee maar gaan aan. Kom ons kyk waar gaan als op eindig. Ons gaan almal een van die dae in kamma land bly.

Verskil ·

Glad nie waar nie. Die werkloosheidsyfer onder gegradueerders is iets soos 7%. Jou negatiwiteit, soos meeste Afrikaners op hierdie forum, is onrealisites.

Anoniem ·

Weet nie waarom al die bohaai. In die apartheids era het daar duisende kinders die skool verlaat in std 7 en suksesvolle ambagsmanne geword selfs was daar spesiale skole gewees en daardie kinders was opgelei gewees in ambagte en het van die beste ambagsmanne en selfs besigheids manne geword. Ek persoonlik voel daar word teveel gemaak van papier kwalifikasies terwyl daar mense buite sit sonder werk wat baie goed is met hul hand vaardighede. Ek het vir n baie groot drukkers maatskappy gewerk in teen deel seker die grootste in ons land en hulle het besluit om net ambagsmanne met N4 en meer aan te stel. Ek het nie die beleid gevolg nie en het mense met N1 aangestel en my N1 ambagsman het kringe om van die N4 en 5 ambagsmanne gewerk. My gevoel is ook dat wanneer n ambagsman N4/N5OF N6 bereik het hy/sy nie meer met gereedskap wil werk nie maar eerder in n kantoor wil wees soos n tegnikus of ander posisies.Ek mag verkeed wees maar is nog nooit verkeerd bewys nie. Gaan terug in die geskiedenis en kyk wat was die ambagsmanne van ouds se kwalifikasies. Die manne wat die Yskor’s,Usco’s,Littleton Ingeneurs werke,Vecor, Myne en ander groot industrie opgebou het

Neeltjie ·

Daai mense is die wat nog gewillig was om hard te werk, vandag sin wil in hoë poste in stap met n vet salaris maar kan nie eers skryf of dink en wil baas speel.

SjN ·

Die proeflopie gaan net so choas afgee soos alle vorige slae, wetgewing verbied my om werk te verskaf aan n minderjarige en is strafbaar, hoe nou Agie.

Henk Ackermann ·

Verseker het die regering nie gedink met die ding oortree hulle , hulle eie arbeidswette nie .

Judge Dredd ·

Hierdie graad 9’s gaan nie minderjarig wees…..nader aan 20.

S ·

Haha… S.A raak net beter en beter, dagga is wettig in jou huis, pak gee is onwettig, Gr9 is net so goed soos matriek, die polisie is net so korrupt soos die skelms wat vry is. Wats volgende?

Welkom by die nuwe Suid-Afrika !! Belaglik…

Tragies ·

Hierdie is tragies x 3. Geleerdheid is uiters kritiek vir enige land om enigsins suksesvol te wees.

Susan ·

hehe!! Verplig ‘n 5-jarige om skool te gaan en laat ‘n 15-jarige op straat sit sonder behoorlike onderrig. Klink vir my na ‘n najaag van maatskaplike “grants”. Ons land verval net elke dag meer-en-meer.

Sir Dik de Dunnerin ·

In SA is kinders tussen 6 en 15 verpligtend om skoolopvoeding (hetsy tuis/publiek/privaat) te ondergaan.

Ek onthou goed die dag in gr. 11/std9 toe ons leerkrag stil maar ferm opgemerk het dat – ons nie skoolpligtig is – dus werk of weg. Nogal epifanie

In daai dae kon jy nog ‘n std.8 sertifikaat gekry het – en dan verder by tegniese kollege gaan leer, of by stadsraad begrafplaas grafte gaan grawe/paaie reg gemaak het.
So moontlik manier vir skole om van hul ou-hout ontslae te raak.

Sir Dik de Dunnerin

Koos de Meyer. ·

Hulle gaan seker tegnies geleer word om met ‘n tang en draad te werk en so graad 9 sertifikaat kry. Werkloosheid is alreeds so hoog.

Melanie ·

Duidelik het die anc besef hulle moet nog duisend skole bou maar dit nie kan bekostig nie. Om die kinders toe te laat om eerder hulle neuse leeg te krap, ens., sal die anc nie meer skole hoef te bou nie. Dalk nasie bou ja, maar nie skole nie.

Pam ·

Ag hoe belaglik!!! Die land sit al klaar met ‘n hoë werksloosheid en misdaad syfer, wat dink die tannie gaan gebeur? Ek is bitter jammer, my seun (gr8) salop daai skoolbanke sit al het hy ‘n dosyn kinders om hom.

Michiel ·

Wat anders verwag jullie mense nou? Dit is hul standaarde. Hulle maak die wet. Ons moet gehoorsaam. Finish en klaar.

Marius ·

Hoe ver met ons standaarde nog verlaag om n beter slaag syfer te kry? Al wat bereik gaan word is kinders wat nog minder gaan doen want slaag is maklik. Ongelukkig word die makliker uitweg altyd geneem en niemand het die rug graad om die regte besluite te neem nie

Tersia ·

gaan nog wil universiteit toe gaan met daai graad 9 sertifikaat!!!!

jaco ·

is enige sertifikate dan hoegenaamd nodig? wat dan van regstellende aksie waar bloot die “regte” velkleur ‘n werk verseker?

De Villiers ·

Ek slaan my hande saam. Die intelligensie en logika van die ANC verbaas my net al meer, en hulle voel tevrede met hierdie besluit. Hiermee erken die ANC dat die huidige standaard in skole onder gemiddeld is, en die gaping tussen ons en die res van die wêreld hiermee groter word. Dink hulle nou dat as swak presteerders nie tot in matriek skool gaan nie, en die matrieksyfer beter vertoon, dui dit op beter onderrig? Hulle onderskat die intelligensie van die publiek, en vlug met hulself. Ek kan op hulle vlak redeneer nie, want hulle sal my nie verstaan nie. Na 25 jaar in beheer is dit nou die resultaat. Hulle het net geen trots in hulle nie, inteendeel, skande is hulle trots, en daarmee is hulle ook tevrede.

Verskil ·

Dis lankal die geval in eerste wêreld lande so al die plekke waarheen almal emigreer seker dan lank voor ons siek.

Werkloos op Vyftien ·

Gaan so ‘n kind op 15, met sy sertifikaat, nou as ‘n werklose beskou word, of gaan daar nog van die ouers verwag word om na hom om te sien? Wat as ouers dit ook sien as die einde van hulle finansiële verpligtinge teenoor die kind? Nee wragtig! Hierdie is nie deur ‘n pedagoog wat sy sout werd is deurdink nie…

Adam ·

Indie ou SA moes jy skoolgaan tot die ouderdom van 16 wat nou verlaag is na 15 jaar. Daar was toe ‘n Junior Sertifikaat (st8) en ‘n senior sertifikaat (st10). Die idee is dus niks vreemd nie, die kwaliteit van die onderwys wel en ‘n nog groter probleem is hoe die mense in die arbeidsveld geakkomodeer gaan word. In die vorige bedelimng was dit maklik vir die regering om die blankes, wat nie ‘n groot deel van dei bevolking uitgemaak het nie, met St 6 tot 8 in die SAS&H ens van werk te voorsien.

JohanR ·

Jammer…..kom van ‘n land waar Graad/Std/Form 10 Matriek is, en Graad 9 die jaar voor Matriek is.

Hannah ·

Dit is al lankal so. Leerders het n keuse of hul na Gr 9 wil skool verlaat of nie. Na Gr 9 is skool nie meer verpligtend nie.

James ·

Nog meer wat SASSA gaan kry vir werkloosheid… lekker in die land

JoeV ·

Seker net om die matriek slaag syfer beter te laat lyk, raak ontslae van die lae kwaliteit leerlinge vroeër uit die weg te ruim.
Mens moet net vra, as die persoon 14 of 15 jaar oud is, waar gaan hy werk? Dink nie dit sal ‘n groot probleem wees nie, baie graad 9 leerlinge is 22 jaar oud.

StanderdSewe ·

Hou die kinders so ongeskoold as moontlik vir so lank as moontlik, anders is die ANC se einde in sig.

Scalla ·

Hul kry hul M. A. Graad en ontvang staats toelaag. Hoekom werk.

Johan Coetzee ·

As julle so iets plaas kry net julle grade en standerds reg,soos ek dit lees is graad 9 standerd 7 net soos wat graad 12 standerd 10 of matriek is. Dit moet eintlik lees graad 11 of standerd 9 dan sal almal verstaan m a w graad 9 en 10 is dieselfde prestasie.

John ·

Wat ek nie kan verstaan as Engelse persoon. Jul ou regeering het in die 50 /60’s dan skool sertifikate aan standaard 6 en 8 skool kinders uitgereik!

Bittermin kinders het in die 1960’s matriek gehad. Mans op die spoorweë het daar gewerk met standaard 6 en 8 sertifikate.
Ek is geensins n vriend van die ANC nie. Ek sien hoe alles om ons plat val!

Dit kielie my net hoe jul Afrikaners jul ou dae so gou vergeet het. Het jou ouma en oupa matriek?

Alida Engelbrecht ·

A die leerling graad 9 (st7) geslaag het, behoort hy al te kan lees met begrip en te skryf. Hy sal darem sekerlik ook kan maal, deel, minus en plus. Hy kan seer sekerlik ook sukses
behaal as hy begin om “onnodige” skoolvakke agter te laat en dan verder te studeer by n Kollege vir n verdere 3 tot 4 jaar.

Yvette ·

Danien en BB Ek stem volkome saam met Jul. Ons sit op die stadium met kinders in Gr 9 Wat Baie goed in ambag Sal doen maar hul is oud en bly in skool oor ouers glo hul moet skool klaar maak. As daar n ambag rigting is v hierdie kinders Wat akademiese sukkel gaan dit Baie beter gaan. Op die stadium is daar Baie Gr 9s Wat sit in skool en geld mors oor hul verlig word om akademiese kwalifikasies te he en dis nie Wat hul kan bereik. Daar moet voorsiening v hierdie kinders gemaak word om vaardighede te Leer. Wat help dit n kind wurg deur akademiese matriek en hy kry in elk geval swak uitslae en is steeds nie opgelei v iets nie. Persepsies v mense moet Verander ons kort Baie ambags mense in hierdie land.

Yvette ·

Johan Ek Dink jy weet nie lekker nie. Graad nege is standerd 7 en dit moet graad nege lees en nie graad 11 nie. Mense moet hul eie kinders begin opvoed en hul kinders begin bystaan in watter rigting hul goed is Dan Sal Als nie so op skole geblameeer word nie. n Sertifikaat gaan nie nou jou kind dwing om skool te verlaat nie…. Dis niks nuuts dat graad 9 Lankal n uittree fase is nie Nog AL die jare. Geen standaarde het AL ooit verlaag nie. Matriek is moeilik om te kry en Def nie maklik nie. Moedig j kind aan en help hom in regte rigting en niemand hoef bohaai oor niks te maak. Ek merk Elke einde v jaar matriek vraestelle Baie ouers Wat so moan oor standaarde Sal glad nie daai vraestelle deur kom nie. Dit is nie maklik nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.