Gr R-leerders se belange seëvier

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het verneem dat dié graad R-leerders wat hierdie jaar 7 jaar oud word en deur die departement van onderwys verplig is om met die aanvang van die nuwe kwartaal oor te skuif na graad 1 voorlopig in graad R mag aanbly.

AfriForum was bereid om ouers by te staan met regshulp sou die situasie nie positief opgelos word nie.  “Ons is baie bly dat die situasie so verloop het en dat die belange van die leerders uiteindelik beskerm is,” het Carien Bloem, hoof van AfrForum se onderwysveldtogte gesê.

Ouers wat wel aansoek gedoen het dat hulle kinders in graad R mag aanbly, het skriftelike toestemming van die Gautengse hoof van onderwys, Boy Ngobeni, ontvang.  Ouers en onderwysers het egter geen terugvoer rakende die saak van hul distrikshoof ontvang nie.

“Ons raai ouers en onderwysers aan om in die toekoms betyds uit te vind wat die prosedure behels indien ʼn arbeidsterapeut of sielkundige aanbeveel dat ʼn kind nie skoolgereed is nie en ʼn jaar langer in graad R moet bly,” het Bloem gesê. “Sodoende kan daar betyds om vrystelling aansoek gedoen word en verhoed word dat die kinders ontwrig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Louis van Zyl Pretorius ·

Die werk wat julle en Afriforum doen is fantasties! Ek sit met n probleem. Dalk kan julle help. My dogter is 2 jr gelede 4h die oggend in Hermanus afgetrek vir sg dronkbestuur. Sy is op die toeneel deur 3 manlike polisie lede en n vroulike lid aangerand. Ook het hulle haar duur beursie met R800 gesteel. Sy het gedurende die aanranding kans gekry om in die kar te spring en haarself toegesluit. Sy het my dadelik gebel en toe Ek daar aankom was sy histeries. Ek het hulle aangevat Maar hulle het gesê sy het arrestasie “resist”! Die dronkbestuur klag was uitgegooi maar die aanranding en diefstal klag gebeur net mooi niks. Ons het n saakno en dit is dit. Die prokureur wat my dogter aangestel het is useless en na 2 jr is die polisie lede steeds op Hermanus se strate. Kan julle help?

Sune van Heerden ·

Dagsê Louis

Jou opmerking is outomaties gemerk, ons het dit intussen goedgekeur, jy hoef dit dus nie te verander nie. Ons sal jou navraag aan ‘n kenner deurgee.

Groetnis
Suné van Heerden
namens Maroela Media

Bouwe van der Eems ·

Navorsing het bevind dat daar ‘n sterk korrelasie is tussen negatiewe sosiale uitkomste en kinders wat op ‘n vroee ouderdom na ‘n formele instellings soos skole gaan. Gaan lees gerus by http://goo.gl/xCvG2l Dit sou dus nog beter wees as die kinders by die huis sou wees, eerder as in graad R.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.