Graad 11-leerling pleit skuldig op moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Graad 11-leerling het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, skuldig gepleit op die moord van ʼn veiligheidswag by die skool en roof met verswarende omstandighede.

Sphamandla Mkhize (19) van Amanzimtoti, het in die hof erken dat hy, ʼn neef en hulle oom in Mei-maand die veiligheidswag by sy rondawel vermoor en R1 200 van hom gesteel het.

Sphamandla sê sy oom, Shenu Mkhize, het hom en sy neef Sthubiso Xaba, oortuig om die veiligheidswag aan te val. Hy voer aan hy het net die slagoffer se knopkierie en spies opgetel toe dit tydens die struweling laat val is.

Hy is vol berou dat hy ingestem het om die wag aan te val. Hy het R150 van die R1 200 ontvang. Hy het glo R50 gebruik om alkohol te koop en R100 vir sy ma gegee.

Die slagoffer se ontbinde liggaam is in ʼn veld opgespoor.

Regter Jerome Mnguni het Sphamandla skuldig bevind aan moord en roof. Die saak hervan op 8 Oktober. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.