Graad 2 daag met vuurwapen by die skool op

Dalpark Primary School Foto: Google Earth

Die Gautengse departement van onderwys het die gedrag van ʼn graad 2-leerder by Dalpark Primary School in Brakpan veroordeel toe hy met ʼn vuurwapen met skerp ammunisie by die skool opgedaag het.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die leerder het Dinsdag met die vuurwapen by die skool opgedag. “Volgens die inligting tot ons beskikking het hy die vuurwapen skool toe gebring met die doel om ʼn ander leerder te beseer,” het Mabona verduidelik.

Die polisie is ontbied en beamptes het beslag gelê op die vuurwapen. Die seun is daarna na die Brakpan-polisiestasie geneem. “Die beamptes het die pa ook na die polisiestasie ontbied en ʼn saak is aanhangig gemaak. Die seun is nie aangekla nie en hy is later vrygelaat deur die polisie,” het Mabona bygevoeg.

Die leerder het teruggegaan skool toe en die polisie het vir hom berading gereël vir gedragsverandering.

“Die skool se beheerliggaam het reeds met die ouers vergader om die gedragskode van die skool te benadruk en die erns van die opdrag van hul kind te bespreek,” het Mabona gesê. “Daar is tydens die vergadering bepaal dat die leerder verdere sielkundige ingryping moet ontvang.”

Mabona het gesê die departement maan alle leerders om hulself te weerhou van wangedrag in skole en het ouers versoek om hulle by te staan om dissipline binne en buite die skool toe te pas. “Ons sal vinnig optree tydens voorvalle van wangedrag van leerders en onderwysers, aangesien dit by die departement aangemeld word.”

Die departement en die polisie kon nie kommentaar lewer waar die kind die vuurwapen vandaan gekry het en of enige stappe in die verband gedoen sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris Ws

Se liewer reguit hulle WOU nie kommentaar lewer oor waar die kind die wapen gekry het nie en ook nie aan wie die wapen behoord nie alhoewel hulle presies geweet het binne ‘n baie kort tydjie.

Jacques venter

Ek glo die seun is geboelie. Dis n deurlopende probleem

Willie

Die mannetjie kort ‘n helse pakslae en sy Pa ook. Dis die regte manier om ‘n gun skool toe te vat???

Sarie

Wàt ñ ongelukkige voorval. Ek dank die Vader dat niemand seer gekry het nie… Diè kind het moontlik ñ film op TV gesien waar iemand ñ vuurwapen gebruik het om ñ geskil op te los & sò ñ jong kind, kannie rerig die verskil tussen fiksie en die werklikheid onderskei nie… Sy pa of iemand, gebruik moontlik ñ vuurwapen vir sy werk. Hy kon nagskof gewerk het & was moontlik sò moeg dat hy gaan slaap het sonder om die wapen behoorlik te beveilig en die kind kon dit ongemerk geneem het… Ek twyfel of die kind se ouers daarvan… Lees meer »

M'Lady

Dit moet n wereld eerste wees. Nader die “Guiness Book of World Records”.