Graad 2 daag met vuurwapen by die skool op

Dalpark Primary School Foto: Google Earth

Die Gautengse departement van onderwys het die gedrag van ʼn graad 2-leerder by Dalpark Primary School in Brakpan veroordeel toe hy met ʼn vuurwapen met skerp ammunisie by die skool opgedaag het.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die leerder het Dinsdag met die vuurwapen by die skool opgedag. “Volgens die inligting tot ons beskikking het hy die vuurwapen skool toe gebring met die doel om ʼn ander leerder te beseer,” het Mabona verduidelik.

Die polisie is ontbied en beamptes het beslag gelê op die vuurwapen. Die seun is daarna na die Brakpan-polisiestasie geneem. “Die beamptes het die pa ook na die polisiestasie ontbied en ʼn saak is aanhangig gemaak. Die seun is nie aangekla nie en hy is later vrygelaat deur die polisie,” het Mabona bygevoeg.

Die leerder het teruggegaan skool toe en die polisie het vir hom berading gereël vir gedragsverandering.

“Die skool se beheerliggaam het reeds met die ouers vergader om die gedragskode van die skool te benadruk en die erns van die opdrag van hul kind te bespreek,” het Mabona gesê. “Daar is tydens die vergadering bepaal dat die leerder verdere sielkundige ingryping moet ontvang.”

Mabona het gesê die departement maan alle leerders om hulself te weerhou van wangedrag in skole en het ouers versoek om hulle by te staan om dissipline binne en buite die skool toe te pas. “Ons sal vinnig optree tydens voorvalle van wangedrag van leerders en onderwysers, aangesien dit by die departement aangemeld word.”

Die departement en die polisie kon nie kommentaar lewer waar die kind die vuurwapen vandaan gekry het en of enige stappe in die verband gedoen sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Chris Ws ·

Se liewer reguit hulle WOU nie kommentaar lewer oor waar die kind die wapen gekry het nie en ook nie aan wie die wapen behoord nie alhoewel hulle presies geweet het binne ‘n baie kort tydjie.

Rens ·

Ek het gisteraand gelees op Herald Live se FB blad, dat die seuntjie die geweer gekry het by sy ouerhuis. Hy het gesien waar die pa die geweer bere en dat die pa n taxi bestuurder is. My vraag was toe – ongeag jou velkleur, jou beroep – as jy kind het en daar is n geweer in die huis, bere dit op n hoe plek / kluis of in iets wat jy kan sluit en dra die sleutel saam met jou. Wat as die kind die geweer wou uit toets. Sad lewe waarin mens lewe , mens kan maar net elke dag biddend bly.

Jacques venter ·

Ek glo die seun is geboelie. Dis n deurlopende probleem

Didi ·

En as hy die kind geskiet het was hy die boelie genoen, ongeag van wat daartoe gelei het. Kinders word toegelaat om programme met geweld in te kyk waar dit maar ok lyk om iemand wat jou te na kom dood te skiet.

Willie ·

Die mannetjie kort ‘n helse pakslae en sy Pa ook. Dis die regte manier om ‘n gun skool toe te vat???

Sarie ·

Wàt ñ ongelukkige voorval. Ek dank die Vader dat niemand seer gekry het nie… Diè kind het moontlik ñ film op TV gesien waar iemand ñ vuurwapen gebruik het om ñ geskil op te los & sò ñ jong kind, kannie rerig die verskil tussen fiksie en die werklikheid onderskei nie… Sy pa of iemand, gebruik moontlik ñ vuurwapen vir sy werk. Hy kon nagskof gewerk het & was moontlik sò moeg dat hy gaan slaap het sonder om die wapen behoorlik te beveilig en die kind kon dit ongemerk geneem het… Ek twyfel of die kind se ouers daarvan bewus was… STERKTE aan almal wat betrokke is by die nagmerrie…

M'Lady ·

Dit moet n wereld eerste wees. Nader die “Guiness Book of World Records”.

Pastoor ·

Ek stem. Sy sitvlak moes nou nog gebrand het en die pa ook. Hoe kry n kind n wapen in die hande. Is daar nie kontrole nie. Uiters nalatig

Lou ·

In graad twee (agt jaar oud) is ‘n kind total ontoerekeningsvatbaar. Mens vat die wapen mooi weg by hom en kla die persoon aan wat die wapen beskikbaar gelos het. Die kind moes doodbang gewees het toe die polisie hom weggevat het. Hy ly tien teen een nou nog aan skok. Die polisie behoort vervolg te word. Hulle kan nie ‘n agtjarige kind in gevangenis neem nie.

LMF ·

Lou ek weet nie so mooi nie is dit nie liewers Klein getrein nie in die week in brakenfel kaapstad is my sister n naskool onderwyseres deur n 8 jarige lelik aangerand nadat sy hom hoof toe wou vat omdat hy ander kids met stoele gegooi het hy is toe net vir kwartaal geskors en vandag sluit die skole en hoe kwaad gaan hy nie vir haar wees nie as hy terug kom by skool dit is angswekkend

Anika ·

Moet glad nie kinders onderskat nie! Ek was in graad I toe ‘n seun in my klas vir my vra om na my tiekie te kyk. Hy kyk en ek gee dit terug vir hom. Hy gaan toe na die klasonderwyser en sê vir haar dat ek sy tiekie gevat het, die datum is bv. 1952. Sy neem die tiekie by my en ek kry ‘n pakslae! Kinders is slimmer as waarvoor ons hulle krediet wil gee. Die seun het goed geweet dat dit verkeerd is om die vuurwapen skool toe te vat en hy moet verseker gestraf word op die gepaste manier!

Annette ·

Ek dink sommige skole/personeel weet nie hoe om sulke situasies te hanteer nie. Wie verwag n graad 2 seutjie gaan n vuurwapen skool toe bring? Doen jy niks kan jy in die moeilikheid kom. Doen jy ‘te veel’ kan jy ook gekruisig word. Die skool, die seuntjie en sy ouers kan verseker baat vind met die regte leiding.

Anoniem ·

Ek hoop die boelie-situasie wat die leerder tot op hierdie punt gedryf het, gaan met net soveel ywer ondersoek en hanteer word?

Ja Nee ·

Ek stem 100% saam – ons ken nie die situasie nie, en ek dink daar moet vasgestel word vir wie hy so kwaad of bang was dat hy ‘n vuurwapen wou skool toe vat. Ek het telke male vanaf st. 6 tot matriek gevoel ek wil so iets doen, maar het gelukkig nooit – want die implikasies van so keuse is baie groot. Elke saak het twee kante.

Liefie ·

Vir n kind om n vuurwapen skool toe te neem is totaal onaavaarbaar maar wragtig ek is n ma van drie kinders en ook nou al goed keelvol vir die geboelie in skole. Die skole moet n beleid kry dat alle boelies onmiddelik permanent geskors moet word. Stuur die verduiwelse kinders na n spesiale skool toe. Hoekom moet onskuldige kinders aan boelies blootgestel word. Dieselfde mense wat hierso so lieflik kommentaar lewer, bevestig asseblief vir my of jy as ouer dood seker is jou kind met die engel gesiggie is nie self n boelie nie?

Anoniem ·

Dink jy werklik dis die beste manier om die saak op te los? Dink jy nie mens moet ook ondersoek instel of die kind moontlik wel geboelie is nie? As dit waar is dat die kind geboelie is, watter effek dink jy gaan ‘n “helse pakslae” op daardie kind hê?

Sarel Strydom ·

Hoekom was die pa of ouers nie aangekla vir nalatigheid t.o.v. vuurwapen nie?

Louis van Niekerk ·

Daar moet mos vasgestel word van waar die kind die vuurwapen gekry.het. Indien dit uit die ouerhuis gekom het moet die verantwoordelike persone aangekla word. Hierdie behoort as ‘n ernstige misdaad gehanteer te word

Petro ·

Hoe kan hulle die ‘gedrag’ van n graad 2 leerling veroordeel? Die kind het seker gedink dis n ‘speelding’? Nou word die kind gebrandmerk terwyl die ouer skotvry daarvan afkom :/ Ek dink nie die kind moet in die moeilikheid kom nie… Ek dink die OUERS moet vervolg word!!!

Sean ·

Nou moet die kind gaan vir gedrags verandering en berading, maar wat het daartoe gely dat die kind so ‘n ernstige stap wou vat teen ‘n ander leerder. Meskien word hy geboelie by die skool, vind dit eerste uit en stuur die boelie vir gedrags verandering.

Herman ·

Let wel dit moet lees om die “gedrag” van die kind te bespreek. Nie die “opdrag” nie.

Abie Blaauw ·

Lyk my opleiding – en veral praktiese opleiding – in gewapende roof, moord en doodslag begin vroeg in SA……..is dit regtig waarheen mense oppad moet wees?

E.K. ·

Die departement maan en maan en maan leerders en tog steur hul hul nie. Die geboelie gaan voort, kinders kom met vuurwapens skool toe – waar gaan dit eindig?!

E.K. ·

Terloops, waar kry hy die vuurwapen – is sulke geod nieveronderstel om veilig weggesluit te wees nie? Kla die ouers aan!

Kowa ·

Dit is nie vir my snaaks dat dit gebeur nie. Klein kindertjies word ‘n tablet in die hand gestop, om hulle uit mamma se hare te hou, waar hulle hierdie bloeddorstige speletjies op speel. Kill 20 “bad guys”. Hulle kan nog nie onderskei tussen fiktiewe “bad guys” en die “bad guys” by die skool nie. Vir hulle is ‘n “gun” net dit, to kill the bad guys.

Jon ·

en ons het cops and robbers gespeel? Mense moet stop om tegnologie te blameer vir die ouers se nalatigheid.

Willie ·

Die pa moet aangekla word vir nalatigheid van n vuurwapen. Wie het die kluis inspeksie gedoen, vir die uitryking van die vuurwapen? Lyk hulle begin kleins af moeilikheid maak…

Susan ·

Dit is baie hartseer. Hierdie seuntjie is klaar so ontwrig en duidelik deur boelies en weer eens ‘n seuntjie wat deur die stelsel, sy ouers en grootmense teleurgestel word. Hy het hulp nodig om die wrede aanslae van die lewe te hanteer en pak sal die grootste fout in sy geval wees. Hy is gr 2 en dit het na ‘n plan gelyk om ‘n ander kind seer te maak, moontlik die een wat hom seermaak. Die departement is gou om te sê hulle duld dit nie in skole nie, maar sal ook nie help deur iets te doen waar sulke kinders so geboelie word dat hulle op die ou einde aggressiewe kinders word of later kriminele nie. Dit is nie ‘n kind se skuld as hy so jonk al so is nie!!

Ja-Nee ·

Die kind was van plan om n ander kind te vermoor, en die kind is terug skool toe?!?!

Geskok ·

Ek verstom my oor die naiwiteit van party mense wat hier kommentaar lewer. Julle dink, ag shame, die arme klein seuntjie het gedink dis ‘n speelding en hy gaan die outjie vir wie hy kwaad is, daarmee “skiet”. Eerstens is daar nêrens genoem dat hy wel geboelie is nie. En tweedens – dit is die realiteit waarin vandag se kinders groot word. Hulle sien hierdie gedrag oral; op TV, by die huis, in die buurt. “Gangs”, ens, vier hooggety. Glo my, daardie kind het presies geweet wat hy doen en wil doen. Hy besef miskien net nog nie heeltemal wat die uiteinde van sy optrede gaan wees nie – ‘n ander kind is dalk dood. Permanent, hy kom nie terug nie. Julle vergeet, kinders so jonk as 8j is al skuldig bevind aan verkragting. Hulle sien dit om hulle gebeur, en dink dit hoort maar so.
Of dit nou Brakpan of die Kaapse Vlakte is, die geweld is oral ewe erg, en word net erger. Niemand is nêrens meer veilig nie. Selfs nie ons “onskuldige” bloedjies in die skool nie. Die groot probleem lê by die huis en wat in die omgewing gebeur. En voor ons slapgat regering nie daadwerklik iets aan ons wettelose toestand gaan doen nie, gaan dit net erger word.

susan ·

Ek verstom my ook aan mense wat wil hê die kind moet die blaam kry. Waarmee ek wel saamstem is dat die probleem by die huis ontstaan en die samelewing, kinders word onskuldig gebore en as jy nie kan sien dat daardie kinders se ouers en die mense wat hulle moet versorg daardie kinders so breek dat hulle sleg uitdraai nie. Sê eerder dankie jou kind kry liefde en aandag en bid vir hierdie kinders wat dit nie het nie en nou gebrandmerk word en dan is dit nie hulle skuld nie. Daardie kinders smag na liefde en die mense wat hulle kan help sê gee pak en skors, ek skud my kop vir sulke volstruis mentaliteit van grootmense

broos ·

as die skole/hoofde/onderwysers iets omtrent die boelies doen sal kinders (van enige ouderdom) nie hoef te voel dat hulle hulle self moet verdedig nie! dit is verskriklik hartseer om te dink dat dit is hoe ver ‘n kleinding sal gaan net om homself te beskerm omdat volwassenes nie wil nie

Stuart ·

Dis suidafrika vir jou niks verbaas my meer nie hulle sien by die regering so maak mens

Willie ·

Ek wonder nou maar net hoe oud is die knapie in graad twee…

SARIE VAN HEERDEN ·

Werk self uit: as hy waarskynlik 22 jaar oud sal wees wanneer hy skool voltooi het, behoort hy noual bietjie aangestap het in jare.

Boet Fasie ·

As dit kind by die skool aan kom met ‘n vuurwapen dan moet julle sien met wat se kanon gaan sy pa en ma by die skool aankom. Julle wou mos gehad het dat mense hulle moet beveilig, hoor die hond loop by die huis rond met ‘n AK 47 .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.