Graad 4-dogters teen kanker ingeënt

Foto; Voisin/Phanie/Rex Features

Foto; Voisin/Phanie/Rex Features

ʼn Nasionale inentingsveldtog is Woensdag van stapel gestuur om servikale kanker in vroue te verhoed. Duisende graad 4-skooldogters is ingeënt.

“Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika om hierdie entstof aan graad 4-leerlinge in openbare skole beskikbaar te stel,” het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, by Laerskool Gonyane in Bloemfontein gesê. “Ons is ongetwyfeld die eerste in Afrika om so baie skooldogters, nagenoeg 500 000, te teiken.”

Motsoaledi sê dit is hoofsaaklik vroue in ontwikkelende lande wat die ergste onder dié kanker gebuk gaan. “Die erns, komplikasies, lyding en lewensverlies is erger in ontwikkelende lande weens ʼn gebrek aan infrastruktuur, beperkte toegang tot voortydige ondersoek, behandeling en die beheer van komplikasies,” het hy gesê.

Hy sê dit is ʼn poging om die negejariges te beskerm teen servikale kanker wat hulle moontlik oor 20 jaar kan opdoen. “Ek is so trots op julle dat julle so sterk en braaf is,” het hy gesê. “Ons bedank julle en julle ouers om ons toe te laat om julle vandag [Woensdag] in te ent.” -SAPA

Lees ook:
Skoolmeisies gaan kanker-immunisering kry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Skrik Gekry ·

Ek is soooo bly dit word gedoen. Ek het nie eers geweet dat mens ingeent kon word teen servikale kanker nie, het dit gister uitgevind toe die dokter vir my gese het dat ek abnormale selle ontwikkel het wat verwyder moet word. Dit is glad nie ‘n lekker gevoel om sulke nuus te kry nie. Asb mammas, laat julle dogters die inentings kry, en moet nie van jouself vergeet nie!

Slim Daan ·

n Kousale verband tussen vroee promiskuiteit en servikale kanker is ook n feit. Iets waarvan die jonge dames gerus maar kennis van kan neem.

Alternatief ·

Maar nêrens in die media word die gevaar en die absoluut onomkeerbare gevolge van hierdie inentings vermeld nie. Die hofsake wat in Engeland vanweë nagevolge van hierdie entstof gevoer is, die dogters wat dood is, wie se lewensgehalte ingeboet is….

Hoekom is dit so belangrik om ons kinders propvol gifstowwe te maak, ipv om natuurlike goeie eetgewoontes en leefstylgewoontes te kweek?

Charlie ·

BAIE jare se navorsing is gedoen en BAIE geld is gespandeer om, net soos in die geval van Polio en baie ander siektes, ook Servikale kanker te bestry. As ‘n man gaan dit my verstand te bowe dat daar steeds mense is wat so verkramp en kleingeestig is dat hulle hul negatiewe insig d.m.v. die internet die wereld probeer inblaas.Gelukkig weet die meeste van ons vandag dat die aarde nie meer plat is nie!

Dewald ·

In Japan is die entstof-aanbeveling teruggetrek.

In Japan is die gemiddelde IK 105 en in Suid-Afrika is dit 77.
In Japan is die korrupsie-persepsie-indeks 74 en in Suid-Afrika is dit 42.

Ek glo jy sal dit vansself verder kan uitwerk.

Coen Groenewald ·

Daar is geen manier dat my Kleinkind met daardie drek ingespuit word nie

Dewald ·

Hierdie hele artikel is geskryf asof i) moderne wetenskap al weet wat die oorsake van kanker kan wees ii) daar geen gevaar verbonde is aan die immunisering nie. Dit is uiters onveramtwoordelik.

Maroela Media sal aanspreeklik gehou word in die geval dat die entstof ‘n kind sal siek maak of laat sterf.

Marinda Fourie ·

As die skole minder seks en seks voorligting in die kinders se kele afdruk, sal hulle nuuskierig word en die storie wil probeer en dan met die storie op eindig nie. Daar is ongelukkig talle nuus berigte van dogtertjies wat slegte newe effekte gehad het en wat selfs dood is aan die storie, Ek is jammer, maar ek gaan nie my kind hieraan blootstel nie. Op die einde van die dag is karakter, goeie opvoeding ens baie belangriker as ‘n inspuiting vir elke gier

lolla ·

Human papiloma virus is wat die servikale kanger veroorsaak, die inenting is teen daardie virus nie die kanker nie. Dit is n sexual transmitted virus, maar kan glo ook op ander maniere anders as om sex te he, oorgedra word. Die spuit het glo al meer mense dood gemaak as wat servikale kanker al mense dood gemaak het.. so hoekom n kans vat…as jy gereeld na jou ginikoloog toe gaan vir n ondersoek soos jy moet dan word die abnormale selle voor die tyd gesien en hulle keer die kanker.. Dis n klein prosedure en dit is nie eers seer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.