Graad 6-seun sterf tragies by skool

Edgemead Primary School. Foto: Via edgemeadprimary.co.za

ʼn Graad 6-seun is Donderdag in ʼn fratsongeluk by ʼn Kaapstadse laerskool dood.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het Vrydag gesê die seun, Kyle Grace, was ʼn leerder aan Edgemead Primary School in Edgemead, suid van Milnerton, waar die voorval plaasgevind het.

Die seun het glo sowat 8 m deur die plafon van die skoolsaal na sy dood geval.

Kyle het glo teen trappe agter die verhoog opgeklim en is in die plafon in toe die plafonborde glo meegegee het.

“Die skool het dadelik paramedici ontbied en hulle was vinnig op die toneel, maar Kyle is met hul aankoms dood verklaar,” het Jessica Shelver, die departement se woordvoerder, gesê.

ʼn Span kundiges, bestaande uit onder andere beraders en sielkundiges van die departement se distrikskantoor, is na die skool gestuur om personeel en leerders by te staan. Vier beraders van naburige skole het by die span aangesluit om bystand te bied.

“Die voorval het alle betrokkenes getraumatiseer. Dit is ʼn ondenkbare tragiese verlies van so ʼn jong lewe. Ons innige meegevoel is by Kyle se familie in hierdie moeilike tyd.”

Die voorval word ondersoek en beraders is byderhand om mense wat verdere hulp benodig, by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Gerhardt O ·

Baie hartseer. Skool moet kyk na hulle beroepsveiligheid nakoming.

Anne ·

Toon eerder simpatie aan die ouers van die kind met hulle groot verlies en hou eerder die snedige opmerkings vir jouself, sies man !!

Wagter ·

Kalmeer Anne, Gerhardt mag sy opiniee lewer, en jy moet hom respekteer. En twyfel in elk geval of die mense van die insident hier gaan troosting soek, in die KOMENTAAR afdeling

Lynette ·

Anne – watter snedige opmerking? Waarna verwys jy so bitsig?

Strussbob ·

Stem saam. Health and safety is di belangrikste. My hart gaan uit na hierdie lyfie se ouers.

oumie ·

Genugtig ongelukke gebeur wie is wie wat vinger wys dit gaan nie die kind terugbring nie of julle het nie kinders van jul eie nie. My gebede gaan aan die ouers en al die kinders wat dit moes aanskou het. RIV boeta

ai suid-afrikaners ·

as iemand oorlede is, maak dit my so vies as iemand dadelik begin met hulle moes dit, hulle moes dat!!! en hoe het dit presies gebeur, al die honderde vrae vra en beskuldigings!! die feit is, daar is iemand oorlede! dis nie ons werk om dit optelos nie! ons werk is om daardie gesin in ons gebede te dra….

Hannes ·

Nee gebede help niks. Dis ons werk om te leer uit foute en te keer dat dit nie weer gebeur nie.

Eurika ·

Stem saam. Hoekom kan mense ni hul lelike persoonlikhede binne hou nie? Sies man. Watse tipe persoon is jy?

charl ·

jammer om die storie te lees dis nie lekker as jou kind voor jou doodgaan nie ek is jammer oor wat gebeur het .

liana ·

Ek stem saam moenie altyd praat en beskuldigings rondslinger nie. Ek persoonlik was in so ‘n situasie. My seun het gehelp om saal op te maak vir ‘n funksie en van baie hoë stellasie geval. Dit was niemand se skuld of nalatigheid. Net ‘n blote ongeluk. Ek kan net simpatiseer met die familie en bid hulle sterkte toe.

m ·

Kinder is ma nuuskiering en dis so jammer as sulke goed gebeur. Sterkte aan die ouers.

NS ·

Ek het so kind gehad. Ooralste in en op geklim. Dat hy nooit seer gekry het nie is n wonderwerk. Dit het niks met disipline te doen nie. Party kinders is klimmers en uiters nuuskierig, ander nie.

Lee ·

Sterkte aan die ouers in hierdie verskriklike moeilike tyd. Rus sag Kyle xx

Snert man!!! ·

Jy wat so vinger wys,ja jy wat dit koppel aan dissipline! Het niks met dissipline te doen nie,pasop vir jou vinger wys. Baie sterkte aan die skool,kinders,
ouers,onnies,vriende,ens,dis baie hartseer

Hennie ·

Dis tragies. Mens se eerste reaksie is om te vra hoe het dit gebeur. Om deur ‘n skoolsaal se plafon te val is gladnie gewoon nie, daarom moet ‘n herhaling voorkom word. In paas van om hande te vou en se dit het nou klaar gebeur, wil ek ook weet hoe op aarde HET dit gebeur dat die kind op die skoolsaal se plafon beland?? ‘ n Baie geldige eerste vraag.

Dellaq ·

Baie jammer vir die ouers. So ‘n geval het NIKS met dissipline te doen nie!! Ek dink self terug aan ons kinderdae-die outjies in my klas het onbehebbelike goed aangevang en my eie boeta en sy maats het op die skool se dak, buite opgeklim! Wil nie weet wat vang my eie kind aan as ons nie kyk nie, want hy klouter en klim ook oral in en op….Sterkte aan almal betrokke, dis baie hartseer.

Nettie ·

Julle almal wat Deidre nou so teer en veer …. Ek glo Deidre het simpatie en empatie met die seun se dood en die verskriklike hartseer tyd wat nou vir sy ouers, gesin en vriende voorlê. Eintlik was dit ook my aanvanklike reaksie – jou klein blikskottel, wat soek jy op die skoolsaal se plafon, mannetjie? Maar toe besef ek: hierdie seunskind het sekerlik net gedoen wat seuns doen wanneer hulle jonk en jeukerig is (of dalk uitgedaag word?). Ek sou reken dat dissipline by die huis begin, maar soos ek kinders ken, kan jy hulle basvelle vir hulle aftrek, maar kwáád gaan hulle kwáád doen! Ons, as kinders , het vele keer 100 x erger dinge gedoen en ons is wel goed gedissiplineer, nie net deur ons ouers nie, maar ook sommer die skoolhoof, onderwysers, die buurtannie, die dominee of ouderling – wie ookal byderhand was om nie die roede te spaar nie. Gelukkig het nie een van ons te sleg van ons jeug afgekom nie. Hierdie is ‘n geweldige hartseer saak, ‘n traumatiese ervaring vir sy maats, die onderwysers en skoolpersoneel. Mag die Here sy gesin, vriende en familie seën sodat sy dood makliker aanvaar kan word. Sterkte aan almal!

Zuquina ·

Goeiste mense, dis hartseer ja, maar moenie op mekaar “gil” nie. Almal geregtig op ‘n opinie, kners maar op jou tande as iemand effens anders as jy dink. Ons almal is ontsteld en soek antwoorde, dis normaal.

Fires ·

Deidre, ek stem 100% met jou saam, wat soek hy in die plafon

Anita ·

Ek voel regtig jammer vir die familie om hul seun op so ‘n wyse te verloor. Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar nou vingers net na die skool gewys word. Het hy in opdrag van ‘n personeellid daarop geklim of het hy ‘n skoolreël verontagsaam? Wat het hy daar gaan doen. In die ander kant moet of moes die departement seker gemaak het dat die area nie toeganklik is vir leerders nie.

Heleen ·

Hemel tog mense! Hou op om mekaar so sleg te sê en so veroordelend te wees!Dit moet hartverskeurend vir die ouers wees…mag Jesus hulle dra in hierdie hartseer verlies..

Johan ·

Dis juis omdat dit so tragies is dat daar opgeleide mense is wat skole wil probeer help om sulke dinge te voorkom. Ek het self ‘n paar jaar gelede aangebied om ‘n provinsiale onderwys departement by te staan het selfs van hul skole besoek (op eie koste) om gevare uit te wys. Hulle het net nie belang gestel nie

humor ·

Vir die met ondeurdagte kritiese opmerkings wil ek maar die versekering gee jy kan miljoene der miljoene rande in die veiligheid van skole huishoudings strate en paaie spandeer, maar daar sal steeds ongeluksgevalle wees. Ons leef in n gebroke wereld. Het daar nog geen ongeluk in jul sg veilige tuistes plaasgevind nie?

JJ ·

Ja “humor” hoekom dra ons veiligheidsgordels as daar in elk geval mense sterf in motorongelukke?

Arnold ·

Ek as ‘n baie jonger man teen ‘n leer uitgeklim om instandhouding werk binne BFX stasie se plafon, baie hoog, te doen. Dit was byna onmootlik om by die luik in te gaan. So die “moral of the story” maak dit moelik vir Jan Alleman om by so ‘n luik in te klim

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.