Graadeen by skool vermoor

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het gesê ʼn leerder in gr. 1 by ʼn laerskool in Noordwes is dood toe ʼn gr. 11-leerder van ʼn ander skool hom aangeval het.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het gesê die voorval het by Dikeledi Makapan Primary School in Makapanstad plaasgevind. Die gr. 11-leerder is van Mankala Technical High School.

Die gr. 11-leerder het in die badkamer by die laerskool weggekruip. Hy het vermoedelik daar oornag sonder dat enigiemand anders daarvan bewus was. Die graadeen was die eerste seuntjie om die oggend die toilet te besoek toe hy aangeval is. Hy is ʼn paar keer met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem, maar het aan sy beserings beswyk en is dood verklaar.

Die skoolhoof kon die vermeende aanvaller aankeer en het hom aan die polisie oorgegee.

Mhlanga het gesê dit wil voorkom of die verdagte die graadeen geken het en hy was na bewering in ʼn romantiese verhouding betrokke met die graadeen se ouer sussie, wat ook ʼn leerder is by Mankala Technical High School. “Na bewering het die paartjie baklei en die beskuldigde het vermoedelik die jonger boetie geteiken. Die polisie sal egter die omstandighede rondom die tragiese voorval ondersoek.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het haar meegevoel met die familie van die seuntjie betuig.

Jonas Sello Lehari, LUR van onderwys in Noordwes, en Paseka Njobe, direkteur vir skoolveiligheid, sal Donderdagoggend die skool besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anna ·

Mens weet nie wat in ander mense se lewe aangaan nie, ne? n Graad 11 leerling wat in die skool se kleedkamers moet oornag het sekerlik nie n maklike lewe nie – wie weet wwaraan hy al alles blootgestel was in sy kort lewe. ‘n Tragedie vir almal betrokke.

VanAfrika ·

Dis die graad eentjie wat die kort lewe gehad het. Die graad 11 gaan skuldig bevind word, tronk toe gestuur word en more weer uitkom vir goeie gedrag of oor een of ander politieke ding.

Geen simpatie ·

Ek dink nie die Graad 11 leerder het in die skool se kleedkamers oornag omdat hy nie ‘n slaapplek gehad het nie. Hy het doelbewus daar geslaap om die arme Graad 1 leerder in e wag en aan te val. Ek het GEEN simpatie met hom nie!

Jem ·

Baie tragies en hartseer. My innige compatible met die ouers. Die wereld is vol boosheid. Groot jammerte dat die grated 11 leerling nie die straf sal Sal kry wat hy verdien nie as gevolg van die feit dat hy minderjarig is.

RHG ·

Liewe hemel! Absoluut sinneloos.
Daar beïndig hy toe sommer sy eie toekoms ook.

Lilly vS ·

Innige simpatie aan die ouers van die klein kind!! Geen ouer behoort aan sulke smart onderworpe te wees!! RIV Klein kind, rus in vrede!!!

lulu ·

ASB vertel my dit is n “black Friday’ grap
Ek is spraak loos
is dit nou maar net hoe dit gebeur
Die grad 11 moet so vining as moontlik uit samelewing verwyder hrt
hy het die moord beplan
ag toemaar ek sal niks verder kwyt raak nie
RIP kleine man

Genieve ·

Die kinders kyk ook TV en sien wat in die parlement aangaan. Grootmense wat met mekaar baklei maar nou ja so gaan dit ook in die skole…jammer vir die kind wat op so wyse moes sterf.

PIPPIE LANGKOUS ·

NOU moet die minister van onderwys hierheen opruk!!! Sodra daar ‘n woord gerep word oor rassisme by ‘n skool is hulle blitsvinnig daar en begin hulle ondersoek. Komaan, doen julle job, besoek die skool en stel reels in!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Pieter

Dankie vir jou navraag.
“Graadeen” is inderdaad een woord (raadpleeg gerus die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) en dit is ook só opgeneem in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)). In hierdie geval is dit ‘n hooftelwoordverbinding met ‘n selfstandige naamwoord (vergelyk byvoorbeeld ook die spelling van “derdejaarstudent”).
In die geval van ‘n syferverbinding, word dit los geskryf, byvoorbeeld “gr. 1-leerder”.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

D B ·

Die knop in die keël is GROOT! Dit kan met enige van ons kinders gedeur. Regtig? Waar is ons ministers en president? Julle wil die kinders alles gee en hulle kom met alles weg! Geen gevolge. DISIPLIENE!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.