Graaf-aanvaller aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Saterdagaand glo twee petroljoggies met ʼn graaf by ʼn vulstasie in Tongaat, KwaZulu-Natal aangerand het.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die man was besig om brandstof by ʼn vulstasie langs die Watson-snelweg in te gooi, toe hy en die petroljoggies begin stry het. Dit is nie bekend waaroor die mans gestry het nie.

Die petroljoggies moes na die aanval na ʼn hospitaal geneem word vir mediese behandeling.

Die verdagte staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy gaan na verwagting Dinsdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.