Graaff-Reinet-moord: Twee laat vaar aansoek om borgtog

Anette Jooste van Eeden. (Foto: Facebook)

Die twee verdagtes wat in verband met die moord op Anette Jooste van Eeden (59) in hegtenis geneem is, bly in aanhouding nadat hulle Woensdag hulle aansoek om borgtog in die landdroshof op Graaff-Reinet laat vaar het, het kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, gesê.

Chene Chantell Verwey (48) en Mandla John Khumalo (28) is vroeër vandeesmaand in Vereeniging in verband met Jooste van Eeden se moord in hegtenis geneem. Vereeniging is ook waar Jooste van Eeden se laaste bevestigde adres was.

Sy het die twee klaarblyklik ʼn saamrygeleentheid gegee.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het verlede maand ʼn anonieme wenk gekry oor die liggaam wat langs die N9, in die rigting van Middelburg, gelê het.

Die slagoffer het blonde hare gehad en was netjies geklee in ʼn blou denim en blou hemp. Sy het ʼn wond aan haar kop gehad.

Dit het ʼn wyle geneem voordat die persoon as Jooste van Eeden geïdentifiseer is.

Rawlinson het gesê die saak teen Verwey en Khumalo is tot 2 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Abe ·

Het MM nog niks gehoor oor die vonnis wat vandag opgele sou word oor die SA reeksverkragter?

Lynette ·

Ek het in die verlede ook saamrygeleenthede gegee vir mense langs die pad – totdat ek die gesegde leer ken het wat sê: ‘No good deed goes unpunished’. Ek volstaan daarby.

Karlahari ·

Want dit is wat ons gedoen het in die ou Suid Afrika toe daar nog reg en geregtigheid was en mense kon spel.
Jou kommentaar is rerig swak en ongevraagd.

Arnold ·

Ek skaam my vir ons mense wat sulke uitlatings maak. Die persoon het vir haar barmhartige aksie met haar lewe geboet……dink voor julle praat asseblief

Geskok ·

Wow! Iemand is vermoor… Iemand se ma, kind, Vriendin, vrou en jy eien jou die reg toe om uitlatings te maak dat sy ‘hard up was’ Jou lack of empatie PK grief my… Ken jy die agtergrond miskien??? Sterkte aan die familie en vriende… Kan net my indink waardeer Julle Moet gaan. Vir PK… As jy niks goes Kan se nie hou jou mond.

KaterinaKat ·

Lyk my barmhartigheid is n luukse wat mens nie meer kan bekostig nie. Hierdie land het so n psigopatiese hel nes geword, mens moet maar liewer net assosieer met, en hulp verleen,aan jou familie en vriende. Dit raak nou te gevaarlik om mens se kop by die huis uit te steek, wat nog te se vreemdes in jou voertuig of huis toelaat. Arme vrou..my innige simpatie met haar geliefdes.

Bekommerd ·

Nes jy daar sê, KatherinaKat. Ons lewe in ‘n land met siek mense en dit gaan net erger word. Arme vrou. I nnige simpatie aan familie.

Db ·

Omdat sy goedheid in haar gehad het moes sy boet met haar lewe! Ek weier om enigiemand ‘n geleentheid te gee om my te vermoor net omdat ek iets goed wil doen. Tel jou pote op en loop waar jy wil wees!

chrisjan ·

Hoop hulle sluit die twee lank toe! Ek laai niemand in my voertuig wat ek nie ken nie en klaar.

Eléne ·

Tragies maar ek is verstom! Hoe kan n vrou alleen in die land wat oortrek is v misdaad mense langs die pad oplaai of langs die pad stop! DAARDIE DAE IS VERBY MENSE BESEF DIT asb!

Barmhartiges gereeld vermoor ·

Baie moorde word gepleeg op veral ouer mense wat wou help. HOU OP HELP as mens wil oorleef.

Philip ·

Het ook baie gehelp totdat ek ‘n slagoffer geword het van ‘n aanval in my kombuis. As hulle jou in jou eie huis wil vermoor sal elke geleentheid vir hulle goed wees

Bekommerd ·

Ek gee ook niemand meer werk binne my huis nie. Slegs een wat buite werk. Jy kan niemand meer vertrou nie, behalwe die wat regtig vir jou omgee. Die duiwel is los in ons land en hy het baie wat met hom besete is. Jammer dat mense al hoe minder ander gaan help, maar dis vor eie oorlewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.