Grabouw: Betogers maak steeds amok; gedeelte van N2 tydelik gesluit

Klippe versper die N2 naby Grabouw (September 2014) Foto: David Morris via : @Tenereclub op Twitter.

Klippe versper die N2 naby Grabouw (September 2014) Foto: David Morris via : @Tenereclub op Twitter.

Die situasie in Grabouw in die Wes-Kaap is erg gespanne met betogers wat velde langs die N2 aan die brand steek en winkels wat geplunder word.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê motors word sporadies toegelaat om deur die afgesperde gedeelte van die N2 te ry. Hy het gesê brandweerwaens kon nie die toneel bereik nie, aangesien die betogers hulle met klippe bestook.

Minstens 13 mense is reeds intussen in hegtenis geneem. Talle winkels is oornag geplunder. Lede van die onlustepolisie het Dinsdag met rubberkoeëls op betogers losgebrand. ʼn Groep van nagenoeg 100 betogers het die polisie met klippe bestook.

Die North Pineview-ingang na Grabouw is vir verkeer gesluit en die verkeer is besig om op te hoop in die rigting van Gordonsbaai. Alle skole in Grabouw is ook intussen gesluit.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gedeelte van die N2 wat verby die dorp loop, moes Maandag gesluit word nadat betogers verbygaande motors met klippe bestook het. Die betogers het ook olie op die pad gegooi en later bande aan die brand gesteek.

Die betogers het aanvanklik in Gaffleystraat bymekaargekom en na die munisipale kantore in Pineview opgeruk waar hulle ʼn memorandum van griewe oorhandig het. Die onlustepolisie is ontbied en Njala-pantservoertuie en waterkanonne is gebruik om die betogers onder beheer te hou. Klik hier om meer te lees.

Chris Punt, burgemeester van Theewaterskloof het die memorandum in ontvangs geneem. Gemeenskapsleiers het die skare toegespreek waarna hulle die munisipale kantore verlaat en begin klippe gooi het.

Dit is die tweede betoging in die afgelope paar weke. Die betogers is onder meer ongelukkig oor ʼn gebrek aan behuising, die prys van elektrisiteit en swak paaie.

Lees ook:
Grabouw-betogers met rubberkoeëls verjaag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anton Bester ·

Dit is skokkend om te sien hoeveel plakkers nou daar woon.Waarom moet hulle daar bly?Kan hulle nie geskuif word nie?Hulle is besig om die stabiliteit van Suid Afrika te kelder.Dit is onregverdig dat wets gehoorsame burgers nou ver om paaie moet ry weens n spul barbare wat dood eenvoudig hand uit ruk.Die tyd het aangebreek dat wetstoepassers moet begin verduidelik waarom SA huidiglik gebuk moet gaan onder wetteloosheid wat oral kop uitsteek.Waarom moet ons dan belasting betaal?

pop ·

Die plakkers moet mos van iewers af kom???? nou beset hulle oral in die land onwettig grond, dis ontsierend en n algehele gemors. dan wil hulle nou betoog oor behuising en dienste. HALLO JULLE BARBARE!!!!Julle mag in die eerste plek nie daar wees nie.

monique ·

Kan die plakkers asb.in witbank kom betoog….ons het die afgelope 2weke geen water,krag aan af,die paaie vol slaggate…..maar ek betaal ten duurste vir krag en water,,,hul wil nie weet nie…maar wag die blankes bevooreg ons moet maar uithaal en wys,anders sit hul ons krag af…hoe verwag hulle al die voordele,wie gaan vir dit betaal..mnr zuma…of die belastingbetaler….en dan nog hoeveel besoekers van zimbabwe,mosambiek,lesoto,pakistan,ens ens,,,,,,moet ook voordele kry,,,magies dis lekker in suid-afrika…..hul gaan ons bankrot eet,steel,en moor,,,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.