Grabouw: Betogers weer met rubberkoeëls verdryf

Klippe versper die N2 naby Grabouw (September 2014) Foto: David Morris via : @Tenereclub op Twitter.

Klippe versper die N2 naby Grabouw (September 2014) Foto: David Morris via : @Tenereclub op Twitter.

Die polisie moes Dinsdag weer van rubberkoeëls en traangas gebruik maak om betogers op die N2 in Grabouw te verdryf.

Die polisie het ʼn uur lank gesukkel om die betogers, wat klippe gegooi het, te verjaag. Die betogers het gevlug en weer in Felixweg naby Laerskool Umyezo Wama Apile bymekaar gekom. Die polisie het hulle by die skool ook verdryf.

Ongeveer 12 beamptes van die polisie se openbareorde-eenheid het ʼn ry voor ʼn versperring langs die N2 gemaak om ʼn span van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) die geleentheid te bied om die snelweg op te ruim en brandende bande en klippe uit die weg te ruim. Ongeveer 10 werkers van Sanral het die pad skoongemaak.

Twee Njala-pantservoertuie van die polisie patrolleer steeds die gebied.

Betogers het vroeër by Ou Kaapseweg bymekaargekom om te betoog oor ʼn gebrek aan behuising, die prys van elektrisiteit en swak paaie.

Gedeeltes van die N2 is steeds vir verkeer gesluit. Maak van alternatiewe roetes gebruik.

Lees ook:
Grabouw: Betogers maak steeds amok; gedeelte van N2 tydelik gesluit
Grabouw-betogers met rubberkoeëls verjaag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.