Grabouw-man verdwyn in strandmeer

Kleinmond. Foto: Stephan Reichert (Creative Commons via Wikimedia Commons)

Kleinmond. Foto: Stephan Reichert (Creative Commons via Wikimedia Commons)

ʼn Soektog na ʼn 25-jarige man van Grabouw wat Sondagaand in die Kleinmond-strandmeer verdwyn het, sal vanoggend hervat word.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ʼn verklaring gesê sy Hermanus-bemanningslede is omstreeks 19:15 deur die Overstrand-reddingsdienste na die strandmeer ontbied.

Daar het die NSRI se reddingswemmers by die Overstrand-reddingsdienste, lede van die SAPD en die provinsiale departement van gesondheid se nooddienswerkers aangesluit.

“Volgens die voorlopige inligting het die man omstreeks 18:00 in die Kleinmond-strandmeer geswem toe hy onder die water verdwyn het. Reddingswemmers en -duikers het in die gebied waar die man vermis geraak het, gesoek, maar ten spyte van ʼn uitgebreide soektog was daar geen teken van die vermiste man nie.”

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig die polisie se duikeenheid het vroeg vanoggend die soektog hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Kom ons hoop en bid hier dat daar ‘n positiewe terugvoer kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.