Grabouw: OVK ontken verkiesingsbedrog

Skermskoot (OVK-webwerf)

Skermskoot (OVK-webwerf)

Die kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in Theewaterskloof in Caledon in die Wes-Kaap het bewerings van verkiesingsbedrog in Grabouw ontken.

Stiffie Cronjé, die munisipale kiesbeampte, sê twee leë geregistreerde stembokse wat in ‘n huis in Rooidakke gevind is, is nie veiligheidsitems nie. Cronjé het die uitlatings gemaak nadat die DA die naweek ‘n saak van verkiesingsbedrog by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak het. Cronjé sê nadat stemtellery by die stempunt afgehandel is, is die amptelike uitslagstrokie deur alle politieke party-agente geteken.

Hy sê ‘n rekonsiliasie is gedoen waarvolgens al die stemme van die twee stembokse getel is. Cronjé sê dit is algemen gebruik dat alle ongebruikte, gebruikte of surplus OVK-materiaal aan skole of individue geskenk word en dat dit verduidelik hoekom die stembokse by die huis in Rooidakke gevind is. Volgens die amptelike uitslae het die DA se nasionale stem in Wyk 8 afgeneem van 383 stemme in 2009 tot 180 in 2014 terwyl die provinsiale stem van 391 na 174 afgeneem het.

Lincoln de Bruyn, burgemeester van die Overberg-distrik-munisipaliteit, het die klagte aanhangig gemaak nadat hy in kennis gestel is van die twee stembokse, wat met die stemdistriknommer 97950011 genommer was. Vier polisiebeamptes het saam met Du Bruyn die bokse gaan haal. Grabouw is een van sewe dorpe in die DA-beheerde Theewaterskloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap en is ‘n substreek van die Overberg-distriksmunisipaliteit. De Bruyn wou nie verder kommentaar lewer nie en sê die polisie ondersoek nog die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adele ·

Verkiesings bedrog in Grabou wat van al die stemme wat hulle in parke gekry het in swart sakke in Pretoria al daai duisende stemme wat vir die DA bedoel was net daar weg ge gooi…. Wat se hulle nou daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.