Graca Machel doen afstand van helfte van Mandela se boedel

Mandela en Graça Machel in Julie 2007 Foto: Werner Beukes/SAPA

Mandela en Graça Machel in Julie 2007 Foto: Werner Beukes/SAPA

Graca Machel het haar reg op helfte van haar man, wyle pres. Nelson Mandela se boedel, van die hand gewys.

“Mev. Machel het formeel en skriftelik die voordele wat uit Mandela se testament aan haar bemaak is, aanvaar,” het waarnemende hoofregter Dikgang Moseneke Dinsdag namens die eksekuteurs van die boedel gesê.

Mandela se testament is op 3 Februarie bekend gemaak. Dit is aanvanklik in 2004 opgestel en in 2008 gewysig.

Machel het eienaarskap aanvaar van vier eiendomme wat die paartjie gesamentlik in Mosambiek besit het. Sy sal ook die voertuie en juwele behou wat sy tydens die huwelik ontvang het en al die kontant in hul bankrekeninge en geld wat hulle by ander finansiële instellings belê het.

Machel en Mandela is binne gemeenskap van goedere getroud. Sy was sy derde vrou.

Moseneke het verduidelik dat, indien ʼn paartjie binne gemeenskap van goedere getroud is, is die langslewende eggenoot geregtig op 50 persent van die boedel. Die voorlopige assessering van Mandela se boedel beloop ongeveer R46 miljoen.

Machel is 90 dae gegun om te besluit of sy wil afsien van haar reg tot die helfte van die boedel.

Mandela het R1.5 miljoen aan die NRM-familietrust bemaak. Hy het ook tantieme bemaak aan die trust waarvan ʼn persentasie aan die ANC geskenk sal word. Hy het R50 000 bemaak aan ʼn aantal van sy persoonlike personeel, insluitend Zelda la Grange, sy voormalige persoonlike assistent. Ander begunstigdes sluit sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders in. Hy het ook geld bemaak aan ʼn aantal skole en organisasies. Wits Universiteit, Qunu Sekondêre Skool en Hoërskool Orlando-Wes in Soweto ontvang elk R100 000. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Ek dink sy doen goed om afstandte doen vd helfte anders gaan sy gejag word deur die geld soekers sy moet maar katvoet loop anders moet sy n ander land as haar tuiste soek hier in die reenboog suid afrika is nie plek vir eerlike mense nie steel roof en moor is die reenboog van Suid Afrika

pop ·

Daan, Jy maak my lag!!!!Dankie.
Daar is te min dinge deesdae waaroor en waarvoor ons kan lag.
Jy moet maar bietjie “lighten up” hoor

pop ·

Daan jy maak my lag!!!!Dankie
Ons het nie veel om oor en voor te lag nie.
Jy moet maar bietjie “lighten up”ne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.