Graça Machel dreig met regstappe oor Mandela-boek

Mandela’s last years (Foto: Verskaf)

Graça Machel, weduwee van die ontslape oudpresident Nelson Mandela, het die splinternuwe boek oor Mandela se laaste jare voor sy dood veroordeel en dreig om dr. Vejay Ramlakan, die skrywer, te dagvaar.

Machel het gesê sy is besig om regsadvies in te win aangesien sy van mening is die boek skend die vertroulikheid wat daar tussen ’n dokter en sy of haar pasiënt is.

Maroela Media het vroeër berig Mandela’s Last Years werp lig op kwessies van sy laaste jare, soos sy gesondheid en gebeure gedurende die maande voor sy dood. Ramlakan, wat aan die hoof van Mandela se mediese span gestaan het, maak ook talle onthullings in die boek – soos onder meer dat ʼn militêre ambulans wat Mandela na die Mediclinic Hart-hospitaal in Pretoria vervoer het, aan die brand geslaan het.

In die boek praat Ramlakan ook oor die geliefde oudpresident se laaste oomblikke in sy kamer saam met nabye familie, die oudstes van die stam uit die Oos-Kaap en ook Graça Machel.

Volgens die oorspronklike verklaring van die uitgewer, Penguin Random House, is dié boek geskryf “met respek” en met “die goedkeuring van die familielede”.

Penguin Random House het ná Machel se verklaring gesê hulle het dié boek vir publikasie aanvaar nadat Ramlakan by die familie toestemming gekry het om dit te skryf.

“Ons het die boek aanvaar nadat die skrywer, Vejay Ramlakan, Penguin Random House South Africa verseker het dat hy goedkeuring van die familie gekry het. Die familie se verteenwoordiger is met ʼn kopie van die boek voorsien,” lui die uitgewer se verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

popeye ·

Mandela was ‘n publieke figuur…gaan toets maar jou argumente teen vorige sake soos diè Graça, jy gaan ‘n verlore stryd voer!

popeye ·

Cherokee, lees gou weer mooi….”Graça ” staan daar in die sin!

AL ·

Ek stem saam met haar. Die dokter het ñ konfidensiële verhouding met sy pasiënt. Hy het geen reg om Mandela se siektes uit te blaker nie, net om ñ paar boeke te kan verkoop en rug ry op Mandela se naam nie.

CHRISTA ·

Watter siektes van Mandela is gemeld? Sover ek kan aflei het hy gepraat van ‘n ambulans wat Mandela vervoer het wat aan die brand geslaan het en sy geliefdes wat tydens sy laaste ure by hom was! Wat is die mediese terme daarvoor?

Middie ·

Is Gracia dan nie ook familie nie? Is haar goedkeuring verkry?

Cherokee ·

Nee! Is jý familie van jòu man/vrou? Nee, jy is nie! Familielede trou nie met mekaar anders is dit ‘n ondertrouery.

Nico ·

Sy is seker bankrot en soek nou geld ondersoek eerder haar gewese man se vlieg ongeluk

Ronnie ·

Geld pasiënt/dokter vertrouensverhouding as een van hulle sterf?

Lollie ·

Waaroor die bohaai? Hy was ń openbare figuur en hulle wel en wee is ook altyd openbaar. Dalk wil die dokter net geld daaruit maak, wie sal weet? Lady Di was meer bekend en nog ń koninklike daarby en hoeveel boeke is al oor haar geskryf? Is vroulief bang daar kom iets uit wat sy liewer nie wou laat uitkom het nie of waaroor gaan dit nou eintlik?

Boswyk ·

Die dokter het gelukkig niks oor die Kerkstraat Bom geskryf nie !

Rosemary Fouche ·

Sekere poste veronderstel tog n hoë mate van etiek en integriteit? n Boek word geskryf om te verkoop vir finansiële gewin – geen sprake van etiek of integriteit in so n skending van n vertrouensposisie nie!

Realis ·

Ek is met jou Tapie, die ware Mandela verskil totaal van die een wat deur die media voorgehou word…

?? ·

Vra ek of hierdie nuus is dan word my kommentaar soos ‘n slagoffer van die Kerkstraatbom behandel. Dalk moet ek die riglyne volg van “How to be a good Communist” geskryf deur Nelson Mandela en wat op die internet te krye is.

Anne ·

Groot asb, ons het meer as genoeg van hom verduur , terroris wat ‘n held gemaak word!

Ands ·

Tapie jou aanmerking is ongevraagd!
Sy is die afgestorwne se vrou en Moet tog haar goedkeuring gee vir persoonlike inligting wat openbaar gaan word.
Sover dit die dr betref mag sy konfidensiele kode , van dr en pasient nie verbreuk word nie

Siener van Melbourne ·

Almal moet n paar kilometer uit die boek kry, die dr en die weduwee. Natuurlik gaan die boek ook nou n paar kilometer uit die kontroversie kry. En so maak almal n daalder in die emmer. Pragtige voorbeeld van wedersydse sinergie.

Eish ·

Na die stukkie publisiteit behoort die boek beter te verkoop, bedoelende dat ” dr.weejy “nie dat toestemming nodig is nie!

Johanna Botha ·

Verstom my net hoe hulle altyd dwars wil trek en aandag soek ….poletiek is regtig die Hollywood vir dom, lelik en lui mense wat dit nie kan maak in die privaatsektor nie.

CT Botha ·

Haai, ek dog die terroris is dood toe die flossie in die grond vasgevlieg het!!

jaco ·

die boek moet seker gekeer word, omdat dit die skande onthul dat regstellende aksie lei tot die aanstel van weermagpersoneel wat nie eens ‘n ambulans behoorlik in stand kan hou nie.

Chivago ·

Of miskien is daar iets geskryf wat die afgod se kleivoetjies laat krummel? Of nee, almal ken in elk geval die waarheid maar vandag is als wat verkeerd is mos reg.

Vermeende ·

Kyk of een van julle terrorisme, Mandela en die laaste boek in een sin kan plaas hier sonder dat dit verweider word.
Politieskorektheid is meer van waarde vir Maroela as die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.