Grace Mugabe: ‘Die laaste woord is nie gespreek nie’

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Die burgerregtewaghond AfriForum het kennis geneem van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale verhoudinge en samewerking se verlening van diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe, die Zimbabwiese presidentsvrou, nadat sy Gabriella Engels verlede week na bewering in ’n hotel in Sandton aangerand het.

“Die vertrek van mev. Mugabe terug na Zimbabwe en die Suid-Afrikaanse regering se verlening van diplomatieke immuniteit aan haar, is egter nie die einde van die saak nie,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger gesê.

Hy sê AfriForum het reeds Vrydag kennis gegee dat die organisasie Engels gaan bystaan om ’n hersieningsaansoek te bring ten einde die besluit om diplomatieke immuniteit aan Mugabe te verleen, ter syde te stel.

“Indien die hersieningsaansoek suksesvol is (en daar is baie goeie gronde om te glo dat so ’n aansoek inderdaad suksesvol kan wees) sal die deure vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oopstaan om Mugabe te vervolg. Indien die NVG dan sou weier, staan AfriForum se privaat vervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, gereed om met privaat vervolging namens Engels voort te gaan. Ongeag of mev. Mugabe in Suid-Afrika is of nie, en ongeag of diplomatieke immuniteit aan haar verleen is, die laaste woord in dié aangeleentheid is nie gespreek nie,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum laat hoor.

“Die stryd om geregtigheid in Zimbabwe, asook die stryd om geregtigheid vir mej. Engels, sal voortgesit word totdat dit gewen is,” het Spies gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Daan Erasmus ·

Wil iemand met regs kennis nie asb ‘n klag teen Min van Buitelandse Sake lê van dwarsboming van die reg. Of iets soortgelyk nie.

Charl ·

Jy is reg Daan, maar wie gaan die Min vervolg? Die SAP en vervolgingsgesag is onder die Zuptas en vriende se beheer…..

Adam ·

Daan, die beste regsadvies is om glad nie in sulke “gevegte” betrokke te raak nie. Me Engels was blykbaar dieselfde dag in ‘n nagklub-bakleiery betrokke en ‘n veiligheidswag by die hotel het ook met interessante inligting vorendag gekom. My vraag is eenvoudig; wat probeer Afriforum bereik? Wil hulle vir ons wys hulle is nie-rassisties? Soek hulle opportunistiese maniere om ledetalle op te jaag? Oom Bob ontwyk die doodsengel al suksesvol vir baie jare en dwing boonop groot bewondering af in Afrika se leiers-kringe. Ek kan in my wildste drome nie ‘n resultaat met wesenlike voordele sien nie en vanuit ‘n regsoogpunt gesien is die kanse niks meer as ‘n 50-50 lotery nie.

Johan ·

Adam, jy slaan die spyker so reg op die kop wat Afriforum betref.

Skim ·

@Adam, ek stem ook volkome met jou saam. Daar is baie ander sake waarby hul eerder betrokke kan raak. Waar dit regtig vir ons mense saakmaak en hul nie regskoste kan bekostig nie….maar dit is nie tot hul (AF) se aansien-voordeel nie. AfriForum bemark nou ook vir Gerrie Nel dat dit so klap.

Matewis ·

Goeie oopkop vrae en sieninge, Adam. Dit pla my al die hele tyd dat Afriforum hier hard besig is om nog meer onmin en wrewel teenoor wittes en veral Afrikaners te skep deur aan te hou om hierdie anti-Mugabe sieninge uit te basuin. Maar natuurlik is die Mugabe-regime aaklig en hy en sy trawante totaal verwerplik – in alles wat hulle doen. Maar ons kan niks in Zim uitrig en regkry nie – ons kan dit dan nie eens in SA regkry nie!

Ek soek steeds na antwoorde op my vrae: Presies waarheen WIL Afriforum met die Afrikaner?

anton ·

Adam, baie stories kan nou moontelik kop uit steek.
Onthou amper almal is omkoopbaar en om die saak in haar guns te laat swaai kan daar maklik mense omgekoop word om dinge te se wat nie waar is nie.
Ons weet mos nou al hoe word dinge gefabriseer om die skuldiges se saak te verander na onskuldig en onskuldiges te laat lyk na die swart skaap in n verhaal.
Ons moet waak om nie bloot alles te glo wat mense kwytraak nie.
Eers as hoorse goed bevestig is as n waarheid, kan dit gewig dra.

Adam ·

Anton, ek stem 100% saam met jou. Die redes wat jy aanvoer is oa hoekom ek dink dit is ‘n futiele poging om hierdie haas te jaag. Die inligting waarna ek verwys is wel bevestig en sigbaar op CCTV.

Swartkat ·

Ek wil julle almal gelyk gee, ek dink daar moet eerder deur Afriforum gefokus word op onreg en moorde teen ons eie mense

Mornay ·

Hi M M ek wil net se baie dankie vir die foto dit se alles

Eish ·

Die hele voorval gee n nuwe dimensie aan die regering se bereidwilligheid om ongevalle in die vorm van landsburgers te ly in die kruisvuur van politieke besluite. Die eliminering van mededingers om dieselfde pos veral in Kwa Zulu Natal, is tekenend van die wese van politiek wat die ANC bedryf. Die Vader behoed ons.

paul ·

Ja ja,niks gaan gebeur nie.dis SA. almal moan en gan tekere ens ens en boggerol gan gebeur nie.DIS SA!!

E.K. ·

Ironies dat die in Vrouemaand gebeur het en nou wys die regering hoeveel hulle werklik voel vir vrouens (die van ons land in elk geval)

not in wonderland ·

Wonder wat in die kamer aangegaan het. Seker het die ma haar humeur verloor oor wat sy gesien het.

Stem saam ·

Ek vermoed Engels het ‘n hou gekort. Haar seuns het ook blykbaar deurgeloop.

Tiger ·

Die foto saam met die berig se ALLES.Grace & Robert lag Suid Afrika uit.Ek dink AfriForum moet sy energie op beter sake toespits.

fm ·

Hierdie hele aangeleentheid word net aanhoudend gebruik vir die vermaaklikheidswaarde en sensasie daarvan. Ek glo nie Afriforum sal regtig met so ‘n op die vlak van “te veel papsakwyn gedrink op ‘n Saterdagaand” saak betrokke raak nie. Die komediante en grapmakers het egter ‘n fees met die gratis material wat aan hulle verskaf word met hierdie hele “Little Africa” episode.

Vic ·

Die private vervolgingseenheid (Gerrie Nel) se doelwit is om toe te sien dat daar gelykheid voor die reg is vir almal. Dit sal geld in gevalle waar die polisie of nasionale vervolgingsgesag nie ‘n saak ondersoek nie as gevolg van politieke druk of watter ander rede ookal. Dit is nie rasgedrewe nie. Private vervolging kan nie plaasvind waar ‘n saak reeds ondersoek word nie.
In hierdie saak van Grace Mugabe lyk dit of daar politieke inmenging kan wees en is moontlik ‘n goeie toets saak vir Gerrie Nel. Dit het ook nie ‘n rassekleur nie, wat ‘n goeie ding is.

De Villiers ·

Hierdie petalje, en baie soortgelyke gevalle van hoe die ANC dinge in hierdie land hanteer, is ‘n teken van hoe ‘n kommunistiese, sosialistiese stelsel werk. Ek kan nie anders as om aan die uittreksel in die boek, Animal Farm, wat die ANC in skole verban het, te dink nie: “All animals are equal, but some animals are more equal than others.”

Ek dink nie ons moet so krities teenoor Afriforum wees nie aangesien hulle dalk soos ek voel dat hulle die Mugabe’s al genoeg onreg teenoor veral blankes gepleeg het, en dat hulle as ‘n Afrikaanse, maar meer blanke burgerlike organisasie, standpunt teen hom inneem.

snoefie ·

sy het n kriminele oortreding begaan voordat sy diplomstieke immuniteit in SA gehad het. so stuur die persoon wie haar immuniteit gegee het om dir kriminele self te gaan haal en terug te bring.

adriana ·

Waarom is hulle monde op alle foto’s oop wonder ek .Die foto spreek boekdele.

Frikkie ·

Self die oue Robert Mugabe en sy vrou lag nou alte lekker vir ons regering wat maar net in gegee het ter wille van sogenaamde vrede tussen die bure. Ek is baie seker as een van Jacob Zuma se vrouens so iets gedoen het in Zimbabwe, sou Robert dit beslis nie toe gestaan het dat hulle kon uit glip terug huis toe nie.

mab ·

Hierdie tipe sake het tyd nodig….AfriForum sal kom met die nodige….. Weet verseker, oral word sake geblok en verdere regsaksies benodig….dit neem onregtverdigbaar so lank MAAR weet asb. REG SAL GESKIED….IEWERS… DIT IS OM VAN MAL TE WORD!!!!!

Johnny ·

Sonder om nou negatief te wees .. ek dink BAIE van Afriforum en ek dink Baie van Solidariteit, maar dalk moet hulle nie geld en tyd op hierdie saak verder mors nie. Hulle moenie Gerrie oorskat nie, ook nie hulle magte nie. Hulle doen amazing werk, kom ons hou dit so, moenie dat ‘n groot FLOP Afriforum laat sink nie. As VLIEGTUIE gehalt word vir Grace Mugabe, dink Gerrie Nel en Afriforum regtig daar gaan iets van haar saak kom? Intussen kla die lede van Afriforum dat die ENGELS dame nie ‘n lid is of was nie, waarom word sy gehelp en hulle wat al jare lede is nie? Dalk moet ons eerder alles in perspektief weer sien voordat ons GROM vir Mugabe en sy vrou, hulle het nog niks oorgekom nie, sy het in ander lande dieselfde truuk getrek, en niks oorgekom nie .. selfs in magtige China het sy skotvry daarvan af gekom. Hy kom nog al die jare met moord weg, dink julle REGTIG ‘n koord teen ‘n gekleurde meisie (wat by haar seuns gekuier het) gaan haar sink? Dink WEER!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.