Grace Mugabe glo steeds in SA

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat Gabriella Engels (20), ʼn model van Johannesburg, Saterdag in ʼn hotel in Sandton aangerand is nie.

Maroela Media het vroeër berig Engels beweer Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, het haar met ʼn verlengkoord aangerand nadat sy Engels in die geselskap van haar twee seuns, Robert jr. (25) en Chatunga (21), aangetref het.

Volgens berigte was Mugabe glo onder die indruk dat Engels by haar seuns woon en dit het aanleiding tot die aanranding gegee. Engels het Dinsdag op haar amptelike Twitter-profiel ten sterkste ontken dat sy by die mans woon. Sy het ook beweer minstens tien van Mugabe se lyfwagte het toegekyk terwyl sy haar aangerand het.

Gabriella Engels beweer dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar aangerand het. Foto: ANA

“Ek probeer sterk wees. Alles is net baie oorweldigend,” het Engels gesê. Sy het ná die aanranding foto’s op sosiale media gedeel waarin ʼn sny op haar voorkop, ʼn wond aan haar kop en kneusplekke op haar lyf gesien kan word.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die verdagte in die saak veronderstel was om Dinsdag by die polisie in Sandton aan te meld, maar dat sy dit nie gedoen het nie. Naidoo het Woensdagoggend gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Verskeie media het Dinsdagaand bespiegel dat Grace Mugabe reeds die land verlaat het, maar Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem dat dit nie die geval is nie. Op ʼn vraag aan Naidoo of die verdagte in die saak steeds in die land is, het hy geantwoord hy is nie in ʼn posisie om dit te bespreek nie.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen ʼn beroep op die SAPD gedoen om ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Mugabe uit te reik. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in ʼn verklaring gesê Mugabe moet nie toegelaat word om die Suid-Afrikaanse regstelsel op dieselfde wyse te ondermyn as wat sy en haar man, Robert Mugabe, met die Zimbabwiese regstelsel doen nie.

“As Mugabe soos ʼn voortvlugtende wil optree, moet sy soos een behandel word deurdat ʼn lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik word,” het Kriel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Koos ·

Thanks Kallie laat hulle haar toe sluit – aan die ander kant gaan niks weer gebeur nie soos gewoonlik

christa ·

ek dink die seuns is groot genoeg om hulle eie besluite te neem of is dit weer ‘n geval dat ma’s hulle seuntjies oppiep. As hulle reg groot gemaak is kon sy geweet het hulle sou nie saambly nie. Glad nie nodig om haar gewig in ‘n ander land te kom rondgooi nie. Sy moes dadelik gearresteer geword het of is sy bo die gereg.

Ben ·

Stem saam met Afriforum, As sy ons mense kom aanrand dan moet sy die regs gevolge dra. Niemand is bo die reg nie. Wat ek intresant vind is dat ‘n ander nuus agenstskap raporteer dat sy het haar aan Fikile Mbalula oorhandig. Ek wonder of ons nou nog ‘n ICC saak het. Ek verstaan dat sy ‘n gebore Suid Afrikaner is?

Vryheid ·

Die mugabe’s dink hulle is verhewe bo die reg. Hoop maar daar sal iets van kom…. gaan nie my asem ophou vir die een nie.

Neels ·

Natuurlik sal die owerhede geen woord sprak nie, maar o wee as die dametjie een van daai bloedtjies aangerand het was sy al lankal in C max en die regering saam met oom Bob en die tannie voor in die koor teen sekere inwoners van die land.

Michael ·

Ek lees nou in die vryburger wat meer betroubaar is dat sy terug is in Zimbabwe

Betroubaar ·

Lyk my Maroela was meer betroubaar, want sy is nog hier!!

Andre ·

Wat laat mense dink dat daar enigiets van die klagte sal kom? Nie eens ons eie “leiers” met ernstige klagtes teen hulle word vervolg nie en die “BPP” sal nie eers bekommerd wees nie want kyk hoe word die wet geminag.

Harambe ·

As ek haar pa was sou ek haar ook ‘n loesing wou gee as sy met daai goed (die Mugabe’s) wil deurmekaarraak.

wilma ·

Kallie Kriel, wat van die mense in ons eie land wanneer word hulle inhegtenis geneem, leerling aangerand hy skool in Parys, vrou geskiet deur weermaglid en Manana.

HPV ·

Haar twee seuns? Seker stiefseuns. Weet in elk geval nie waarom Engels sulke mense se geselskap opsoek nie. Mens kan tereg vra wat soek sy daar? Vriende met sulke mense dan moet jy maar vat wat jou rigting kom. Die regering sal waarskynlik niks doen want hulle het ‘n heilige vrees vir die Mugabe’s. Bob sê vir Zuma spring, dan spring hy.

Lara Nel ·

Ooggetuies het gesien hoe die POLISIE haar begelei uit die hotel…..alles ‘n toesmeerstorie….geen haan sal hierna kraai nie….

Wouter ·

As sy nie aanmeld nie sit heat seuns uit die land uit. Hulle doen niks position hier nie

Grappie ·

Sy sal niks oorkom nie. Mugabe is die eintlike regeerder van SA. Nie net Zuma nie, maar ook Mbeki was in sy sak… kriminele groepeer saam. En as jy nog nie besef SA is ‘n piesangrepubliek nie is dit tyd dat jy vir sielkindige waarneming gaan…

Tc ·

Net baie bly Juf Engels is nie wit nie,anders was dit weer n hengse rassistiese wending gewees in SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.