Grace Mugabe hét diplomatieke immuniteit, sê minister

Die kennisgewing wat in die Government Gazette gepubliseer is (Foto: Twitter)

Die Suid-Afrikaanse regering het Sondagmiddag bevestig die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, het wél diplomatieke immuniteit en is daarom terug na Zimbabwe.

Mugabe het Sondag na Zimbabwe teruggekeer ten spyte van talle eise dat sy vervolg moet word nadat sy glo onlangs ʼn vrou in ʼn hotel in Sandton aangerand het.

ʼn Verslag van die Zimbabwiese nasionale uitsaaier, ZBC, het beeldmateriaal vertoon van die presidentsvrou wat saam met pres. Robert Mugabe by die Harare-lughawe aankom. Pres. Mugabe het ʼn beraad vir Suider Afrikaanse leiers in Pretoria bygewoon.

Volgens berigte het die presidentspaar die land in die middel van die nag verlaat.

Maite Nkoane-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerkingsooreenkomste, sê sy het aan Mugabe diplomatieke immuniteit verleen op grond van die “Wet op Diplomatieke Immuniteite en Voorregte”.

Mashabane se bevestiging is in die Staatskoerant gepubliseer.

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het Sondag in ʼn verklaring gesê die DA sal ʼn onmiddellike parlementêre ondersoek na die regering se medepligtigheid van stapel stuur nadat die regering Grace Mugabe toegelaat het om die land te verlaat om sodoende kriminele vervolging vry te spring.

Die ondersoek moet volgens Steenhuisen die ministers van polisie, internasionale betrekkinge en samewerking, asook dié van verdediging en militêre veterane insluit.

“Dit is eenvoudig onverklaarbaar hoe so iets weer kon gebeur. Dit is weer ʼn bewys dat die ANC sal doen net wat hy wil om sy vriende te beskerm,” het Steenhuisen gesê.

Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

karen ·

Gister het iemand terloops gese die saak gaan of grap van jaar of saak van die jaar wees. Lyk nie of hy ver uit was met grap van jaar ! iewers het ek vanoggend gelees die persoon word 3mnd gegun om haar oor te gee of wat ookal. Sorry vir die organisasie sy is weg – op die vliegtuig geklim en sy is weg – Bere maar die kameras van dai saak daar gaan niks kom nie. Ek dink ook daar is veel meer agter die storie as wat gespreek word.

Adam ·

Ja, Karen en toe is ons aangeval oor ons standpunte. Die interessante deel volg egter nou. Dit is die oomblik wat ons sal sien of Gerrie Nel ‘n bulhond met slagtande of ‘n Maltese poedel met valstande is.

Jan ·

Behoed jou kamerade. “Birds of a feather flog together” sic

Blits ·

Ek het dit geweet, Daar nnie n manier dat ons regeering haar sou laat arresteer nie, Ek het geweet sy gaan los kom, Engels moes maar die geld gevat het

Nie trots Suid Afrikaner ·

Dit was nou al duidelik vir meeste “heldersiende” Suid Afrikaners dat niks hiervan sou kom nie. Dis tyd om te aanvaar dat ons land die grap van die eeu is.

Basjab ·

Sy was hier op n privaat besoek aan haar kinders. Kry jy nie net diplomatieke ummuniteit as jy op n amptelike besoek is nie. Sy was ook net hier vir mediese ondersoek aan haar voet wat sy in Zim opgedoen het. Maar dit is Afrika. Wette en reels geld net is sekere gevalle. Korrupte regering en dit gaan verseker nie verbeter nie.

Michael ·

Engels moet nou die regering dagvaar vir skending van haar regte en vir mediese en regsuitgawe en ja dit is ofisieel nie alleen lieg fikile oor die kfc saak nie hy is die grootste grap van die week en dit is feite.

Bruno Stef ·

In so n geval dat sy vrygespreek is deur die Minister moet n eis ingestel word teen die regering wat so voorbarig was om die krimineel te verskoon.Waarom word daar in die nag hier weggesluip om dit so onopsigtelik te maak as moontlik en n toekomstige verbanning op haar persoonlik in SA behoort in orde te wees.

marous ·

Wat se Afriforum hieroor? Die NVG kan nie ‘n sertifikaat van weier om te vervolg uit reik nie, want hulle mag nie vervolg nie , Dan kan daar ook nie private vervolging ingestel word nie, Sy kan haar wel sivielregtelik aanspreeklik hou en indien sy slaag , medame se eiendom laat verkoop in SA.

Johan ·

Sy kan madam ook nie siviel vervolg nie. Die vrou kan nou absoluut niks doen nie.

Vryheid ·

Soos voorspel het die anc gedoen wat verwag is van hulle. Afrika is gedoem onder die regering. Gelukkig kan jy nie verder Steel en plunder nadat als verwoes is nie.

Hans ·

Die Mugabes besit mos n R45 miljoen woning in RSA en dit is seker nie onder “diplomatieke immuniteit” nie-dit kan seker verkoop word om kostes en eise te delg.

vrikie ·

Me. Engels wees dankbaar jy kon haar as ‘n skoonma gekry het

Grassie ·

Die aanranding het op 12 Augustus plaasgevind. Diplomatieke immuniteit is, volgens die dokument hierbo, op 19 Augustus toegestaan. Sy het dus nie diplomatieke immuniteit gehad tydens die voorval nie.
Grapjas Fikile Mbalula moet nou kennis neem dat niemand in die land hom ooit weer gaan glo nie.

Grassie ·

Koos – die datum 19 Augustus is beslis vals. Die hele dokument is op 20 Aug. opgestel maar omdat dit ‘n Sondag is het die ondertekenaar dit 19 Aug dateer om nie die indruk te skep dat daar inderhaas op ‘n Sondag gekonkel is om die aanrander los te kry nie. Die betrokke minister het duidelik nie die intellektuele vermoë om die onmoontlike teenstrydigheid raak te sien nie of hy dink ons is almal onnosel.

Ena Hogan ·

Ha-ha die brief is die 20ste getik en die 19de geteken???

jaco ·

Dis vreemd dat daar maroela niks meer oor Engels se kant/aandeel in dié saak berig nie. Sy is moontlik nie so onskuldig nie. Daars berigte daaroor op msn.com

Awie Opperman ·

Die kersie op die koek is die bewoording van die kennisgewing. Dat ons minister die besluit geneem het, ‘acting in the interest of the Republic of South Africa’. Ek dink dit is heel duidelik dat hierdie besluit geneem is in die belang van Grace Mugabe en dat alles behalwe die belange van Suid Afrika in ag geneem is.

Koos ·

Beteken diplomatieke immuniteit dat so ‘n persoon kan plunder en maak soos sy/hy wil sonder enige vervolging? Dit is absurd. Wat as sy ‘n moord sou pleeg?!

Jacques ·

Koos , wat van pogong tot moord , aanranding met die opset om ernstig te beseer , rig van n vuurwapen (sonder een – KFC ) en besit van n onwetige vuurwapen ( sonder een – KFC )
Dit is n belaglik en die regering wys net weereens hulle doen net wat hulle wil vergeet van wat die wet of grondwet se .

Eish ·

Swarigheid, indien dit is hoe landsburgers beskerm word deur hul regering. Kruisvuur ongevalle hoop op.

Ben ·

Wonder hoeveel geld die minister gaan ontvang? Een van die belangrikste verantwoordlikhede van ‘n regering is om sy burgers te beskerm. Wat die ANC se is dat die burgers van Suid Afrika is niks werd nie – Junk. Wat almal ook blykaar vergeet is hoe ons soldate in Mali uitverkoop was. Gaan dink bietjie daaroor. Daar is groot medepligheid of soos ons se: “Die deler is so goed soos die steler”.

Jakes ·

hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahhahahahahahahahahahahahahahhahahhahahahahahahahahahahah Z regering

Ada ·

Kan dit nie as invalid verklaar word weens die verskil in datums op die skrywe nie?

Chris Ws ·

Gerrie Nel moet hom nou toespits op Fikile Mbalula wat belowe het die polisie is op ‘n ”hoe gereedheid” geplaas is om te verseker dat Grace Mugabi nie die landkan verlaat nie.Dagvaar hom .

Witbooi ·

Vergeert van Mugabe – ons kon vewag wat gebeur het. Hoe aandadig Engels in die saak was maak ook nie saak nie. Veg teen ONS MINISTER wat nie die belang van ONS grondwet dien nie – DIS wat pateties is.

Wet&Orde ·

Absoluut onaanvaarbaar!
Ons regering het geen respek vir wet en orde nie. Hoe kan hul toelaat dat ‘n buitelander ‘n Suid-Afrikaner mag aanval sonder enige gevolge? Hierdie saak moet verseker opgevolg raak. Kan Maroela Media dalk presies verduidelik hoe werk Diplomatiese immuniteit? Liewe land, hierdie wet is absoluut onaanvaarbaar!

Blits ·

Grace Mugabe is deur hoog geplaastes in ons regeering verseker dat sy nie vervolg sou word nie, die storie wat vir ons gespin is dat daar onderhandelinge plaas vind was net n rookskerm.
dis was op MNS news gewees. Plaas die mugabes en sy kinders wat is SA is saam met die guptas ons land verlaat en al hulle eindomme hier verkoop en noooit weer terug kom nie. en dit geld vir die anc regeering ook wat zuma so beskerm.

EJ ·

Ja …. wat kan n mens se. Het geweet niks gaan daarvan kom. Al die voels in 1 nes.

THEA SWART ·

sal daarvan hou om te weet hoe is dit moontlik dat sy amminiteit gekry het na die daad gepleeg is? sy het nie aansoek gedoen voor dat sy ons land besoek het nie?

danie ·

Dis nie reg nie maar kom ons wees eerlik, kanse is uitstekend dat enige ander land dieselfde sou gedoen het. Die “onskuldige model” moes die geld gevat het want daardeur sou Mugabe ten minste gewys het sy het ‘n skuldgevoel.

GENOEG IS GENOEG ·

WANNEER IS GENOEG, GENOEG?
Here ons pleit die bloed van Jesus oor al die onskuldige mense in Suid-Afrika.
Here gryp asb in en laat geregtigheid geskied. Iewers moet iemand wees wat iets aan ons land
se korrupsie kan doen….

Tillie ·

sy is dalk weg maar haar 2 seuns is nog hier dinge kan dalk lelik skeef loop vir hulle sy ken nie suid afrika so goed nie so sy moet oppas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.