‘Grace Mugabe het nie diplomatieke immuniteit’

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Die DA het Woensdag aangevoer waarom hulle meen Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar nie op diplomatieke immuniteit kan beroep om vervolging op ʼn aanklag van aanranding in Suid-Afrika vry te spring nie.

Gabriella Engels (20), ʼn model van Johannesburg, beweer Mugabe het haar die afgelope naweek in ʼn hotel in Sandton aangerand nadat sy Engels in die geselskap van haar twee seuns aangetref het.

Zakhele Mbhele, die DA se skaduminister van polisie, het in ʼn verklaring gesê volgens die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte kan Mugabe haar nie op diplomatieke immuniteit beroep nie. “Sy is nie hier [in Suid-Afrika] in amptelike hoedanigheid nie en die immuniteit is slegs van toepassing op staatshoofde en nie van toepassing op ʼn presidentsvrou nie,” het Mbhele gesê.

Pres. Robert Mugabe kom by die Waterkloof-lugmagbasis aan (16 Augustus 2017). Foto: Kopano Tlape, GCIS

Hy het daarop gewys dat Mugabe vir diplomatieke immuniteit moes aansoek doen voordat sy na Suid-Afrika gereis het en nie eers nadat sy deur strafregtelike aanklagte in die gesig gestaar word nie. “Selfs Clayson Monyela, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se woordvoerder, het gister gesê sy het nie diplomatieke immuniteit nie. Fikile Mbalula, minister van polisie, moet nou seker maak dat sy nie uit Suid-Afrika vlug soos die Soedanse president, Omar al-Basjir, toegelaat is om te doen nie.”

Mbhele het gesê Mugabe moes Woensdag soos enige ander gewone persoon in hegtenis geneem geword het op aanklag van aanranding. Hy het gesê die SAPD het sy plig versuim deur Mugabe nié in hegtenis te neem nie.

“Me. Mugabe kan nie op diplomatieke immuniteit staatmaak nie en moet nie nou voorkeurbehandeling ontvang nie. Mbalula moet sy werk doen en seker maak dat sy in hegtenis geneem word en haar dag in die hof kry om tereg te staan op die ernstige aanklagte teen haar.”

Die departement van polisie het laat Woensdagmiddag bevestig dat Mugabe steeds in Suid-Afrika is terwyl die regering van Zimbabwe tans in gesprek met Dirco is om haar diplomatieke immuniteit in werking te stel.

Intussen het Zimbabwe se president, Robert Mugabe, Woensdagaand by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland waar hy deur Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, verwelkom is.

Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

De Villiers ·

Ek twyfel nog steeds of sy vervolg gaan word. Die ANC het altyd ‘n manier om so iets te omseil of net nie hul plig uit te voer nie, soos met Al-Basjir, Nkandla, Winnie Mandela se bedrog met Saambou destyds, ensovoorts.

Jewel ·

Uiteindelik iemand anders wat ook nog al die jare wonder oor Winnie Mandela en Saambou…

Asjas ·

Moenie Stompie vergeet nie, sy het weg gekom met moord … letterlik.

Grens ·

Ek hoop die Hotel verban haar ook vir enige verdere verblyf, en so ook haar haar seuns.

Daisy ·

Kyk nou hoe vinnig kom daar dokumente te voorskyn vir diplomatieke immuniteit… Seker met n ou datum ook sodat dit lyk of sy wel aansoek gedoen het en net ‘versuim’ het om dit te noem. Niks in die land verbaas my meer nie. ?

Bekkels ·

Zimbabwe kripeer van ellende terwyl hulle president se seuns in ‘n hotel tuisgaan terwyl hulle studeer aan ‘n SA universiteit! En nou dit! Belaglik dat hierdie mense dink hulle is “untouchable” en nog meer hartseer is die feit dat hulle daarmee gaan wegkom!

Ouma ·

Ek glo Grace Mogabe sal nié aangekla word nie. Sy is mos ook ‘n BBP (soos baie ander wie se skandes onder die mat ingevee word). Na dese sal sy ook nie saggies in die land kan inkom nie. die media sal haar koms wyd verkondig. Almal het haar gesig nou mooi gesien. Ek hoop sy word verantwoordelik gehou vir vir alle mediese kostes en vir verlies aan inkomste. Dit is immers iemand se brood en botter van wie ons hier praat. Maar ja, wie sal betaal? Dieselfde mense wat nou opoffer vir haar seuns se studies en luukse verblyf in SA! Ek hoop nie sy word die president nie. Sy is nie ‘n vrou met ‘n sagte hart wat eers na rede luister nie en dán optree nie.

Jordaan ·

Dieselfde tyd wanneer die adjunkminister van onderwys gearresteer word …

Koos1 ·

Geen diplomatieke immuniteit nie, maar wel POLITIEKE immuniteit!

Carel ·

Skielik haal Robert sy een voet uit die graf om dit ‘n staatsbesoek te maak sodat sy vrou kan terugval op politieke immuniteit. Dit was seker moeilik vir hom om wakker te skrik, aangesien dit sy eerste staats pliggie is wat hy hierdie jaar in sy moegheid bywoon. Nou spring ons regering om dit vir haar so gemaklik en gerieflik moontlik te maak.

Veritas ·

Slegs in Afrika. Sodra iemand op hierdie vasteland, die politiek betree of ‘n aangetroude kleinniggie het wat op laerskool met ‘n diplomaat se kinders gespeel het, droogmaak, word diplomatieke immuniteit toegeken. Die res van ons sterflinge moet maar pa staan vir ons aanjaery. Dit is een van die redes dat ek gladnie stem nie. Die laaste keer dat ek dit gedoen het, tydens die twee referendums, het my span in elk geval verloor so my stem het niks getel nie.

Raymond ·

Die verwikkelinge is net te ironies, ‘n video wys hoe ‘n skooldogter aangerand word, die beskuldigde word oorhandig bd polisiestasie, gearresteer en spandeer die naweek in die trunk (Als gebaseer op ‘n video van Novemver verlede jaar wat nou eers die lig sien). Glad nie dat ek sy aksie regverdig nie. Did wat moes gebeur. ‘n vise minister word nie ge arresteer nie. ‘n Buitelander word nie ge arresteer nie want hulle het hulle samewerking gegee? Ek dink did tyd dat die regering die verskillende reels publiseer vir Buitelanders, Mense in Politiek en die landsburgers. Ek vermoed die reels wat betrekking het op landsburgers (volgens rasse verdeel) gaan interessant wees. Want ons sal maar die verskillende klassifikasies ook moet uitsorteer Mnr. Mabalula

Bokkie van der Merwe ·

Regverdigheid in die land sal nooit weer daar wees nie.Die regering is korrup en so ook almal wat by hulle inval.Sy sal niks oorkom nie.

Nel ·

En hoekom? Omdat ‘n spul a-morele palukas aan die bewind van die land sit.

Johan ·

Een van twee dinge gaan gebeur. Of sy gaan in hegtenis geneem word sodra sy erens gesig wys, of sy gaan deurgesmokkel word na die Zim vliegtuig op Waterkloof. Sodra sy op die vliegtuig is is sy op Zim grond en niks verder kan gebeur nie. Ek is bereid om my geld op die tweede opsie te sit.

Eps ·

Ek hoop sy is uit en sit haar voete nie weer in die land nie en hoop Robert en hul seuns doen dieselfde. Ons land het genoeg gemors en het nie sulke dinge van Zimbabwe ook nodig nie.

Swartkat ·

Ag wat pappa het haar kom haal met sy vliegtuig, sy vlieg saam met hom uit die land en niemand gaan iets doen om haar en pappa te keer nie

dolphin ·

die president kan ook skelm wees kan nie eerlikwaar se nie moet aanklag ingedien word. moet boet word en vir haar betaal vir die mediese behandeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.