Grace Mugabe hoor vandag oor immuniteit

Grace Mugabe. Foto: (AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi, File)

Uitspraak word vandag (Maandag) om 11:30 gelewer in AfriForum, Gabriella Engels en die DA se hooggeregshofaansoek rakende die verlening van diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe.

Regter Bashier Vally het in Mei argumente aangehoor in die aansoek om die hersiening en tersydestelling van die besluit van Maite Nkoana-Mashabane, destydse minister van internasionale verhoudings en samewerking, om diplomatieke immuniteit aan Mugabe te verleen.

“Indien die verlening van diplomatieke immuniteit ter syde gestel word, sal dit die weg baan vir die instel van strafregtelike vervolgingstappe teen Mugabe, nadat sy glo verlede jaar vir Engels, ʼn Johannesburgse model, met ʼn elektriese verlengingskoord aangeval en ernstig beseer het,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê.

Die uitspraak sal in die hooggeregshof in Johannesburg gelewer word.

Engels het Mugabe daarvan beskuldig dat sy haar aangerand het toe sy Mugabe se seun in ʼn kamer in ʼn luukse hotel in Johannesburg besoek het. Die vrou voer aan Mugabe se lyfwagte het gestaan en toekyk toe sy aangerand is.

Sy het verskeie foto’s op sosiale media gepubliseer van haar beweerde beserings. Nadat Engels ʼn saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak het, het Mugabe haar egter op diplomatieke immuniteit beroep en geweier om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê.

Gabriella (links) en Debbie Engels vroër buite die hof. Foto: Brenda Masilela / ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Mnr Die Advokaat, vir Engels, moenie dat Mugabe hiermee wegkom nie : ‘PITBULL’

Daan Erasmus ·

Nog ‘n spyker in Mugabe se doodskis. So verkrummel hul verwronge wêreld. So kom alles tot ‘n einde. Die wiel draai, meestal stadig maar tog. Nou is die beste oplossing ‘n siviele eis.

jaco ·

Daardie foto van Engels is geneem tydens ‘n onderhoud wat etv met haar gehad het. Sy het die hele tyd tydens die onderhoud kougom gekou. So nie die wonderlikste maniere nie… Afriforum moes regtig meer navorsing gedoen het. Die Engelse pers het heeltemal ander stories oor me Engels. Sy is glad nie so “onskuldig” soos wat sy voorgee nie.

Anoniem ·

Daan, ek STEM saam met Jou – Arrogansie is nie volhoubaar nie

Sputnik ·

Ek wag in spanning om die uitspraak te hoor. Geregtigheid behoort te seëvier as die regter nugterdenkend is. Dan vir’n siviele eis!! Viva Pitbull! Sa, vat haar!

Sputnik ·

Oeps!! Jaco, ek’s gladnie verbaas as daar ‘n ander sy aan die muntstuk is nie. Tog, sy is aangerand en Grace behoort gladnie daarmee weg te kom deur agter diplomatieke immuniteit te kan skuil nie. Sy was in ‘n ander land en nie op amptelike besoek nie. Mens moet jou in jou eie land gedra, maar soveel meer as jy in die buiteland is.

Theresa B ·

En die Mugabies dink hulle is nogsteeds untouchable en kan septers swaai.

Verkeerd is verkeerd ·

Gaan nié oor halsbandjie mààr oor hónd …REG.. Dit is in landsbelang dat Diplomatieke immuniteit NIE MAG MISBRUIK WORD NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.