Grace Mugabe-immuniteitsbesluit: Regering sal nié appelleer

Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS/Flickr

AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se besluit verwelkom om nie te appelleer teen die Suid-Gautengse hooggeregshof se uitspraak om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde te stel nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ook die regering se aanduiding dat dit AfriForum en ander partye se regskoste sal betaal soos die hof gelas het, verwelkom.

Volgens Kriel is dit jammer dat die regering nie vroeër ag geslaan het op AfriForum se waarskuwings dat die diplomatieke immuniteit wat aan Mugabe verleen is ongrondwetlik is nie. “Dit is jammer dat AfriForum eers die howe moes nader om die regering te dwing om die regte ding te doen deur Mugabe se diplomatieke immuniteit terug te trek.”

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, het dié nuus Donderdag tydens ʼn perskonferensie bevestig. Sy het gesê die saak word nou aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oorgelaat.

Kriel het die NVG gemaan om so spoedig moontlik vervolging teen Mugabe in te stel. “Die NVG moet ook gereed wees om Mugabe in hegtenis te neem as sy sou besluit om na Suid-Afrika te kom. Die slagoffer in die saak, Gabriella Engels, moes reeds lank wag dat geregtigheid geskied.”

Kriel sê adv. Gerrie Nel en sy span by die organisasie se privaatvervolgingseenheid staan gereed om Mugabe privaat te vervolg indien die NVG in die saak sloer.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag beslis dat die diplomatieke immuniteit wat aan Mugabe toegestaan is, ter syde gestel word.

Volgens Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het die hof beslis die toestaan van immuniteit aan Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, was ongrondwetlik en moet ter syde gestel word. “Die hof het ook gelas die minister [van internasionale betrekkinge en samewerking] moet AfriForum en Gabriella Engels se regskoste betaal.”

Engels het Mugabe daarvan beskuldig dat sy haar aangerand het toe sy Mugabe se seun in ʼn kamer in ʼn luukse hotel in Johannesburg besoek het. Die vrou voer aan Mugabe se lyfwagte het gestaan en toekyk toe sy aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Van haar troontjie afgeval ! Eina die seer kom nog ! Wou nie hoor nie ! Hier is ‘n hele paar elektriese koorde wat ledig rondlê – disgrace !

1+1 ·

Waarom eers ‘n hooggeregshof uitspraak oor hierdie gebeure, voordat die regte ding gedoen word?. Die belastingbetaler moet weereens opdok vir die kansvatters in die regering. Die persoon wat die regering met regsadvies bygestaan het moet in sy of haar persoonlike hoedanigheid aangekla word en die regskostes te betaal. As dit slaag sal die oorwinning baie groter en aanneemliker wees.

marco polo ·

Jy weet mos, enige iets waar dit lyk asof blankes betrokke is, moet beveg word, al is dit verkeerd. Dit gaan oor die beginsel. Die Engelse spreekwoord, cut off your nose to spite your face, is hier van toepassing. Dit is hierdie soort idiotiese besluite wat van die regering en sy ondersteuning n bespotting maak.

Lana ·

Sisulu moet ook in haar privaat hoedanigheid regskoste help betaal.

Her ·

Tydmors. Die NVG bepaal die vervolging en sal sloer tot die stof gaan lê. Oor tien jaar sal hulle privaat vervolging toelaat en wie gaan omgee dan. Tipiese taktiek wat elke dag aan die orde is. Donderweer teen wind…

jaco ·

Maak reg vir GROOT REËN: Die swart ANC gaan nie appelleer nie teen ‘n uitspraak gemaak deur ‘n Indiër regter ten teen die swart mev. Mugabe en gunste van die wit Afriforum, die Kleurling me Engels en die wit monopolie kapitaal beheerde DA. Dis absoluut uniek.

marous ·

Lekker gehelp met haar wegkom .Stel eerder ‘n siviele eis teen haar in en verkoop haar luukse eiendom in sa

Daan Erasmus ·

Slaan haar waar dit seer maak. Op die beursie. Die kriminele saak gaan dood gewurg word. En dit gaan geld in die water wees.

Callie ·

En die minister moet uit sy eie sak betaal. Nie my belastinggeld nie

Judge Dredd ·

Maak nie saak – kan nie G Mugabe vervolg solank sy in Zimbabwe is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.