Grace Mugabe nié meer in SA

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Grace Mugabe, die Zimbabwiese presidentsvrou, het Sondag teruggekeer na Zimbabwe ten spyte van talle eise dat sy vervolg moet word nadat sy glo onlangs ʼn vrou in ʼn hotel in Sandton aangerand het.

ʼn Verslag van die Zimbabwiese nasionale uitsaaier, ZBC, het beeldmateriaal vertoon van waar die presidentsvrou saam met pres. Robert Mugabe by die Harare-lughawe aankom. Pres. Mugabe het ʼn beraad vir Suider Afrikaanse leiers in Pretoria bygewoon.

Die presidensie het Saterdag in ʼn verklaring gesê hy besluit nog of hy diplomatieke immuniteit aan Mugabe gaan toestaan ná die aanrandingsvoorval.

ʼn Koor stemme, onder meer dié van die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco, het geëis dat sy in hegtenis geneem en verhoor moet word.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het ook Vrydag gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens monitor Mugabe en is “op hoë gereedheidsgrondslag” om seker te maak dat sy nie die land verlaat nie. Hy het gesê daar is “geen manier” waarop Mugabe se vrou Suid-Afrika sal kan verlaat nie voordat die saak opgelos is.

AfriForum het gesê hy sal hof toe gaan indien dit bekend gemaak word dat Mugabe wel diplomatieke immuniteit gegun is.

“Sy mag dalk terug wees in Zimbabwe, maar dit sal beteken dat dit in die toekoms vir haar baie moeilik sal wees om terug te keer na Suid-Afrika,” het Willie Spies, ʼn prokureur vir die organisasie, gesê.

Dit is nog onseker hoe Mugabe die land verlaat het. In dié stadium is dit nog net bekend dat sy en Mugabe met Air Zimbabwe gevlieg het.

Mugabe sal na verwagting Sondag ʼn staatsbegrafnis vir ʼn voormalige minister in Harare bywoon. Dit is nie duidelik of Grace ook daar sal wees nie.

Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

E.K. - ek sê net! ·

Fikile se “op hoë gereedheidsgrondslag” het toe nie gewerk nie! Ons wil graag van hom verneem hoe het sy onderdeur die radar geglip! Nie dat ons ENIGSINS gedink het sy gaan vervolg word nie, Bob en JZ is mos dik vrinne. En Maroela plaas asb my kommentaar, dankie! Op ‘n vorige berig toe ek skryf van die dik vrinne is my kommentaar nie geplaas – wonder wat ek dan nou geskryf het wat rassisties, kru kras of vuil taal was!

Charmaine Coetzee ·

Kon alweer weg met alles was dit nou n ander persoon is die persoon dadelik in hegtenis geneem hie korrup wil die wette nog wees !!!!!SWAK SWAK SWAK!!!!!!!!

Fanie Grobler ·

Uiters swak van ons regering en polisie wat glo op gereedsheidgrondslag is of was. Weer n lagwekkende situasie vir die buitewereld.

Christo Bester ·

Verklaar wetgewing ongrondwetlik. Dit wettig kriminele dade onder vaandel van diplomatieke immuniteit.

Nita ·

Sies! En sy beoog om Zimbabwe se volgende president te word. Ek sien al hoe klim sy met n sambok onder haar opposisie in.

Basjan ·

“Fikile Mbalula, minister van polisie, het Vrydag gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens monitor Mugabe en is “op hoë gereedheidsgrondslag” om seker te maak dat sy nie die land verlaat nie. Hy het gesê daar is “geen manier” waarop Mugabe se vrou Suid-Afrika sal kan verlaat nie voordat die saak opgelos is.” Nou hoe nou mnr Mbalule???

Razzmatazz Fikile Mbalula sal hier ‘n goeie verduideliking uit die hoed uit moet pluk.

Adam ·

Ek hoop Pieter besef nou hoekom ek al meer as 36 uur gelede opgemerk het dat Kallie Kriel en Afriforum met eier op hulle gesigte gaan sit. Dit is nie asof ons nie waardering het vir Afriforum se goeie werk nie, dit gaan bloot oor die feit dat jy niks anders as opportunisties is wanneer jy jou gevegte so verkeerd kies nie.

Johan ·

Tragies genoeg Adam het ons almal dit gesien kom. Maar dis was mense wat maar net botweg geweier het om dit te besef het. Mugabe gaan inderewigheid nooit vervolg word nie.

Leahim ·

Die voorval het weereens bewys die vlak van onbevoegdheid waarmee hierdie piesangrepubliek bestuur word en Fikile is nou die grap van die week beslis.

Kaspaas ·

Wat my meer verbaas is dat daar mense is wat regtig gedink het hierdie scenario sou anders uitdraai kom nou bly ons op ander planete die hele insident sou net op een manier kon eindig en dit is presies soos dit nou gebeur het.

pieterdp ·

Geen sins vir wag dat die ANC regring enige iets sal doen om die land en sy burgers te beskerim nie. Wit of swart of enige ander kleur.

Ek hoop net sy sal die land vir biet word in die toekoms, nie dat die ANC iets sal doen nie.

Protes ·

Ek kan nie glo dat dit onseker is hoe sy na Zim toe is nie Robert het haar met sy vliegtuig kom haal wat op waterkloof gestaan het die einste waterkloof waar die Guptas ook land met hulle gaste sonder dat iemand daarvan weet wat n joke en ons betaal belasting hiervoor???

thelsa ·

Nou waar is Minister Fokulle Balula met al so grootpraterigheid en oorderewe stemtoon van hoe hulle ‘red alerts’ by alle gresnposte geplaas het? Siestog wat ‘n patetiese figuur is hy nie

Ben ·

thelsa – Jou raakvak wysiging van sy naam het my laat skaterlag – die eerste keer in jare. Dankie!

Johan. H. ·

Bahhhababbbbbba ahaaaa, Sorrie frikkie bhhahahha ek kan my lag nie hou nie hahahahah ,, Julle klomp narre vanaf die kabinet regdeur mmbbbbahahahahahh hahhaa,,Julle wil n land run
.HAHAHA, Ag mm moennie nou my skrywe werwyder nie ,, Anders gaan julle ook dalk narre genoem word,, Boswell wilkie ons het n plaasvervanger…

Justice ·

Ek kan net wonder wie nou met die Mugabe omkoopgelde sit – ek vertrou dat Afriforum `n effektiewe Plan B het.

Tiger ·

Die minister van polisie monitor net so goed soos die SAP. Wat het geword van “wet en orde handhaaf”?Betogers beskadig teerpaaie en die SAP MONITOR net die situasie!Hulle maak seker die paaie se ryvlak word deeglik beskadig.
Minister Fikili het sy naam deeglik met ‘n plank geslaan met die’ Mugabi geval!En hy gaan nie tot verantwoording geroep word nie.Merk my woorde.

Edward Shawe ·

Hierdie moet nou aanskou word as n internationale skandaal aan die regering en Zim regering se kant. Hulle reken dat hulle bo die gereg verhewe is.

LR ·

Gerrie kla haar aan, bevind haar skuldig, eis miljoene as skadevergoeding, lê beslag op haar eiendom, verkoop dit en vergoed die slagoffer daarmee. Sy mag nie skotvry daarvan afkom nie.

HPV ·

Mugabe het gepraat, toe spring ons sogenaamde regering tot sy diens. Buig nederig voor hom en smeek om vergifnis. Hoekom is niemand verbaas nie. Dit is om van naar te word!

BAREND ·

hulle het vanaf waterkloof lugmagbasis huis toe gevlieg ,baie slim so onder almal se neuse

Petro ·

Se net hoe kan sy uit haar korrupte land kom en sommer ons burgers kom aanrand maar dit is die mense Zuma hom by skaar hy voel niks vir die land se burgers nie hoekom verhuis hy nou nie maar Dubai toe nie

Xantipye ·

Ag liewe mede bleek landsgenote, rêrig?! Ek sien mense praat nog van die SAP?! Dit was nog in die ‘goeie’ ou dae. Nou is dit die SAP’S’, ‘-S’ vir ‘service’, nes SAR’S’ en al die ander SA-agtervoegsels. Eendag skryf iemand dat hy lank gewonder het wat die ‘S’ eintlik kon verteenwoordig (in rasionele terme) in ons sogenaamde nuwe ‘reënboogland’. Toe loop hy eendag by die koõperasie in en hoor hoe twee landbou-vrinne mekaar groet. Die een vra toe ook vir die ander: “When can I borrow your bull to come ‘service’ my cows?” Sedertdien het die ‘S’-agtervoegsel vir my ook ‘n nuwe dimensie vir ‘service’ gebaar. Ek is kinderlik nuuskierig oor die vars basis wat ou Bob se wederhelf se Sandton-manewales bied vir ons skerp spotprent-skeppers (bleek en nie-bleek) se databasisse.?! Groete

Marie Senekal ·

Hoe op aarde verstaan mens dit? Moes Grace Mogabe nie aangekla gewees het van poging tot moord nie? Dit was nie gewone aanranding nie. Sy het geslaan om ernstig te beseer wat tot die meisie se dood kon lei. Kyk na die kopwond. Ek verfoei wat die Adj.Minister van Onderwys gedoen ..maar hy moet boet vir sy dade … WAT HET MUGABE anders gedoen as brutale, WREEDAARDIGE aanranding wat tot die meisie se dood kon lei? WIL GRAAG VAN DIE POLISIE WEET: omdat sy diplomatieke immuniteit het mag sy ons vroue en kinders wreedaardig kom aanrand? Of volgende keer doodslaan? SY BEHOORT NOOIT WEER IN SUID-AFRIKA TOEGELAAT TE WORD NIE.

Johan ·

Soos, ek al voorheen gese het. Geen persoon met diplomatiese immuniteit mag in gevolge die Geneve kovensie gearresteer of vervolg word nie. Die regering moet n versoek aan Zimbabwe rig dat sy daar vervolg word. Wat ons weet nooit sal gebeur nie.

jaco ·

ek sou graag wou weet waarom my kommentaar nie geplaas is nie, want dit was nie seksisties of rassisties ens ens nie. Anyway, gaan kyk op news24 en msn.com. Dié me Engels is dalk nie so onskuldig as wat sy voorgee nie…

Swartkat ·

Suid Afrikaners word vir ‘n gek gehou deur die ANC en die Minister van Polisie

Chrisjan ·

Daar gaan dadels van die’ aanrandings klag teen haar kom,Gerrie Nel se toetrede ten spyt.En merk my woorde sy sal weer en weer Suid Afrika toe kom vir ”inkopies” want Zim is leeg.

Skilpad ·

Hoeveel byt het Afriforum?
Grace IS landuit. NOU hou ons vir Gerrie Nel, Willie Spies en Afriforum met valkoë dop.
Dis tyd vir geregtigheid.

Marous ·

Lees art 13 van die Strafproseswet dan sal jy sien daar is geen byt nie.

Johan ·

Baie van ons was/is kritieks oor Afriforum se betrokkenheid by die aangeleentheid. Daar was mense wat baie kwaad en onstoke was. Want hulle wou nie dit insien dat Afriforum niks in die geval sou kon vermag, soos wat almal gesien het nou.

SARIE VAN HEERDEN ·

Gerrie Nel is ‘n goeie regsman maar hy staan geen kans teen die Mogabevrou nie. Hy het ligte en reguit hare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.