Grace Mugabe pleit glo vir diplomatieke immuniteit

Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende nasionale polisiekommissaris. Foto: Chantall Presence/ANA

Dit het Woensdag in die parlement aan die lig gekom dat die regspan van Grace Mugabe, Zimbabwe se presidentsvrou, vir diplomatieke immuniteit gepleit het voordat sy veronderstel was om haarself aan die Suid-Afrikaanse polisie te oor te gee.

Maroela Media het vroeër berig Gabriella Engels (20), ʼn model van Johannesburg, beweer Mugabe het haar die afgelope naweek in ʼn hotel in Sandton aangerand nadat sy Engels in die geselskap van haar twee seuns aangetref het.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die verdagte in die saak veronderstel was om Dinsdag by die polisie in Sandton aan te meld, maar dat sy dit nie gedoen het nie. Naidoo kon egter nie die naam van die verdagte bevestig nie, aangesien ʼn verdagte eers in die hof moet verskyn voordat die persoon se naam bekend gemaak kan word.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Woensdag in die parlement gesê die beweerde aanranding het glo Sondag gebeur, maar die polisie het eers Maandag daarvan bewus geraak. “Dit is Maandagmiddag onder die polisie se aandag gebring en ons provinsiale kommissaris het ʼn span saamgestel om na haar [Mugabe] te soek,” het Mothiba aan die parlement se portefeuljekomitee vir polisie gesê.

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

“Sy het uit die hotel geteken waar sy saam met haar twee seuns gebly het.” Dinsdagoggend het Mugabe se regspan diplomatieke immuniteit gepleit, maar ná ʼn gesprek met Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die polisie besluit dat sy nie op dié wyse vrygespreek sal word nie. “Ons posisie was dat sy hof toe moet gaan. Ons het heeldag gister [Dinsdag] vir haar gewag. Ons het ʼn verklaring van haar af verwag,” het Mothiba gesê.

Hy het gesê hy kan nie bewerings dat Mugabe die land verlaat het bevestig nie. “As sy regtig die land verlaat het, sal sy nie net vir ons in gedrang bring nie, maar ook haar regspan.”

Vroue van staatshoofde sal gewoonlik met diplomatieke paspoorte reis wat aan hulle diplomatieke immuniteit verleen. Dit is egter nie duidelik of Mugabe met ʼn diplomatieke paspoort na Suid-Afrika gereis het nie. Die presidentsvrou was na bewering in Suid-Afrika om mediese behandeling te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Boer ·

So sy kan hier doen wat sy wil!?!?
Belaglik!
Seker ook nie so belaglik nie as jy kyk wat almal wat nie wit is nie in hierdie land reg kry….

Willem ·

Daar sal niks met haar gebeur nie . As haar van Steyn of Burger was , was jy steeds agter tralies.

Jakalas ·

Sy kan net diplomatiese immuniteit kry as sy in Suid Africa was op offisieële besigheid. As dit was vir persoonlike redes, kan sy dit nie kry nie. Dis sovêr as wat ek weet.

Oosie ·

Diplomatieke immuniteit kan mos nie vir ‘n kriminele oortreding geld nie? Wat gaan DAN van ons land word?

wicus ·

HULLE KAN MOS OP BINNELANDSE SAKE KYK OF SY IN OF UIT IS HOE MOEILIK IS DIT,

IS SY NIE FAMILIE VAN MBEKI NIE

Neels ·

Die dame kan bly wees sy het grace by haar majesteit ontvang, en so lig daarvan afgekom om die storie te vertel. Sy kon net sowel verdwyn het soos somige politiek teestanders van zim al in die verlede verdwyn het. Sy kon selfs in Nigerie of Singapore haar oe oopgemaak het. In elkgeval daar sal niks hiervan kom nie die dame moet maar swyg en n lae profiel handthaaf en weg bly van Bobby en kie af volgende keer gaan sy nie weer so lig daarvan af kom nie

Edward Shzwe ·

Verban die Mugabes uit die land uit. Ons het nie ander lande se gespuis in ons land nodig nie. Ons sit alreeds met ander lande se onwetige imigrante wat die lewe van ons Suid Afrikaners hel maak. Deporteer ook al die onwetiges uit Suid Afrika.

Lynett ·

Nou waar is dié nênnie dan nou? Is sy nou of is sy nie meer in SA nie? Nee wat, Missus Grace, jy sal moet leer dat ‘n mens nie eers verkeerd kan doen en dan agterna net kan sê “sorry” (of, soos in haar geval op diplomatieke immuniteit beroep nie) nie. Behoede dank die Vader dat dit tog nie ‘n blanke dame was wat die modelletjie ‘n klap of twee gegee het nie, want dan was sy al lááánkal in die tronk, maak nie saak of sy Prinses Diana (reincarnated) is nie.

Anoniem ·

Dit wys nou maar net wat van Zim oorgebly het. Hulle het nie eers die nodige dokters om haar te diagnoseer en behandel nie. Nog minder universiteite wat die moeite werd is om hul seuns te laat studeer. Hoekom hardloop hulle na hierdie wit monopolie kapitaal land toe? Hoekom moet ons dit aanvaar? As sy wou slaan, hoekom het sy nie haar eie seuns geslaan nie?

E.K. ·

‘n Kenner het gisteraand op die nuus gesê dat sy SLEGS om diplomatieke immuniteit mag vra as sy op ‘n diplomatieke/staatsbesoek was wat sy NIE was nie. Geld en status kan nie klas koop nie, die het sy bewys met haar optrede!

Dereck Le Roux ·

Reik ‘n lasbrief uit vir haar inhegtenisname uit wat geld vir alle oortreders wat nie bo die wet verhewe is nie en neem haar in hegtenis as sy die land verlaat het of weer wil terugkom en voeg sommer die klag van minagting van die hof by.

Ouma ·

Ag die storie is ‘n lot tjol! Behoede Zim as sy die staatspresident moet opvolg. Klink my genadeloos.

WonderNet ·

As ek daardie klaer was sou ek nou gaan wegkruip, kans is goed sy gaan verdwyn

Marisa ·

As die dame by haar seuns in hul kamer was, was dit op HULLE uitnodiging – weet ons nie hoe die dinge werk nie?? Watse reg het mev Mugabe gehad om die ‘genooide’ dame aan te val??

Swart Piet ·

Waar kan ek ook so n paspoort kry asb. Ek soek bitter dringend een.

Oosie ·

Diplomatieke immuniteit kan mos nie vir ‘n kriminele oortreding geld nie? Wat gaan DAN van ons land word?

pie in the sky ·

Wat n lekker warm patat vir die SA regering. Arme ma Grace…. Al wat sy wou doen is om haar twee ou seuntjies in daardie middelslag hotelkamer te kom uit red – eish!

erika kotze ·

wat vir my snaaks is…
hoekom moet hulle in SA kom studeer en hierna ons dokters kom???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.