Grace Mugabe: ‘SA het geloofwaardigheid verloor’

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Suid-Afrika het sy “geloofwaardigheid rakende menseregte” verloor nadat hy diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe, Zimbabwe se presidentsvrou, toegestaan het nadat sy na bewering ʼn 20-jarige vrou aangerand het, het ʼn regskenner Maandag gesê.

Grace, vrou van Zimbabwiese president Robert Mugabe, het Sondag na Zimbabwe teruggekeer nadat die Suid-Afrikaanse owerhede diplomatieke immuniteit aan haar toegestaan het. Dit beteken dat Mugabe nie vervolg kan word op die aanklagte teen haar nie.

Mia Swart, ʼn regsprofessor aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), het Maandag aan eNCA gesê die besluit om immuniteit aan Mugabe toe te staan, is “onverskoonbaar”.

“Dit is ʼn misbruik van die doktrine van diplomatieke immuniteit,” het Swart gesê. “Dit is ʼn doktrine wat mense beskerm wat ʼn misdaad pleeg in die uitvoer van hul amptelike pligte. Op geen manier kan dit ʼn uitbreiding van jou amptelike pligte wees om iemand te slaan nie.”

Maroela Media het vroeër berig Gabriella Engels (20), ʼn model van Johannesburg, beweer Mugabe het haar verlede naweek in ʼn hotel in Sandton aangerand nadat sy Engels in die geselskap van haar twee seuns aangetref het. Engels het ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen Mugabe aanhangig gemaak.

Mugabe het haar egter op diplomatieke immuniteit beroep en is aanvanklik verbied om die land te verlaat terwyl die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) haar versoek oorweeg het. Die afgelope naweek het Maite Nkoane-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerkingsooreenkomste, bevestig sy het aan Mugabe diplomatieke immuniteit verleen op grond van die “Wet op Diplomatieke Immuniteite en Voorregte” en Mugabe het na Zimbabwe teruggekeer.

Swart meen daar is bitter min kans dat die burgerregte-organisasie AfriForum se pogings om geregtigheid vir Engels te kry suksesvol sal wees. “Die kanse dat Grace Mugabe vervolg gaan word, is uiters min tot nul,” het Swart gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Verwonderd ·

Wonder wat sou gebeur het as sy iemand vermoor het… Duidelike! sekerlik maar dieselfde… Die regering het geen hart vir sy eie mense nie. Dankie disGrace dat jy so ‘n ou liggie laat skyn het op die hartsmotiewe van ons leiers.

Izzane ·

Dit se eintlik net vir ons ons as Suid Afrikaners het geen reg nie. Ons regering stel nie belang om sy eie mense te beskerm nie maar eerder iemand wat ‘n uitlander is en wat nie ‘n diplomaat is nie meer regte het in ons land. Ons regs stelsel in in sy dinges in en dit is ligtelik gestel.

Gerrit ·

Hulle is dieselfde leiers. Hulle word beskerm hulle mag geld en plase vat en moor soos hulle wil. Maar glo alle verkeerde dinge kom ok tot n n end. Jammer dat mense se lewens daar gaan onder ly

Michael ·

Ek hoop waneer die DA koalisie regering aan bewind kom isoleer hulle Zimbabwe en sy diktator regering totdat hulle ook n nuwe regering kry en die Mugabes uitgelewer word vir die straf wat hulle toekom

Veritas ·

Niks sal verander as die DA dalk met ‘n vloekskoot aan bewind sou kom nie. Dalk die gebruik van die term ‘kaders’ en dit is al.

Adam ·

SA het vir seker nie sy geloofwaardigheid weens Grace verloor nie. SA het lankal geen geloofwaardigheid nie. Hierdie is bloot nog ‘n simptoom van SA se terminale politieke toekoms. Ek stem saam met Me Swart dat Afriforum sy tyd mors, soos ek tevore genoem het. Ek verstaan egter dat ons almal na strooihalms gryp om te probeer red wat te redde is. Izzane, dit is nie dat ons regstelsel so sleg is nie, maar wel dat die reg nie eers sy loop kan neem nie. Die onsinnige besluit is nie deur die howe gemaak nie.

Edward Shawe ·

Kla die ANC regering aan vir dwarsboming van die gereg op diplomatieke umuniteit.

Bruno Stef ·

Kry n hofbevel en le beslag op haar eiendom en bankrekening of bevries dit tenminste totdat n uitsluitsel in n SA hof gegee kan word.

Johannes van Staden ·

Geloofwaardigheid …wat is dit …al laaaankal verloor en by die venster uit. SA is nou n volskaalse sirkus !

Renier ·

Nou moet julle sien hoe verwaand antie Disgrace gaan word. Mos nie die eerste keer nie.

Johan ·

Ek wonder as die vrou wat aangerand is, n wit vrou was, of daar nog steeds so n bohaai gemaak sou gewees het?

Ouman ·

Die woorde ANC en geloofwaardigheid kan nie in dieselfde sin gebruik word nie. Net nog ‘n piesangrepubliek in die derdewereld. Selfs in Afrika word SA geminag.

popeye ·

Ek haal J.P. Landman aan… ekonomiese groei onder die ANC – regering is jaar-tot-jaar beter as onder die Apartheidsregering. My opinie: geld en voorspoed is minder werd as : gevoel van veiligheid, samehorigheid, vrede en probeer om vir almal iets beter te gee(al slaag dit nie elke keer nie) , kom ons noem dit “die intensie is daar”. Dit spreek tot ‘n morele gelyke speelveld. Laasgenoemde punt is duidelik iets wat die ANC nie kan of wil bemeester nie! Kan-nie is opleibaar, afrigbaar, leerbaar. Wil-nie is egter ‘n heel ander storie. Dit is krimineel.

Willie ·

Tipies ANC regering. Absoluut onbetroubaar!
Pas dubbel standaarde toe soos en wanneer hulle wil. Geen integriteit!

Politiek speel saam met die “comrades” aan die orde van die dag (Mugabes). Reels word aangepas volgens wie en wat jy is.
Geen beskaafde land funksioneer so nie!!

Nicolise ·

WAT HET SY DAARGEMAAK? Dis al wat ek wil weet. As sy dan nou so ‘n model is wat maak sy daar?

Mammon ·

Geld, my skat. Die Mugabe seuns is lekker ryk en behoort dus ‘n “vangs” te wees?

BANG JAN SE VROU ·

Ek sal JP Landman NOOIT aanhaal nie want hy kyk maar nes die ander met ‘n ander oog na ons omstandighede as minderheid in die land maar weereens is dit net sy eie opinie.

Willem ·

Kom ons kry eers die “rommelstatus” reg voor ons oor “geloofwaardigheid” begin praat..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.