Grace Mugabe vandag nog in hof

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Zimbabwe se presidentsvrou Grace Mugabe het haar aan die polisie oorgegee nadat aanklagte van aanranding teen haar aanhangig gemaak is.

Grace, vrou van pres. Robert Mugabe, sal na verwagting vandag nog in die hof verskyn. Die 20-jarige Gabriella Engels het aanklagte van aanranding teen Mugabe aanhangig gemaak.

Engels beweer sy is met ʼn verlengingskoord aangerand nadat Mugabe haar in die geselskap van haar [Mugabe] twee seuns gevind het. Engels het beserings aan haar kop en kneusplekke op haar lyf opgedoen.

Volgens berigte was Mugabe in Suid-Afrika om mediese behandeling te ontvang. Engels beweer sy was saam met Mugabe se twee seuns, Robert jr. (25) en Chatunga (21), by hul woonstel in Sandton toe sy aangeval is. Die Mugabe-seuns was glo onvas op hul voete ná ʼn lang aand se gekuier.

Gabriella Engels beweer dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar aangerand het. Foto: ANA

Engels het foto’s ná die aanranding gedeel waarop ʼn sny op haar voorkop gesien kan word. Sy beweer dat Mugabe haar in die teenwoordigheid van verskeie persoonlike veiligheidswagte aangerand het.

Die Mugabe-seuns, wat voorheen in Dubai en Harare gewoon het, is verlede maand by ʼn luukse woonstel in Sandton verwyder nadat hulle glo in ʼn onderonsie met ʼn veiligheidswag betrokke was. Die veiligheidswag is tydens die struweling beseer.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het die beweerde aanranding deur Mugabe veroordeel en gesê dit is kommerwekkend dat die voorval tydens Vrouemaand gebeur het. “Die voorval word verder vererger deur die feit dat iemand met ʼn hoë sosiale status in die samelewing daarby betrokke was,” het Nkosi-Malobane gesê.

“Niemand het die reg om vroue te mishandel nie, ongeag die situasie. Mense van Grace se kaliber is veronderstel om ʼn voorbeeldige lewe te leef en ʼn rolmodel te wees wat jong vroue inspireer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Witblitz ·

Dit is eintlik maar ‘n beter idee om nie saam met Mugabe se seuns te partytjie nie.

Leahim ·

Sien net ek die onregverdigheid hier sy word nie gearesteer sy verskyn onmiddellik in die hof waarna haar saak uitgeste gaan l word todat dit vanself of met hulp doodloop.

Liza101 ·

Nou is dit erger oor dit in “vroue-maand” gebeur het? Dit moet NOOIT gebeur nie! En ja daar gaan niks van kom nie!

Laurika ·

Ek werk saam iemand wat oorspronklik van Zimbabwe is. Sal julle glo wat in hulle koerant staan vandag? Dat Grace Mugabe deur ‘n wit vrou aangeval is, maar dat sy ongedeerd is danksy haar lyfwagte en dat sy teen vanaand veilig terug in Zim sal wees. Ek het die koerant berig met my eie oë gesien.

Johannes van Staden ·

Laurika het jy dalk n link na die artikel …die waarheid van so iets moet uit want dit is sy wat iemand aangeval het ! So word die leuns deur die korrupte mense aan almal versprei wat SO verkeerd is. En waar is die minister wat vroue so warm klap links en regs …sien NIKS gebeur met die anc vroue slaaner nie ….net mooi NIKS !

Anoniem ·

Ek hoor op die radio sy is klaar terug in Zimbabwe? Moes sy nie gearresteer word nie omdat sy ‘n vlugrisiko is? Of geniet sy diplomatieke immuniteit?

Gert ·

Wie sal haar arresteer Mugabe is Zuma se beste vriend nou wat sal hy nou dink as Grace nou in die tronk moet slaap as ek daai vrou is maak ek nou ‘n saak teen die polisie wat nie hulle werk gedoen het nie.

dit wys jou weereens hulle is onbetroubaar die polisie het nou net gese hulle is besig met die saak op die 7 uur nuus

kom afriforum help die Dame dat geregtigheid sal geskied vat die polisie hof toe laat hulle betaal vir hulle leuns

Henk ·

Afriforum,Solidariteit,Gerrie Nel,watever. Hulle is almal te sleg om op te staan teen die regering. Ek so pas besluit ek gaan altwee se donasies wat ek elke maand gee staak.

Johann du Toit ·

Ek is nou heeltemal deurmekaar. Het Grace Mugabe die Suid-Afrikaanse reg ontglip? Minister Fikile Mbalula het aan die media gesê Grace het haar samewerking gegee, sy het by die bepaalde polisiestasie aangemeld en hy het ook aangedui dat sy vandag in die Randburgse hof sou verskyn,Nou blyk dit dat hy nie goed ingelig was nie. Sy was nie by die polisistasie om 10 uur nie. Haar regsspan was wel daar. Sy het nie in die landdroshof verskyn nie want ‘n dosier was teen laat middag nog nie deur die polisie uitgereik nie. En om alles te kroon is daar bronne wat beweer dat sy reeds in Harare aangekom het.

Mugabe bo die wet ·

Die Mugabe familie is bo die wet verhewe. Wette is nie op hulle van toepassing nie, en dus kan die Mugabe gesin maak wat hulle wil. Die gesin is veronderstel om elite te wees, maar hulle optrede toon die teenoorgestelde.

Hierdie insident is soortgelyk aan die situasie met Sudan se president Omar al-Bashir wat uit Suid-Afrika gevlug het.

Gaan die hof nou ‘n lasbrief vir Mugabe se inhegtenisname uitreik vir wanneer sy weer in Suid-Afrika aankom? Nee, Mugabe is bo alle wette in beide Zimbabwe en Suid-Afrika.

Henk ·

En daar is die krimineel land uit! En so sal sy terugkom vir nog mediese behandeling en NOOIT gearresteer word nie. MAAR laat die slagoffer nou die een gewees het wat die krimineel aangerand het, dan was sy summier gearresteer en ten minste twee dae aangehou vir die aanhoor van ‘n borgtog aansoek wat dan weer vir sewe dae uitgestel sou gewees het en AS sy gelukkig was sou sy duisende rande aan borggelde moes betaal! Hierdie piesangrepubliek van ons se “grondwet” en “handves vir menseregte” is uitsonderlik en eksklusief opgestel om die kriminele te beskerm en GEEN regte aan die gewone landsburger te bied wat slagoffers van misdaad is nie!

Henry 59 ·

En so sal die Suid Afrikaanse regering seker vir Grace om verskoning vra………………..

FRED ·

NOU WEET EK NIE WAT OM TE GLO NIE. GISTRAAND OOR DIE NUUS EN VANOGGEND WORD DIT BESPIEGEL DAT SY TERUG IS IN ZIMBABWE EN NOOIT BY DIE POLISIE AANGEMELD HET NIE. TOT DIE MINISTER HET GESE DIE SAAK DUUR NOG VOORT EN WORD ONDERSOEK. NOU WAAR IS DIE VROU DAN – SY KAN MAAR SEKER MAAK NET WAT SY WIL.

JJ ·

Maroela – Fred is reg RSG het vanoggend bevestig dat Me Grace laas nag terug gevlieg het Zim toe – kan julle dit bevestig asb

Theresa ·

Gisteraand 7uur nuus het die polisie gesê sy het nie aangemeld nie. Ek glo bv. glad nie dat hierdie aanrander voorstok gekry gaan word nie. Kan die regering en die polisie vir ons wys dat hul mans genoeg is om haar te arresteer, in aanhouding te hou (soos baie mense) en die waarheid te bewys, asb.???!!! Sies vir so ‘n “hogere” om sulke goed te doen. Wys net. En die vorige oortredings in S A deur die jongmans. Was hul vir die beserings van die veiligheidswag in aanhouding en was hul gearresteer? Wat gaan aan – mense moet aandring op ordentlike antwoorde met feite gesteun. Pappie sit en lyk baie vaak terwyl vroutjie gisteraand klets, klets, klets…

Theresa ·

Gabriella moet beter pêlle kies om by te kuier. Wat sê haar ouers?

Johan ·

Ou grace kan nie in SA vervolg word nie omrede sy diplomatieke Immuniteit geniet ingevolge die Geneve kovensie. Dit beteken ook dat sy nie gearresteer kan word of n verklaring van haar afgeneem word mag word nie. Die SA regering moet Zimbabwe vra om haar daar te vervolg. Wat ons almal weet nie gaan gebeur nie.

Piet Pompies ·

Mev Mugabe het gister ons regstelsel ontglip met of sonder die hulp van die regering en is terug in die land waar haar man diktatorskap uitvoer.
Zimbabwe en SA regering is mekaar goedgesind en daar sal nie veel van die saak kom nie.

Johan ·

Ou grace kan nie in SA vervolg word nie omrede sy diplomatieke immuniteit het. Sy kan nie eers gearresteer word nie. Geen verklaring mag van haar bekom word nie. Dit alles ingevolge die Geneve konvensie. SA moet Zimbabwe vra om haar daar te vervolg. Wat ons almal weet nooit sal gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.