Graeme Bloch se bejaarde ouers dood aangetref

Argieffoto

Die onderwysbeleidskenner Graeme Bloch se ouers, Aubrey Jackson (94) en Rosalie Bloch (84), is Saterdag dood aangetref in hul huis in Rosebank, Kaapstad.

ʼn Familielid het omstreeks 09:00 op die egpaar afgekom, het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. Die egpaar was vasgebind en die polisie vermoed dit was ʼn rooftog wat tot die egpaar se moord gelei het.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof,” het Rwexana bygevoeg. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Bloch is getroud met struggleveteraan Cheryl Carolus.

Die ANC het die “gewelddadige, koelbloedige” moord veroordeel. “Ons veroordeel ten sterkste die lafhartige optrede teen weerloses en bejaardes. Dis baie jammer om te sien dat ons nog steeds diegene onder ons het wat ander se reg om te lewe minag, gemotiveer deur selfsug en wreedheid,” het Pule Mabe, woordvoerder vir die ANC, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

leser ·

wanneer van die ANC se “familie” seergemaak word het die ANC veel te sê .
“Die ANC het die “geweldadigde, koelbloedige” moord veroordeel. “Ons veroordeel ten sterkste die lafharige optrede teen weerloses en bejaardes. Dis jammer om te sien dat ons nogsteeds diegene onder ons het wat ander se reg om te lewe minag, gemotiveer deur selfsug en wreedheid,” het Paul Mabe, woordvoerder vir die ANC, gesê.
Wanneer dit wit plaasboere seerkry, bly die ANC tjoepstil, rassisties soos gewoonlik

Hanna ·

WAAROM REAGEER DIE ANC NET AS DIT HULLE RAAK??? IS ALLE MOORDE NIE DIESELFDE NIE???

Lollie ·

Die ANC bla bla bla maar net! Soos ń klein hondjie met meer bek as binnegoed. Indien hulle regtig so sterk daaroor voel sal hulle meer drasties optree maar moord en doodslag vier hoogty in SA! Hulle probleem is dat hulle niks vir ń lewe voel nie daarom doen hulle niks. Hulle is mos omring deur veiligheidswagte ens… Ons het almal ń reg om te lewe maar hulle wil besluit wie daardie voorreg het en wie nie!!!!

Anoniem ·

Die regering se kommentaar oor hierdie twee bejaardes war vermoor is, gee die VF+ meer skietgoed as hulle plaasmoorde onder internasionale aandag bring, want oor bejaardes wat uiters wreed tydens plaasaanvalle vermoor word, sprak die regering geen sprook. Die regering se dubbele standaarde word ontbloot.

Msp ·

Baie hardseer dat nog 2 ou mense deur krimenele vermoor moes word tog kan ek nie help om te se dat dit my verbaas dat die ANC hulle net uitspreek as dit mense in hulle geledere is wat geraak word. Weereens ‘n geweldege sterk bewys dat die ANC nie alle Suid Afrikaners verteenwoordig nie. Sterkte met die naasbestaandes wat hierdeur erg geraak is. Dink in my gebede aan julle.

Ella ·

ANC is jammer en ontsteld en verontreg dat dit met iemand na aan hulle gebeur het. Ek is nie ANC nie maar baie jammer, ontsteld en hartseer OMdat dit gebeur het met die ou mense, maar ook oor al die plaasmense en ander alle mense wat al hul lewens en als verloor aan gewetenlose moordenaars en misdadigers. Julle dubbele standaarde maak baie seer.

Jack Klok ·

Dis die ANC wat hierdie ou mense en die ander 18000+ mense wat jaarliks hulle lewens op onnatuurlike wyse verloor vermoor het. Die ANC en sy trawante se amptelike beleid is die NDR, die “national democratic revolution”. Per difinisie is revolusie die omverwerping van die bestaande gesagsordes, nie net in die gesagstrukture nie maar ook waardestelsels. Alles word op sy kop gekeer, goed word vervang met sleg, eerbaarheid met korrupsie, hardwerkendheid met stakings, medemenslikheid met rassehaat, spaarsamigheid met spandabelrigheid ens ens. Verskillende groepe word teen mekaar opgesweep met allerhande valse aansprake, van voorheenbevoordeling, onderdrukking ens. Kommunisme gedy op chaos.

Die krokodiltrane wat nou gehuil word oor twee van hulle eie onder misdaad ly is net “virtue signalling” – kyk hoe empaties is ons – maar hulle doen niks aan hulle haataanblasing nie.

Die ANC is die groot oorsaak van al die ellende wat Seffricans tans beleef. Die grondbeginsel van hulle landsregering gaan om eie gewin ten koste van alle ander mense in die land.

Karien ·

ANC of de nie, geen mens verdien om vermoor te word nie. Dis jammer die dag as mens jou simpatie en omgee vir ander verloor en as mens afgestomp raak vir ander oor hulle ras, geloof of uitkyk oor die lewe of waarvoor hulle staan. n Mens bly n mens, moord bly moord, geen een moet so uit die lewe gaan nie.

Reti ·

Stem só saam met jou Karien. Hartseer. Moord bly moord. My tuiningenieur is na 20 jaar by my doodgesteek met mes. Ek was en is nog steeds hartseer oor hom.

Carine ·

ABSOLUUT KARIEN, dit is hoekom dit vir ons onaanvaarbaar is dat die ANC nie simpatie met die boere wat vermoor word of die oumense wat dood in hulle huise aangetref word toon nie . Dit is VREESLIK wat met oumense gebeur en NET een paartjie kry SIMPATIE en EMPATIE by die regering, die ander se wrede sterftes was maar net ‘misdaad’. MOord bly MOord soos julle inderdaad se, BOER of BLOCH .. hulle is almal vermoor.

Johann ·

ANC LEGACY! Hoe dan nou skielik so ontsteld wees? SIEK SIEK SIEK

Rupert Ashford ·

Raas maar lekker ANC. Dit is julle maaksel hierdie.

Duncan Potgieter ·

Dit is `n duidelike bewys dat die ANC met hul kenmerklike openlike rassistiese optrede die moord met `n ander “Kleur Bril”, beoordeel. Omdat die “Block`s” kamstig deel van die struggle elite was, veroordeel hulle die daad, maar as plaasmense van alle kleur op die mees onmenslike wyse gemartel en vermoor word, is hulle tjoepstil.

Oom Kalahari ·

Alle medelye en simpatie aan die families en vriende vir hierdie ongenadiglike daad wat gepleeg is. Geen oumense of kinders of enige mens man of vrou verdien om op sulke geweldadige maniere vermoor te word nie. Dit bly opkom by my of hierdie nie politieke of magspel is nie om skielik nou aan die buite wereld te probeer bewys dat daar aanvalle skielik op ander kleuriges ook is om die plaasaanvalle gevalle te verbloem en te ontspoor nie. Baie taktiese strategiee sal aangewend word om finansiele hulp te bekom van buiteland met storie van misdaad te bekamp en nie genoeg fondse het nie asook om hul tot aanloop van 2019 verkiesings te befonds en te versterk. Die massas gan skielik weer baie RDP’s kry, kospakkies, keppies, sambrele, T-hemde ens. Die ANC, EFF, BLF is gesamentlik en DA ‘n vleuel van die struggle manifes. Ons moet onthou dat kommunistiese stelsels baie onderduimse beplannings doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.