Grafika: Polisiestasies val (letterlik) uitmekaar

Van links: Theuns du Buisson, ekonomiese navorser aan die SNI, Morné Malan, hoof van kommunikasie aan SNI, en Renate Barnard, sektorkoördineerder aan Solidariteit (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Onpadwaardige voertuie, geen internettoegang of lugversorger nie en riool wat teen die mure afloop. Dit is wat talle polisielede landswyd elke dag moet trotseer om hul werk te doen.

Dit het uitgekom in ʼn omvattende studie van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onder 400 speurders oor hul persoonlike en werksomstandighede in die polisiediens.

Die SNI het Dinsdag ’n verslag van die studie, saamgestel deur Theuns du Buisson, ekonomiese navorser aan die SNI, bekendgestel.

Van die 394 respondente wat die vraag beantwoord het of hulle tevrede is met hul werksomstandighede, het 57% gesê hulle is nie tevrede nie en ’n verdere 19% wat die meeste van die tyd nie tevrede is nie.

In verband met hulpbronne het 233 van 393 respondente (59,2%) gesê hulle is nie tevrede met die hulpbronne tot hul beskikking nie en amper ʼn kwart (24%) is meestal nie tevrede nie.

Du Buisson sê die tekort aan toerusting en hulpbronne kan toegeskryf word aan die tekort aan kapitaal en ondoeltreffende aanwending van kapitaalhulpbronne.

“’n Tekort aan hulpbronne kan ’n enorme impak op sake hê deurdat bewysstukke wat speurders ingesamel het, soms nie in die hof toegelaat kan word nie of sake laat sloer.

“Boonop dra die agterstand met DNS-toetse in die forensiese laboratorium ook by dat sake sloer.”

Hy sê die polisie sukkel al die afgelope dekade om ʼn voldoende aantal dossiere betyds hofgereed te kry. “Dit het verbeter van 2016 tot 2020, maar daarna het dit drasties afgeneem.”

 

Renate Barnard, ʼn netwerkkoördineerder by Solidariteit en voormalige luitenant-kolonel in die polisie, sê speurders word nie net met sake oorval nie, hulle word ook onder die bus gegooi en as lui uitgekryt sou hulle kla oor die tekort aan hulpbronne wat hulle ondervind om hulle werk te kan doen.

“Sommige speurders sit met 500 onafgehandelde dossiere, maar met geen hulpbronne nie,” verduidelik Barnard.

“Dit is skokkend om te dink dat sake onafgehandel bly, nie omdat mense nie hul werk doen nie, maar omdat dit onmoontlik is vir hulle om dit te doen.”

Gebrek aan toerusting

(Foto: Unsplash)

Volgens die verslag moet tot vier speurders een rekenaar wat 15 jaar oud is, deel; een wat boonop nie eers internettoegang bied nie.

Van die respondente het gesê hulle moet telefone deel en indien hulle hul eie selfone vir werk gebruik, word hulle nooit daarvoor vergoed nie. Dieselfde geld vir skryfbehoeftes en drukpapier.

“As speurders dit nie uit hul eie sakke koop nie, het hulle dit bloot nie tot hul beskikking nie,” sê Du Buisson.

Van die stasies het nie internet nie en die stelsels is gewoonlik van lyn af, wat meebring dat misdadigers wat in hegtenis geneem is, nie geprosesseer kan word nie of met ander sake verbind kan word nie. Saaknommers kan ook dikwels nie uitgereik word nie.

By sommige polisiestasies deel die hele stasie, dikwels met meer as 30 lede, een drukker.

’n Paar respondente het ook gekla oor die verouderde rekenaars en sagteware en in party gevalle word ongelisensieerde sagteware gebruik.

“Wanneer lede kommer daaroor uitspreek, word dit geïgnoreer.”

’n Ander respondent noem dat bewysstukke wat met ongelisensieerde sagteware verwerk is, nie in die hof toegelaat word nie.

Die speurders meld ook dat nie eens die noodsaaklikste forensiese toerusting soos handskoene, vingerafdrukpoeier en stokkies waarmee DNS-monsters geneem word, beskikbaar is nie, wat werk onmoontlik maak.

Gebrek aan voertuie

Argieffoto (Foto: SAPS)

Volgens die verslag is die gebrek aan voertuie en geskiktheid daarvan ʼn enorme probleem, met voertuie wat vir lank stukkend is of breek terwyl speurders daarmee ry.

“Sommige lede is bang om stukkende voertuie vir herstelwerk in te stuur uit vrees dat daardie voertuie aan diens onttrek sal word. Wanneer speurders se voertuie se bande gedaan raak, word daar van hulle verwag om self daarvoor te betaal. Hoewel hulle dit kan terugeis, noem sommige dat dit ’n mors van tyd is omdat daardie eise nooit hanteer word nie,” sê Du Buisson.

Een speurder gee die volgende opsomming van hul stasie se voertuie:

“Ons moet met voertuie ry waarvan die bande gedaan is. Party van hulle vat net as mens hulle aan die brand stoot. Van ons ses voertuie werk net een. Dit is ’n gemerkte voertuig, so as ons daarmee ry, stop die publiek jou die hele tyd vir hulp. Dan moet jou speurwerk terugstaan om plek te maak vir die werk van sigbare polisiëring en misdaadvoorkoming, want jy kan nie weier om mense te help nie.”

In die verafgeleë stasies kla veral veediefstaleenhede oor voertuie wat nie die swak paaie op die plase wat hulle besoek, kan hanteer nie.

Haglike werksomstandighede

Rou riool loop by die Pretoria-Sentraal se polisiestasie teen die gebou se mure af (Foto: Verskaf)

’n Oop vraag oor werksomstandighede is aan die 400 respondente gestel, van wie 204 almal negatief jeens hul werksomstandighede was.

Baie vroulike speurders het aangemeld dat hulle nie behoorlike badkamerfasiliteite het nie. Een noem selfs dat duiwe op hulle mis terwyl hulle die toilet gebruik en dat daar niks gedoen word om die plaag te beheer nie.

Van die respondente by ’n verlate opleidingsinstansie het gekla dat infrastruktuur nie voldoende is nie en die polisielede deur wilde diere soos slange, varke en poue geteister word. Ander stasies is nie omhein nie, wat die algemene veiligheid van polisielede in gevaar stel.

Volgens Du Buisson loop rou riool by Pretoria-Sentraal se polisiestasie teen die gebou se mure af. Daar is ook geen internet, e-poskommunikasie, telefone, skryfbehoeftes, drukkers, ink, voertuie, hulp, vingerafdrukpoeier, besems, moppe of toiletpapier nie.

Daar is ook nie lugreëling in die meeste speurkantore nie en as daar is, word dit nie na behore in stand gehou nie of is al jare lank stukkend.

“Soms val geboue ook letterlik uitmekaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Frank ·

Iemand kla oor donderende musiek 1am in ‘n woonbeurt. Polisie doen niks. DA Raadslid bespreek dit met Brigadier Manamela, Randfontein stasie bevelvoerder en hy antwoord min of meer dat hulle nie op die klagtes kan reageer nie uit vrees vir die polisielede se veiligheid, dit terwyl dit eintlik redelik lae risiko residensiele gebied is.

Lillian ·

Ag daai SB praat deur sy nek! Hulle wil dat die metro polisie sulke klagtes hanteer. Maar nêrens het ek nog gesien dat dit offisieel gemaak is nie. Dié lot is net te lui om hul werk te doen.

Annelie ·

Is nie mooi om dit te hoor nie maar instede dat hul op hul rug le en slaap kan hul die kantore skoon maak en skoon hou. Finansies is daar nie op die stadium om dit reg te maak nie maar hou dit skoon.

Christine ·

Ek kon nog nooit verstaan hoekom als onder ons ander nasie so vinnig agteruitgaan nie. Hulle kan niks onderhou of regmaak of skoonmaak nie.

Wendy ·

Nee hul kry mos huise verniet dan het hul normaalweg die stem????

Ludwig Christian ·

Ek is van mening dat die menseregte kommissie hul taak nie nakome en die gemeenskap (polisiemanne en die gemeenskap wat daar bedien word) liederlik vaal. Hulle behoort internationaal verkla te word …..

Johan ·

Skrap nie vuurwapen wet, en dadelik is daar n magdom bronne beskikbaar wat op die oomblik net papiere bymekaarmaak en absoluut niks waarde toevoeg nie. Die vuurwapen wet het gevaal in enige doel wat dit kon hê, dit is net n enorme las op almal met geen positiewe bydrae nie. Soek gerus EEN positiewe gevolg van die vuurwapen wet, en wat dit bydrae tot die vuurwapen register, bekamping van misdaad of vermindering van onwettige wapens.

Harley Davidson ·

En wie moet ons bedank de klerk,meyer,malan en voete was vlok.

Republikein in die Wes Kaap ·

En die Afrikaner leiers daarna was net so laks om nie harder te veg vir ‘n nuwe bedeling vir Afrikaners nie. Die lewe in die parlement is net te lekker.

Daniel ·

Gee hulle net meer geld en nie een sal kla nie kyk maar net hoe ons land lyk n VARKhok en hulle sien dit ook nie raak nie dis net geld wat hulle sien

skurweberg ·

Betaal julle belasting, sodat die wat die verantwoordelikheid het om instandhouding te doen dit kan doen.

Christine ·

Gat vol om belasting te betaal om net in die sakke van die korrupte te beland!!! Ek betaal dit eerder aan burgerorganisasies om die land te onderhou. Afrikane is te korrup om enigiets te onderhou.

Althes ·

Ek stem dat daar uitdagings is by baie polisiestasies. Die senior bestuur vat ook nie die skoonmakers aan nie, wat versuim om hul werk te doen. Dis die wat baie polisiestasies soos varkhokke lyk.
Verder vrees wit offisiere dat hul geviktimiseer sal word en van rassisme aangekla word, sou ñ lid nie presteer nie.

Feite ·

Weereens die rede hoekom daar nie geld vir die noodsaaklike Departemente in ons land is nie? en dit was uit Jacob Zuma se mond – die regering se budget vir GRANTS is NOOIT genoeg nie.
Die demand is elke jaar net groter en groter en dan word die geld van ander budgets af gesny om hierdie HONGER MONSTER te voed!

Roelof ·

Dis n skande hoe polisie stasies lyk. Geen geld vir diesel vir kragopwekkers. Met beurtkrag word n voertuig voor die stasie parkeer met sy ligte aan sodat publiek kan sie waar om te loop aanklag kantoor toe. Nuut geboude gebou staan jare toe en al leeg gevandaliseer. As jy n voorbeeld van n slump wil sien, gaan kyk hoe lyk Alberton polisie stasie. Buite en binne. Mense blameer die polisie min wetend die ANC regering, publieke werke is verantwoordelik vir die toestand waarin die mense werk. Ek wens fotos word gepubliseer van die plekke

Lillian ·

Dit gaan oral so. Kyk maar na Randburg Stasie, was jare gelede die “flagship” in Gauteng, nou wil mens huil as jy sien hoe dit lyk daar.

Nico ·

Kom kyk hoe staan die voertuie wat af geskryf is, die voetuie word aangewend vir privaat gebruik, hoeveel van die lede het wettige bestuurs lisensie, die voertuie word beskadig en so gelos waar is die stasie bevelvoerders, doen niks nie.

Kweperlat ·

Totale verval en onbevoegdheid aan beide kante van die spektrum. Enersyds steek baie polisielede nie hand uit die mou om self hul stasies en voertuie te versorg nie, andersyds word hulpbronne verkwis, geld verduister en is beplanning, organisering en leidinggewing hopeloos! ‘n Land in totale verval en mens weet nie waarheen nie-jy is vasgevang in chaos rondom!

Republikein in die Wes Kaap ·

Moet SAPS lede self die skoonmaakmiddels en verf koop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.