Grahamstad-kinderporno: Verdagte dalk uitgelewer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 53-jarige man wat by sy huis in Grahamstad in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is in verband met kinderpornografie gaan moontlik na Amerika uitgelewer word.

Die verdagte is Woensdag in hegtenis geneem deur lede van die Amerikaanse FBI en die Suid-Afrikaanse polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe. Hy het intussen in die Grahamstad-landdroshof verskyn en is op borgtog van R40 000 vrygelaat. Hy moet weer op 28 April in die hof verskyn op aanklag van die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Volgens die polisie is daar tydens ʼn klopjag op die verdagte se huis op 16 hardeskywe, ’n skootrekenaar, twee videokameras en twee kameras beslag gelê. Die moontlikheid bestaan intussen dat die verdagte aan Amerika uitgelewer gaan word aangesien die meeste van sy vermeende slagoffers van die VSA is.

Die beskuldigde se beweerde kriminele aktiwiteite het die aandag van die FBI getrek nadat sewe mense in hegtenis geneem is weens betrokkenheid by ʼn webwerf wat glo kinders lok om by pornografiese aktiwiteite betrokke te raak. Volgens die polisie het gebruikers van die webwerf vals profiele op sosiale media geskep en hulle as tieners voorgedoen in ’n poging om slagoffers te lok. Hulle het tieners dan glo oorreed om seksuele dade uit te voer terwyl hulle onwetend afgeneem word.

Die FBI het vasgestel dat die webwerf vanuit Suid-Afrika bedryf word. Volgens die polisie was nagenoeg 600 kinders, tussen agt en 13 jaar oud, slagoffers van die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

BullsEye ·

Kinders tussen agt en dertien jaar behoort nie toegaan tot internet en sosiale netwerke te he nie!!

pop ·

Presies ja, BullsEye!!!!!!Maar die internet en tv het mos die moderne kinderoppasers geword. Vasgenael sit hulle sodat ma en pa ander dinge kan doen.

jjobson ·

Elke TV movie/sepie bevat i deeltjie eksplisiete sekstonele, en KINDERS eksperimenteer wat hulle sien en word dan die lokaas van hierie sielsieke varke wat hulle uitbuit.

CHRISTA ·

Vandat pornografie wettig gemaak is in Suid-Afrika, het hierdie boosheid net toegeneem. Moenie dink mense wat pornografiese tydskrifte en videos koop hou dit na gebruik toegesluit nie. Onthou die 8 jariges wat die kleuter verkrag het – waar het hulle dit gesien? Jy kan dink dat pornografie waarin volwasse akteurs speel, later nie meer die “bevrediginde” uitwerking op die kyker gaan he nie.

Piet Pompies ·

Mense dit is 2015, toegang tot die internet kan enige smart phone jou bied. Leer eerder jou kinders wat reg en verkeerd is as wat mens dit van hulle af weg hou. Het my kinders geleer, maak nie saak wat, kom praat met ons as ouers eerste. Vir die oortreder, jou beurt kom, jy gaan nog swaarkry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.