Grahamstad kry nuwe naam

Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Vrydag aangekondig dat die nuwe naam van Grahamstad in die Oos-Kaap amptelik in die Staatskoerant gepubliseer is.

Grahamstad sal voortaan as Makhanda bekendstaan.

Volgens Mthethwa is dié dorp se naam verander om in lyn te wees met die voorskrifte en gees van die Grondwet. Ander name wat ook oorweeg is, is Rhini, Makana en Nxele, maar daar is uiteindelik op Makhanda besluit.

Makhanda was ʼn Xhosa-kryger, filosoof, profeet en militêre man wat teen kolonialisme geveg het, insluitend tydens die stryd teen die Britse garnisoen by Grahamstad in 1819. Hy het ook as Nxele bekendgestaan. Grahamstad is oorspronklik vernoem na die Britse weermagbeampte, kol. John Graham, wat die troepe gelei het wat gestuur is om ongeveer 20 000 Xhosa-stamlede uit die gebied te dryf.

“Naamveranderinge is ʼn internasionaal aanvaarde praktyk wat ten volle deur die Verenigde Nasies ondersteun word – lande het ʼn soewereine reg om name te standaardiseer en te besluit watter name vir spesifieke plekke gegee word en hoe dit gespel sal word. In hierdie geval is daar al vir byna 20 jaar lank versoek dat die naam van hierdie dorp moet verander, ʼn versoek wat hoofsaaklik spruit uit dit waarvan kol. Graham ʼn toonbeeld is en die bitter herinneringe wat sy naam oproep,” het Mthethwa gesê.

Hy het beklemtoon dat die Waarheid- en Versoeningskommissie aanbeveel het dat geografiese landmerke hernoem word as deel van ʼn “simboliese herstel” van die ongeregtigheid van die verlede. “Ons kan sekerlik nie sê dat ons ten volle toegewyd is aan hierdie herstel as ons name soos Grahamstad behou nie,” het Mthethwa gesê.

Hy het verduidelik dat die behoorlike proses gevolg is om die naamverandering te bewerkstellig, ʼn proses wat begin is deur gesprekke met lede van die publiek, akademici, politici en geskiedkundiges.

Mthethwa het alle Suid-Afrikaners aangemoedig om begrip te hê vir die betekenis van die naamsverandering in die konteks van die nasionale poging om die land te transformeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

tamboti ·

GA, maar 10 uit 10 vir die mooi beskrywende woorde:
Kryger / nagtelike moordenaar
Filosoof / …kprater
profeet / toordokter
militere man / arrogante bakleig……..

Naampie ·

‘Makhanda’ klink soos ‘maak hande’ (bak). Mooi naampie en sal ook kos op die tafel sit.

Andre ·

Geagte Minister, dit is nou werklik ‘n besondere prestasie. Wonder maar net wat doen die res van jou departement. En, dan is dit nogal nuuswaardig ook.????

Nel ·

‘Simboliese herstel’ en nogals ‘nie volkome toegewyd kan wees’ indien die naamsverandering nie gebeur nie?
Nou toe Nathi laat ons sien hoe Makhanda die proses van versoening en herstel in die land kan aan help. Wag in spanning en ‘good luck’.

Harry ·

Makhanda nie maar net logiese dinge gedoen word in hierdie land nie ?

Wilma ·

Oeeeee nog miljoene in n bodemlose put. Dis net govt officials wat iets sien in naamsverandering. Arm mense soek huise en werk. Patetiese govt

Jacques ·

Wilma waarvan praar jy nou oor die miljoene ? Die regering is mos geld se baas , hulle het so baie geld hulle weet nie wat om met alles te doen nie . Hulle spandeer tot geld onodig op naamsverandering . AL die mense in SA bly mos in mooi groot huise met krag en water en het kaste en store vol kos . Hoekom sal daar dan nou n probleem wees om n paar miljoen vir n dorpsnaam te betaal . HEHEHEHE

Jacques ·

Gaan Makhanda ook vir hoeveel mense huise verskaf . Dankie tog vir dit , dan hoef ons nie meer bekommerd te wees oor grondonteiening nie , want julle het dan geld om name te verander. Die res van die wereld is nie dieselfde posisie as SA nie . Kyk eers na jou eie land voor jy jou oor die res van die wereld kwel . Word groot en hou op om alles te blameer op apartheid en rassisme dit is al 25 jaar later.

Natan ·

Sulke name skep nie vertroue by my nie. Laat my te veel dink aan wantransformasie, agteruitgang, korrupsie, swak standaarde, ens. Dieselfde met plekke soos Naboomspruit, Potgietersrus, Belfast, Waterval Boven, Machadodorp, Lydenburg, Witbank, ens. Die inheemse naam stoot my af en ek sal daar nie belê/oornag/stop nie en eerder verder ry. Eintlik boikot ek sulke getransformeerde plekname dus gaan hulle dit ekonomies voel. Wonder wat het die Xhosas tot stand gebring? Hulle teer op die vet van Suid Afrika.

Nettie ·

Die Xhosas was ook nooit teenwoordig in die Suid-Oos Kaap voor ± die laat 1700’s nie. Hulle het tóé in die “Zuurveld” wat tradisioneel Boesmansland was, inbeweeg en die Boesmans daar verjaag.

M.a.w. die Xhosas is OOK setlaars en grond-rowers.

marous ·

Wat ‘n fantastiese prestasie . Ek glo almal se magies is nou vol en het skoon water , werk en goeie woonplekke as gevolg hiervan !

Gatvol ·

Ek wil graag weet wat kos dit. Van die begin af, tot naamborde en alles dan verander is? Hoeveel van die grond soekers kon dalk ‘n huis gekry het? Hierdie regering weet nie wat die woord prioriteite, beteken nie. Ander dorp en straat name ans is ‘n briljante manier om armoede, werkloosheid ensomeer te beveg. Wat ‘n grap???

Lollie ·

Darem baie lekker om so baie geld te spandeer om iets onsinnigs net omdat jy nie daarvoor gewerk het nie. Die swart mense moet net wakker skrik. Alle blaam word op blankes geskuif maar hoeveel voordeel kon hulle kry uit daardie geld uit? Hulle sal almal arm bly al is hier geen blankes nie want die regering mors met die geld!

Marisa ·

Ons land raak nie net vir onsself vreemd nie, maar ook vir die buiteland.

Gertryda ·

Ek voel geen duit dat name verander nie
Die dorpe het so verval en is so vuil . Munisipaliteite gee n om hoe dorpe lyk

DeV ·

Ek voel dieselfde Gertryda, net so ook oor die Springbokke.

Ek wens hulle wil so gou as moontlik al die name verander sodat ons net die goeie herinninge het oor ons dorpe! Dit is nie meer dieselfde dorp as wat dit was nie, maak nie saak waar nie!

Noem die nuwe vullishope na wie julle wil.
Kan nie glo dit is hoe julle, julle eie mense wil vereer nie. Deur ‘n vervalle en stukkende dorp na julle “helde” te vernoem. Eintlik vreeslik snaaks!

Die Springbokke is lank al nie meer die Springbokke nie. Hulle moet die naam sou gou as moontlik verander, hulle sleep dit deur die modder!

LVH ·

Sinds wanneer bepaal die Minister van Kuns naamsveranderinge?

Boerseun ·

eniste ding wat hulle kan goed doen. Die siele op die rade het nie n clue oor dorpstigting, noodsaaklike dienste ens

Hanna Hoekom ·

Mense leef in uiterste armoede, trek weg uit die Oos Kaap uit vir n beter toekoms… Maar daar is geld vir dorpe se name verander! Hoe belaglik.

jakes ·

Nathi, wat is die gees van die grondwet waarna jy verwys? Vat, vat en nog vat. Daar was n baie goeie artikel in die London Times oor SA. Waar gaan l hierdie tirades eindig? Het die hopelose regering nie al genoeg getransformeer nie?

DeV ·

Hulle gaan Suid-Afrika aanhou “transformeer” tot daar niks oor is nie…

EQV ·

Laat my maar dink,,sou ek verby die naambord ry..se my innerself dit is weer n township of nedersetting en sal beslis nie daar stop om petrol in te gooi of goed te koop nie.voel nie veilig nie,ry eerder aan tot by n plek waarvan ek die naam van ken in afr/eng is..so verloor al die dorpies en stede besigheid en verval net verder en verder..goed gedoen daar nathi!

Leeutjie ·

EQV jy sal in die jare wat kom nerens meer kan stop met al die naamsveranderings wat gaan kom nie. Net n kwessie van tyd!

Gestremde ·

Die doel met die naamsverandering is om die blanke se gemoedere op te jaag en hulle vervreemd te laat voel van hul eie land. Wil graag weet watse rol die Makhanda gespeel het met die stigting van die dorp en wat het hy gedoen om die dorp te ontwikkel. Dus nou weer een van daai paarties gewees. Het niks om te doen nie, hou vergaderings, gaan besigtig die plek en verander die naam. Intussen was dit lekker etes die een na die ander vergadering en sommer ook ‘n vakansie om die plek te gaan besoek en nou nog met die bekendstelling van die nuwe naam ook. Sal seker een van die dae ‘n groep afgevaardiges soentoe gaan om hul “sukses” te vuur. Die inwoners van Grahamstad moet nie verbaas wees as hulle munisipale rekening sonde nou ewe skielik opgaan met die naasverandering nie. Dit nuwe naamborde, briefhoofde en nog ‘n string vernaderings wat iemand sal voor moet betaal.

wonder maar net ·

Kyk hulle moet maar name verander soos hulle wil.. dit kos net geld en beteken werklik niks .. hoekom wil hulle die verlede uitwis? is dit nie net n poging om volksuitwissing te bewerkstellig nie? My vraag is net hoekom bou hulle nie net nog stede nie en gee die n toegeweide naam ? n mens probeer mos voorentoe kyk en beweeg .

Johan ·

So beide Makhanda en Kol Graham was maar eintlik vegters wat teenmekaar baklei het.

Na my beste wete het die dorp ontstaan as ‘n militere vesting teen die Xhosas, wat eintlik in die gebeid OOS van Grahamstad gevestig was. So die ONTSTAAN van die dorp was weens Britse invloed en wel deur Kol Graham. Nie die Xhosas of Makhanda het ‘n daadwerklike of sinvolle rol gespeel in die stigting of vestiging van Grahamstad nie. Nou wil die ANC regering weer die Britse invloed eenvoudig probeer uitwis deur die naam te verander. Baie boere was ook uiters ontevrede oor die Britte in die Oos-Kaap en dit was een van die groot redes vir die Groot Trek – om weg te kom van die Britse invloed. Nooit daarna het die Afrikaner egter na 1910, 1948 of 1961 gedink om die dorp se naam te verander nie.

Maar dit is seker maar al wat die ANC kan doen wat ten minste iets “wys”. Gaan die Grahamstad Kunstefees nou die Makhanda Kunstefees wees?

Skeppingloos ·

Siestog, die ANC mense kan niks self skep nie, kan net dit wat ons opgebou het oorvat en hernoem.

Vat ·

Dis soos om iemand anders se toetsantwoordstel te vat en jou naam bo-aan te skryf.

Herinneringe ·

Bitter herinneringe? Shame, sommige mense WIL net NIE aanbeweeg nie. Almal het “bitter” herinneringe, maar ons kan nie vorentoe gaan as ons die heeltyd alles wat die verlede verteenwoordig, vernietig nie.

Vorentoe ·

Naamsveranderinge is internasionaal aanvaarbaar, maar is dit internasionaal aanvaarbaar om minderhede in ‘n land te onderdruk net omdat jy die verlede nie wil laat gaan nie? Verander die naam, verander al die name vir wat ek omgee. Ek is seker dit gaan niks aan die heil van hierdie land verander nie. Wat is volgende? Geskiedenis is nie iets wat jy ooit sal kan uitwis nie. Wat gebeur het, het gebeur. Dis HOE jy vorentoe gaan wat saakmaak.

Groep ·

Hoe herstel jy die onregmatighede van die verlede? Na my mening moet SA sy name eerder neutral hou, anders trap jy weer op ander se tone. Of is dit net ‘n sekere groep in hierdie land wat saakmaak?

Transformeer ·

Die land transformeer? Wat beteken dit? Gaan mense wat nie in hierdie prentjie inpas, bloot net geïgnoreer word? En dan is hierdie einste mense nog belastingbetalers wat hierdie tipe naamsveranderinge moet befonds. Of kry die regering die fondse by ‘n barmhartige samaritaan?

Chris Noordkus ·

Dis vir my interessant om waar te neem hoe daar gereageer word op naam veranderinge, vergete is die feit dat die vorige bedeling ook aan hierdie speletjie deel geneem het. Robert Heights is summier na Voortrekkerhoogte verander [Nou Thaba Tswane],toe die Boere Natal ten tye van die Anglo Boere Oorlog binne geval het, is Newcastle se naam verander na Viljoensdorp, maar as die huidige bedeling ‘n naam verander dan is dit nag. Soos ons aan die kant van die land praat ”What goes round comes round ” Maak vrede met die tendens, die skoen is nou aan die ander voet.

Edi ·

Ekt dan seker ander komentaar as jy gelees want ek sien vestrasie met die verandering in die naam eerder as opbou van armes in die gebied. Die res is mense wat voel hulle moes lankal alle name verander het sodat mens nie meer aan die gemors hoef te dink wat hierdie dorpe in verander het as jy die ou naam hoor nie.

Afbreek ·

Ek is seker die ANC waardeer jou stem vir hulle by die vlg. verkiesing. ‘n Mens moet miskien ook leer uit die foute van die verlede. Gebruik eerder neutrale name wat almal akkommodeer. Is ons nie veronderstel om die nasie nou te bou nie, of is dit reg om dit verder af te breek?

Bernard Hellberg ·

Was onlangs daar – en dit lyk nou soos die nuwe naam?

rafel ·

asof naamsveranderinge die geskiedenis gaan uitwis of verander. LoL

Hendrik van George ·

Gee nie regtig meer om vir naamsverandering nie. Wat heerlik is as plaaslike inwoners plekke begin afbrand in Modemole en Makhanda, het ek nie ‘n idee waar dit is nie – en gee ook nie werklik om nie.
Pateties om te sien watter verskoning gebruik word vir die besluite…

Koos ·

Wag jou beurt af. Juliass het gesê George is volgende. Julle Kapenaars moet julle maar vetsmeer solank…

PJC ·

As jy deesdae rondry in ons land weet jy partykeer glad nie meer waar de hel jy nou is nie. Al wat help is wanneer besighede hulle ou name behou waarin die betrokke naam nog voorkom. GPS toestelle en padkaarte kan nie meer byhou nie.

jd ·

Gees v d grondwet????
Daai gees het lankak sy blaker gesien. Ek wens die geeste van al die stigters van ONS drope wat se name die spul sommer net verander wil wettig uit die grond op staan en die “hel” uit hulle jaag!
Hulle almal is so geletterd en geleerd… Hulle begin hulle nie a dorp van hul eie, noem dit wat hul wil, verwoes dit soos hul wil, brand n plunder soos hul wil en los ons dorpe wat vir ons waarde en geskiedkundig is uit nie. Hkm is hul daarop uit ons als van ons te verduiwels met hul betekenlose name??
Een ding is verseker – DIE HERE SLAAP NIE en Sy roede gaan nog hard werk.
Glo my!!!

m.d.r. ·

Interessante “bewyse” wat die minister gebruik as motivering—nou wonder ek net waar kry hy hierdie inligting..? Want die periode waarin hy beweer dat die Makhanda geleef het was daar geen Xhosa wat kon lees en skryf nie.
Dus is sy inligting deur blanke getuies van hulle tyd verskaf……
Kan ook maar nie Kolonialisme ontsnap nie….!

Terwyl die minister nou so “Feitelik” voorgaan, kan hy miskien ook vir ons “feitelike bewyse” van ‘n seker Tshwane verskaf…?

Ons het nou al baie stories oor die kerel se bestaan gehoor….!

Phil ·

Hulle wil Pretoria na Tshwane verander want hille glo die Tshwanepoels was eerste daar……

Ben ·

Skaf die kunsfeeste dan ook maar af want dit word nie meer in Grahamstad gehou nie!

Jan Maritz ·

Binne 24 jaar is die land in die grond in bestuur en die afgrond wink !

Abri ·

As ek dit nie mis het nie is daar nie n dorp soos Grahamstad nie slegs Grahamstown?

Stienie Viljoen ·

Kan nie dink dat hierdie geldmors steeds plaasvind nie. In plaas van plekname verander, gee nuwe plekke, geboue, strate en dies meer name van hierdie mense. Ons is al onbekend met ons eie land omdat so baie dinge verander het en dit nie altyd ten goede nie.

Gert ·

En daar was St Petersburg, die naam was te veel ‘Duits’ en is herdoop in 1914 na Petrograd, in 1924 is dit herdoop na Leningrad na die dood van die kommunisties leier Vladimir Lenin, in 1991 is die naam St Petersburg herstel.
77 jaar, ek glo nie die naam Makhanda gaan 77 jaar staan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.